Hoe om van die Padongelukfonds te eis
Net ongelukke wat deur iemand anders se nalatigheid veroorsaak is, kan aanleiding gee tot eise teen die Fonds. U moet dus bewys dat iemand anders nalatig was. U doen dit deur te bewys dat die bestuurder nie sy/haar voertuig bestuur het op 'n wyse waarop 'n redelike bestuurder in die omstandighede sou bestuur nie.
Eise teen die fonds is 'n ingewikkelde proses en die Fonds het baie eise om te hanteer, met die gevolg dat dit lank kan duur voordat u geld uitbetaal word. Die Fonds het 120 dae om die aangeleentheid te ondersoek nadat die eis ingedien is, voordat die finale verrigtinge kan voortgaan.
Wat is nalatigheid?
Die naam van die polisiestasie waar die ongeluk aangemeld is, die polisie se saaknommer en die polisieverslag.
U kan self van die Fonds eis of u kan 'n prokureur kry om namens u te eis, maar u sal vir sy/haar dienste moet betaal. Daar is inligtingskantore by alle kantore van die Fonds wat u kosteloos kan help.
n Klagstaat van die polisie.
As iemand in 'n motorongeluk beseer of gedood is as gevolg van die nalatigheid van 'n bestuurder wat in die ongeluk betrokke was, kan so iemand of sy/haar naasbestaandes vergoeding van die Padongelukfonds eis. Dit beteken selfs al het die bestuurder van die motor nie versekering nie, kan u geld kry om u te help om vir u mediese uitgawes te betaal en om te vergoed vir die tyd dat u nie kan werk nie.
As u of u broodwinner 'n betalende passasier was of as u as gevolg van werk in die motor was, kan u net R25 000 eis, maar u kan die nalatige bestuurder dagvaar vir enige groter bedrag. U kan egter nie u werkgewer dagvaar nie.
As u nie in die voertuig was wat die ongeluk veroorsaak het nie, is daar geen perk op die skadevergoeding wat u uit die Padongelukfonds kan eis nie.
n Brief van u werkgewer om te s hoeveel geld u deur onbetaalde lone verloor het.
Tel: 021 408 3300
U kan eis as u as 'n bestuurder, passasier of voetganger in die ongeluk betrokke was.
As u of u broodwinner 'n passasier was in die motor wat die ongeluk veroorsaak het, kan u nie vir meer as altesaam R25 000 eis nie. U kan slegs geld terugeis wat u bestee het of gaan bestee as gevolg van die ongeluk, byvoorbeeld hospitaal- en doktersrekeninge wat u betaal het.
n Skets van die ongelukstoneel.
As u die bestuurder in die ongeluk was, maar nie die eienaar van die motor is nie en die ongeluk veroorsaak is deur die eienaar van die motor se nalatigheid (byvoorbeeld as hy/sy nie die remme reggemaak het nie) en u beseer is, kan u van die Fonds eis.
Indien iemand in die ongeluk gedood is, 'n rekord van die geregtelike doodsondersoek.
n Eis kan ingestel word slegs as die ongeluk deur iemand anders se nalatige bestuur veroorsaak is. U kan nie eis as u die ongeluk veroorsaak het nie. U kan ook nie eis as u die enigste persoon en voertuig is wat in die ongeluk betrokke was nie, byvoorbeeld as u in 'n paal vasgery het.
n Skriftelike toestemming vir die hospitaal wat aan die Fonds toestemming verleen om insae in u hospitaalrekords te kry.
n Bedigde verklaring van die persoon wat die eis instel en van enige getuies.
mediese uitgawes begrafniskoste vergoeding vir pyn, lyding en verminking verlore inkomste verlies van onderhoud - as die broodwinner in die gesin sterf in 'n ongeluk wat deur iemand anders veroorsaak is, kan die afhanklikes van die broodwinner eis vir verlies van onderhoud.
Verkeer, Ongelukke en Padveiligheid
Hoe lank neem dit om 'n eis te verwerk?
Wat is die Padongelukfonds?
Waar dien 'n mens 'n eis in?
n Mediese verslag.
n Brief van die dokter om te s hoeveel u in die toekoms vir mediese koste sal betaal as gevolg van die ongeluk.
Hoeveel geld kan u eis?
U kan u eis indien by of meer inligting verkry van die Padongelukfonds se kantore in Kaapstad.
As u gedeeltelik verantwoordelik was vir die ongeluk, kan u steeds eis, maar u sal net 'n deel van die skadevergoeding ontvang. Byvoorbeeld, as u 50% verantwoordelik was, sal u net 50% van die skadevergoeding kry. As u 25% verantwoordelik was, sal u 75% van die skadevergoeding kry.
U kan eis as u in die ongeluk beseer is.
Wie kan van die Fonds eis?
Hoe eis 'n mens van die Fonds?
Alle rekeninge, kwitansies en bewysstukke om mediese en hospitaalkoste te bewys.
Die Padongelukfonds is 'n openbare entiteit wat ingestel is om vergoeding te betaal aan mense wat in padongelukke beseer word of vir die afhanklikes van mense wat in padongelukke gedood is as gevolg van die nalatige bestuur van 'n motorvoertuig in Suid-Afrika. Die Fonds kry sy/haar geld uit 'n brandstofheffing wat by die prys van petrol en diesel ingesluit is.
Faks: 021 419 7417/8740
Waarvoor kan u geld kry?
U kan nie eis vir skade aan u voertuig of eiendom nie. Om geld hiervoor te kry, moet u die bestuurder van die voertuig wat die ongeluk veroorsaak het, dagvaar. As hy/sy versekering het, sal sy/haar versekering jou betaal; indien nie, sal hy/sy self jou moet betaal.
U dien die eis in deur die Eisvorm (Vorm 1) in te vul. Elke toepaslike paragraaf moet ingevul word. Die dokter wat u onmiddellik na die ongeluk behandel het, moet die medieseverslagafdeling van die vorm invul. U moet ook die vorm onderteken.
U kan die status van u eis aanlyn nagaan.
Departement van Vervoer (Die Regering van Suid-Afrika)
As iemand in die ongeluk beseer of gedood is, kan u eis vir:
Om die eis in te dien, moet u oor die volgende beskik:
U moet die eis instel binne drie jaar na die datum van die ongeluk, as u weet wie die ongeluk veroorsaak het. As u nie weet wie die bestuurder of eienaar is van die motor wat die ongeluk veroorsaak het nie, moet u binne twee jaar eis.
U afhanklikes kan eis as u in die ongeluk gedood is.
