Onderwys en Opleiding vir Volwassenes
Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes
Gedetailleerde inligting oor die kwalifikasies en kurrikulum wat deur BOOV gedek word, kan op die WKOD se BOOV- assesseringswebwerf verkry word.
Tel: 021 467 2611/13
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Leerders kan ook die keuse uitoefen om kursusse oor die volgende onderwerpe te neem:
taal, geletterdheid en kommunikasie wiskundige geletterdheid, wiskunde en wiskundige wetenskappe natuurwetenskap die kunste en kultuur lewensorintering tegnologie mens- en sosiale wetenskappe ekonomiese en bestuurswetenskappe.
Vir verdere inligting oor die provinsiale regering se inisiatiewe met betrekking tot BOOV kan jy die volgende persoon skakel:
Daar word toesig oor BOOV-programme gehou deur die Nasionale BOOV-raad.
Institusionele Bestuurs- en Beheerbeplanning (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (BOOV) is tot die beskikking van volwassenes wat hul basiese opvoeding wil voltooi. Die doel met BOOV, as 'n uitkomsgebaseerde program, is om basiese leertoerusting, kennis en vaardighede aan volwassenes te voorsien, en dit bied aan deelnemers kwalifikasies wat nasionaal erken word.
Die vier opleidingsvlakke wat deur BOOV gedek word, staan gelyk aan grade R tot 9.
Faks: 021 467 2996
In Suid-Afrika is daar na raming 3,3 miljoen ongeletterde volwassenes. Om ongeletterdheid uit te wis, is een van die nege prioriteite van die Nasionale Onderwysstrategie, Tirisano.
Daar bestaan 'n BOOV-sentrum by elkeen van die sewe Onderwysbestuurs-en-onwikkelingsentrums (OBOS'e) in die provinsie. kan jy die OBOS-beplanner in jou gebied skakel.
Sentrums vir Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (BOOV), en Gemeenskapsleersentrums
