Die Wes-Kaapse Taalkomitee is daarvoor verantwoordelik om:
Raad aan die Minister te gee oor taalsake.
Die gelyke status te verseker van die drie amptelike tale van die provinsie.
Die Departement van Kultuursake en Sport se Taaleenheid bestuur die sake van die Wes-Kaapse Taalkomitee en is verantwoordelik vir die uitvoer van projekte.
Die Komitee is 'n statutre liggaam wat gestig is kragtens artikel 6 van die Wes-Kaapse Provinsiale Taalwet van 1998. Die Taalkomitee dien ook as die provinsiale subkomitee van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad en moet die Raad adviseer oor taalsake wat die provinsie raak.
Departement van Kultuursake en Sport
Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad te adviseer oor taalsake wat die Wes-Kaap raak.
Die ontwikkeling van inheemse tale te bevorder wat voorheen eenkant geskuif is, waaronder Gebaretaal.
Die samestelling van die Komitee maak voorsiening vir verteenwoordiging van al drie die amptelike tale van die Wes-Kaap - Afrikaans, Xhosa en Engels, sowel as Gebaretaal en Erfenistale. Lede van die Taalkomitee se termyn is drie jaar en hulle word aangestel deur die LUR vir Kultuursake, Sport en Ontspanning, nadat hulle genomineer is deur die publiek en op 'n kortlys geplaas is deur die Provinsiale Staande Komitee vir Kuns en Kultuur.
Departement van Kultuursake en Sport (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Veeltaligheid te bevorder.
Die gebruik van die amptelike tale deur die provinsiale regering van die Wes-Kaap dop te hou.
