Die Department oorweeg aansoeke vir permitte om met voertuie op die strand te ry vir die doeleindes van wetenskaplike navorsing, ontspanning, die bedryf van toerisme en toegang tot private eiendom waar daar geen ander toegangspad is nie. Die Department oorweeg ook aansoeke vir lisensies om geriewe vir die tewaterlating van bote te bedryf.
Op grond van hierdie assessering sal 'n besluit deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning geneem word of die aktiwiteit waarvoor aansoek gedoen word, gemagtig word of nie.
Faks: 021 483 4372
Akkommodasie en Kampeer-, Voetslaan- en Konferensiegeriewe in Wes-Kaapse Natuurreservate (Diens)
Omgewingslisensies en -Permitte
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Uitreiking van Natuurbewaringspermitte (Diens)
Permitte om met Voertuie op die Strand te Ry en Lisensies om Geriewe vir die Tewaterlating van Bote te Bedryf
Die aansoeke word ooreenkomstig die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur van 1998 gevalueer, met spesifieke verwysing na Artikel 24 van die Wet, ten opsigte van die ondersoek, assessering en kommunikasie van die potensile impak van die aktiwiteit waarvoor aansoek gedoen word. Die Department sien toe dat hierdie aansoeke met ander verwante aansoeke gekordineer word, byvoorbeeld 'n huurooreenkoms ooreenkomstig die Strandwet van 1935, of 'n OIA-aansoek waar aansoek gedoen word vir konstruksie onderkant die hoogwatermerk.
Die skriftelike besluit word 'n Verslag van Besluit (VVB) genoem. Dit is 'n regsdokument waarin die voorvereistes vir die beskerming van die mens se gesondheid en di van die omgewing uiteengesit word. Indien die aktiwiteit gemagtig word, word 'n permit of 'n lisensie by die Verslag van Besluit aangeheg - na gelang van watter een toepaslik is.
Tel: 021 483 2994
Nadere besonderhede:
