Eiendomsontwikkeling en Bestuur
Tel: 021 483 4796
Hoe word oor aansoeke besluit?
Die Departement verwerk landbou-verwante aansoeke vir die nasionale en provinsiale Departement van Landbou, die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou, en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad. Die Departement hanteer ook myn-verwante aansoeke vir die nasionale Department van Minerale en Energie, die nasionale en provinsiale Departmente van Landbou, die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou, en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad.
Nadat 'n besluit deur 'n munisipaliteit geneem is, kan 'n appl daarteen by die Departement vir voorlegging aan die Minister aangeteken word.
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Direkteur: Omgewingsbestuur
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Munisipaliteite hanteer ontwikkeling aansoeke, soos aansoeke om afwykings van bou-parameters, aansoeke om herindeling of om die onderverdeling van grond. Munisipaliteite besluit hoe om die aansoeke, volgens wetgewing, beleid en riglyne wat deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning verskaf word, te hanteer. In 'n paar gevalle, soos met meer ingewikkelinde herindeling- of hersonering-aansoeke, sal munisipaliteite die aansoeke na die Departement verwys vir voorlegging aan die Minister vir 'n finale besluit.
Wie hanteer grondontwikkeling aansoeke?
Aansoeke word volgens die Wet op Omgewingsbewaring van 1989 beoordeel om seker te maak dat aan 'n volledige omgewingsbeleid en beplanningsoorwegings voldoen word. Die Departement maak seker dat die aansoeke met verwante aansoeke inskakel, naamlik mynbouverslae, grondontwikkeling aansoeke enruimtelike en strategiese planne.
Faks: 021 483 3633
Voordat daar volgens die grondgebruik beplanningwetgewing oor 'n ontwikkeling aansoek besluit kan word, moet die aansoek aan verskeie openbare deelnemingsprosesse onderwerp word en in sommige gevalle moet die goedkeuring van verskeie staatsinstellings verkry word. As 'n aansoek binne 'n sekere kategorie van grondwysiging val, word dit ook na die Departement verwys.
Navrae oor 'n aansoek wat ingedien is, moet gerig word aan die liggaam by wie aansoek gedoen is.
n Besluit in gevolge grondgebruik wetgewing mag eers geneem word nadat die aansoek beoordeel is.
Nadat 'n ontwikkeling aansoek in ooreenstemming met omgewingswetgewing beoordeel is, word goedkeuring in die vorm van 'n permit of 'n besluit, soos van toepassing is, uitgereik.
