tydelike ongeskiktheid permanente ongeskiktheid dood mediese uitgawes bykomende vergoeding.
As die werker nie met die besluit saamstem nie, kan hy/sy binne 90 dae teen die besluit appFl aanteken deur vorm W929 by die Kommissaris in te dien.
Stel jou toesighouer of werkgewer so gou as moontlik in kennis (mondelings of skriftelik). Neem kennis van enigiemand wat die ongeluk gesien het.
Wie betaal by die Fonds in?
Die vorm wat ingevul moet word, is WCL 2: Kennisgewing van Ongeluk en Eis vir Vergoeding.
n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is (daar is 'n aparte fonds);
Aan die persoon wat die begrafniskoste betaal, word uitgawes van tot R6 970 betaal.
Werkgewers betaal een maal per maand in die Fonds in. Werkers betaal niks aan die Fonds nie. Werkgewers mag geen geld van werkers se lone as bydraes tot die Fonds aftrek nie.
Beroepsiekte is siektes wat veroorsaak word deur stowwe of toestande waaraan die werker in die werkplek blootgestel is. Jy kan vergoeding eis as jy aan di werksomstandighede blootgestel is en dan die verwante siekte opdoen.
Let wel: Dit kan lank duur om die betaling van eise te verwerk.
Wat is permanente ongeskiktheid?
Die Vergoedingskommissaris is aangestel om die Fonds te administreer, en oorweeg werkers se eise. Die werker kry geld uit die Fonds, en nie van die werkgewer nie.
As die werker langer as 3 maande nie kan werk nie, neem die Vergoedingskommissaris die maandelikse betalings oor.
As die ongeskiktheid minder as 30% is, word 'n enkelbedrag aan jou betaal.
Jy kan eis as jy:
Die werkgewer moet 'n werkplekbesering binne 7 dae aanmeld, of binne 14 dae nadat hy vasgestel het dat die werker 'n beroepsiekte het.
Wanneer die eerste doktersverslag met die ongelukverslag ingedien is, sal die Vergoedingskommissaris die eis oorweeg en 'n besluit neem. 'n Eisnommer word ook toegeken. Hierdie nommer moet vir al die administrasie rakende die eis gebruik word.
As die broodwinner van 'n gesin weens 'n beroepsbesering of -siekte sterf, kan jy van die Fonds eis.
Daar is bepaalde kategorie werkers wat nie van die Fonds kan eis nie. Jy kan byvoorbeeld nie eis nie as jy:
n Permanente ongeskiktheid is 'n besering of siekte waarvan die werker nooit sal herstel nie, bv. verlies van 'n oog. Die erns van die ongeskiktheid bepaal of die werker nooit weer sal kan werk nie, en of die werker die werk moeiliker sal vind.
jy 3 dae of minder van die werk afwesig was;
Tydelike ongeskiktheid is wanneer jy weens 'n besering of siekte nie kan werk nie, of nie al jou werk kan doen nie, maar sal herstel.
Die werkgewer moet nagaan dat al die besonderhede op die vorm korrek is.
Wie betaal die eis?
Daar is vyf soorte vergoeding:
As die werkgewer versekering teen werkplekbeserings het, sal die versekeringsmaatskappy die vergoeding betaal. In sulke gevalle moet eise steeds by die Vergoedingskommissaris ingedien word, en hy besluit daaroor.
n huishulp in 'n koshuis is;
Jou dokter sal 'n mediese verslag oor die ongeskiktheid skryf. Die Kommissaris en verskeie ander dokters sal dan besluit hoe ernstig die ongeskiktheid is.
Vir hoe lank word die vergoeding betaal?
Die enkelbedragbetaling is eenmalig. Die maandelikse bedrag word vir die res van die werker se lewe betaal.
besonderhede van jou inkomste en eiendom.
Alle vorms wat by die Kommissaris ingedien moet word, kan gestuur word na:
Binne 14 dae nadat hy/sy die werker gespreek het, moet die dokter vorm WCL4 invul en verklaar hoe ernstig die besering was, en hoe lank die werker waarskynlik nie sal kan werk nie. Dit gaan na die werkgewer, wat dit na die Kommissaris stuur.
Laastens moet die dokter 'n finale doktersverslag (WCL5) indien, wat verklaar dat die werker weer kan werk, of dat die werker permanent ongeskik is. Die dokter moet hierdie vorm na die werkgewer stuur, wat dit na die Kommissaris stuur.
in 'n ongeluk beseer is terwyl hulle met hul werk besig was;
huweliksertifikaat kinders se geboortesertifikate doodsertifikaat verklaring deur die gade (vorm WCL32)
Watter beserings en siektes word gedek?
Ongeskikthede word van 100% na 1% aangeslaan, na gelang van hoe ernstig dit is. Honderd persent is bv. die verlies van albei hande of jou sig. Verlies van 'n kleintoontjie is 'n ongeskiktheid van 1%.
n enkelbedrag van 2 x 3/4 van die werker se loon.
die ongeluk weens jou eie versuim gebeur het (tensy die werker ernstig gestremd raak of in die ongeluk sterf - dan sal die Fonds steeds vergoeding betaal), of jy mediese behandeling onredelik weier.
Die Vergoedingsfonds betaal nie vir pyn en lyding nie, net vir verlies aan beweging of gebruik van jou liggaam.
n siekte deur hul werk opgedoen het, of weens 'n werkplekongeluk of beroepsiekte gesterf het.
Die gade word die volgende betaal:
Jy kan die Kommissaris of enige Streekkantoor van die Departement van Arbeid vir nadere inligting of bystand skakel. Vorms is verkrygbaar van die volgende:
Die werker betaal nie die dokter se rekening nie. As jy egter 'n tweede mening wil h, moet jy daarvoor betaal.
Tel: 021 460 5911
n huishulp is wat in 'n private woning werk;
Wanneer die werker weer werk toe gaan, moet die werkgewer 'n hervattingsverslag (WCL6) na die Kommissaris stuur waarin verklaar word wanneer die werker weer begin werk het, en hoeveel vergoeding aan die werker betaal is.
Alle mediese onkoste word ook betaal as die rekenings aan die Kommissaris voorgel word.
Jy kan eis as jy beseer is of 'n siekte opgedoen het terwyl jy gewerk het (heeltyds of deeltyds);
Bo en behalwe die algemene vergoeding kan hy ekstra vergoeding kry as die besering of siekte deur die werkgewer se versuim of 'n fout in 'n masjien veroorsaak is. Enige werker jonger as 26 sal bykomende vergoeding kry.
As daar geen gade of kinders is nie, word vergoeding aan ander afhanklikes betaal (bv. ouers). Mense wat volledig van die werker afhanklik is, kry dieselfde as die weduwee. Mense wat deels van die werker afhanklik is, kry 'n eenmalige bedrag wat afhang van hoe afhanklik hulle van die werker was.
Hoeveel vergoeding aan die werker betaal sal word, hang af van hoeveel die werker verdien het toe die besering opgedoen of die siekte gediagnoseer is. As jy reeds ophou werk het wanneer die siekte gediagnoseer word, sal die vergoeding bepaal word na gelang van wat jy sou verdien het.
ongeskiktheid-% ÷ 100.
die eis meer as 12 maande n die ongeluk of dood, of n diagnose van die siekte ingedien word;
Die werksomstandighede en die siektes wat daardeur veroorsaak word, word gedek deur die Vergoedingsfonds soos in Bylae 3 van die Wet uiteengesit.
As dit lank gaan duur voordat die besering genees, moet die dokter elke maand 'n vorderingsverslag (WCL 5) na die Kommissaris stuur totdat die toestand volledig gestabiliseer het. Dit lig die Kommissaris in oor hoe lank die werker nie kan werk nie.
Wat kan jy eis?
Eise sal net betaal word as hulle korrek en betyds ingedien word. Eise sal nie betaal word nie as:
Wat word jy betaal?
Hoeveel vergoeding kry jy?
Vir hoe lank kan jy eis?
n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is (daar is 'n aparte fonds);
Wat is tydelike ongeskiktheid?
Wie kan eis?
Die Fonds dek ook beserings wat as gevolg van werk of by die werkplek opgedoen is.
n vakleerling of leerder-plaaswerker is, of n werker is wat deur 'n arbeidsagentskap betaal word.
As jy glad nie kan werk nie, word jy 75% (3/4) van jou normale maandelikse of weeklikse loon betaal.
Die werkgewer moet die ongeluk by die Vergoedings-kommissaris aanmeld, al glo hy nie die werker se weergawe van die gebeure nie, deur Vorm WCL 3: Werkgewer se Ongeluksverslag in te dien.
Om vergoeding vir die dood van 'n gesinslid te eis, moet jy gesertifiseerde afskrifte van die volgende indien:
As die ongeskiktheid meer as 30% is, word 'n maandelikse pensioen betaal. Die grootte van die pensioen hang van jou loon af, en van hoe ernstig die ongeskiktheid is. As die ongeskiktheid 100% is, word jy 75% 3/4 van jou loon betaal. As die ongeskiktheid minder ernstig is, word die volgende formule gebruik om die maandelikse betaling te bereken: loon
Jy kan vir ander siektes eis as jy met mediese getuienis en verslae kan bewys dat die siekte deur toestande by die werk veroorsaak is.
Al die werker se mediese uitgawes sal betaal word tot twee jaar n die datum van die ongeluk of diagnose van die siekte. Alle mediese rekenings behoort by die Kommissaris ingedien te word. Dit sluit die vervoerkoste van 'n beseerde werknemer na 'n hospitaal of huis in.
Hoe eis jy?
Vergoedingseise vir Beroepsbeserings of -siektes
Die vergoedingsbedrag wat aan jou betaal word, hang af van jou verwantskap met die oorledene. Die totaal wat aan die gesin betaal word, kan nie meer wees as die pensioen wat die oorlede werker sou gekry het as hy/sy 3/4 van die werker se loon per maand gekry het nie.
n werker is wat nie onder beheer van jou werknemer werk nie, of n werker is wat meer as 12 maande op 'n slag buite Suid-Afrika werk.
opleiding ondergaan het, of n vakleerlingskap voltooi het.
Die werker se kinders jonger as 18 (ook buite-egteli+K28ke, aangenome en stiefkinders) is geregtig op 'n maandelikse pensioen van 20% x 3/4 van die werker se loon. Dit word elke maand betaal totdat die kind 18 jaar oud is. Di pensioen kan langer voortduur as die kind verstandelik of liggaamlik gestrem is.
Hoeveel kan jy eis?
Om hiervoor te eis, moet 'n dokter jou langer as drie dae van die werk laat wegbly. As jy langer as drie dae van die werk moet wegbly, word jy uitbetaal vir die hele tyd dat jy nie kan werk nie (ook die eerste drie dae).
Jy kan 12 maande lank vergoeding vir tydelike ongeskiktheid eis. Dit kan na 24 maande verleng word. Na 24 maande kan die Kommissaris besluit dat die toestand permanent is, en vergoeding op die grondslag van permanente ongeskiktheid toestaan.
Die Vergoedingsfonds dek werkers wat:
die werkgewer se insidentverslag begrafnisrekenings (vorm WCL46)
Faks: 021 462 0981
Die Fonds dek beroepsiektes en werkplekbeserings.
Die werker en werkgewer moet kopie van al die vorms hou.
n maandelikse lewenslange pensioen van 40% x 3/4 van die werker se loon.
Posbus 955, Pretoria, 0001
Werkers wat deur hul werk beseer word of 'n siekte opdoen, kan geld van die Vergoedingsfonds eis. Gesinne kan ook eis as hul broodwinner weens 'n werkverwante siekte of besering gesterf het.
As jy net 'n deel van jou werk kan doen, moet jou werkgewer jou steeds 'n deel van jou loon betaal. Die Fonds sal jou 75% (3/4) uitbetaal van die verskil tussen wat jy betaal is, en wat jy voor die besering betaal sou gewees het.
Die Wes-Kaapse Kantoor van die Departement van Arbeid
