ander vennote wat by die projek betrokke is.
Tel.: 021 808 5199
Om meer inligting te bekom, en ook vir die formaat van die voorstel, moet u asseblief die persone hieronder skakel.
Slegs groepe uit voorheen benadeelde gemeenskappe kan aansoek doen, maar diensverskaffers kan met die voorbereiding van projekvoorstelle behulpsaam wees.
Befondsing en Ondersteuning
Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit
Die Program vir Voedselsekuriteit (PVS) is daarop gerig om slegs groepe uit die histories benadeelde gemeenskappe wat met 'n tuin wil begin, te ondersteun. Die program sal die projek deur middel van 'n afskopfonds finansier om 'n gemeenskapstuin en/of -projek van stapel te stuur.
n Projekvoorstel in 'n vasgestelde formaat moet gedurende die voorafgaande boekjaar ingedien word.
Tel: 021 808 5100
Daar is spesifieke kriteria wat geld wanneer daar om hierdie toekenning aansoek gedoen word:
Skakel vir die:
Aansoek om 'n Toekenning van die Program vir Voedselsekuriteit (PVS)
Projekte sal twee maal per jaar beoordeel word, in April en Augustus.
En hierdie fasiliteite:
Tel.: 021 808 5103
Vir die volgende drie jaar sal die Departement van Landbou elke jaar geldelike hulp aan 20 groepe bied ten einde die Veldtog vir Voedselsekuriteit te steun. Hierdie program wil veral vroue- en jeuggroepe steun. 'n Bedrag van tot R50 000 is vir elke projek beskikbaar, en die projek moet aan die kriteria en vereistes voldoen wat hieronder uiteengesit word.
Let asseblief daarop dat befondsing wat gedurende een boekjaar aangevra word, eers gedurende die daaropvolgende jaar beskikbaar gemaak sal word.
Kantoor van die Wes-Kaapse Departement van Landbou
Persone (selfs al is hulle afgetredenes) wat meer as die regering se minimumloon verdien, persone wat vir die regering werk, en raadslede kwalifiseer nie vir steun nie.
Hierdie is 'n toekenning, nie 'n lening nie, en die fondse wat suksesvolle aansoeke toegeval het, hoef nie terugbetaal te word nie.
Die voorstel moet die volgende inligting insluit:
Landbou-infrastruktuur, landboukundige insette en ander benodigdhede om 'n tuin te vestig, sal befonds word.
die wetlike entiteit van die groep n aanduiding of die grond gehuur word, in welke geval 'n kontrak van nie minder nie as 5 jaar vereis word befondsing wat voorheen van enige staatsdepartement ontvang is die betrokkenheid van lede, hul verantwoordelikhede en hoedanigheid die lewensvatbaarheid van die projek opleiding wat lede ondergaan het die prestasierekord en verrigting met betrekking tot vorige projekte en befondsing die omvang van die bedrag wat vir die projek benodig word (totaal)
