As jy meer inligting verlang oor enigiets in hierdie dokument, kan jy met die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling se Geslagsgelykheidsdirektoraat by die volgende nommers in verbinding tree:
Jy het die reg op vergoeding vir verlies van of skade aan eiendom wat gely is as gevolg van misdaad wat teen jou gepleeg is.
Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Misdaadvoorkomingstrategie se slagoffergesentreerde visie vir die strafregstelsel. Die uiteindelik doelwit is slagofferbemagtiging deur in slagoffers se behoeftes te voorsien, hetsy materieel of emosioneel.
die diensstandaarde duidelik te omskryf wat verwag kan word deur, en verleen word aan slagoffers wanneer hulle ook al in kontak met die strafregstelsel kom;
Die reg op vergoeding
Bevestig die Regering se verbintenis tot die implementering van maatrels wat gemik is op die deurlopende hervorming van die strafregstelsel om die regte van slagoffers te beskerm en te bevorder ooreenkomstig internasionale verpligtinge kragtens internasionale menseregte-instrumente soos die VN se Deklarasie van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik en die addendum oor die Voorkoming en Uitwissing van Geweld teen Vroue en Kinders by die SAOG se Deklarasie oor Geslagsgelykheid en Ontwikkeling .
Jy mag die aanklaer versoek om jou werkgewer in kennis te stel van verrigtinge wat jy in werkstyd moet bywoon.
Die Dienshandves vir Slagoffers van Misdaad in Suid-Afrika (die "Slagofferhandves") is 'n belang-rike instrument ter bevordering van geregtigheid vir almal. Die Slagofferhandves staan in die gees van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Wet 108 van 1996)en die Verenigde Nasies se Deklarasie van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik,1985 (GA/RES/40/34).
Tel: 315 1670
Pretoria, 0002
Die reg om inligting aan te bied 9
Jy mag ook 'n skriftelike aansoek tot die voorsitter van die paroolraad rig om die paroolverhoor by te woon en skriftelike verto voor te l.
Jy het die reg om oor jou regte ingelig te word en hoe om dit uit te oefen.
As di aansoek slaag, sal jy in 'n getuiebeskermings-program opgeneem word waar jy so ver moontlik beskerm sal word teen alle vorms van onbehoorlike benvloeding, teistering of intimidasie.
Jy het die reg om flink en hoflik bedien te word, met respek vir jou waardigheid en privaatheid deur alle lede van enige departement, instelling, agentskap of organisasie wat regstreeks of onregstreeks 'n diens aan jou lewer (hierna diensverskaffers genoem).
Die reg op restitusie 14
Kantore van Direkteure van Openbare Vervolgings
Kantore van die Departement van Korrektiewe Dienste
Die Slagofferhandves en die aangehegte Minimumstandaarde-dokument is belangrike instrumente wat die regte en verpligtinge met betrekking tot dienste van toepassing op slagoffers en oorlewendes van misdaad in Suid-Afrika verduidelik en konsolideer. Die Slagofferhandves is in ooreenstemming met die bepalings van artikel 234 van die Grondwet.
Hierdie reg beteken ook dat die hof in sekere omstandighede die publikasie van enige inligting (waaronder jou identiteit) mag verbied, of dat die hof gelas dat die verhoor agter geslote deure (in camera) plaasvind.
Vergoeding" het betrekking op 'n bedrag geld wat 'n strafhof toeken aan die slagoffer wat verlies of skade aan eiendom gely het, met inbegrip van geld, as gevolg van 'n kriminele daad of versuim deur die aangeklaagde.
Glo dat dit deels die staat se verantwoordelikheid is om die gelyke deelneming deur almal van al die regte en vryhede wat in die Grondwet gewaarborg word, te bevorder - dat 'n billike strafregstelsel slegs verwesenlik kan word indien die regte van slagoffers sowel as beskuldigdes erken, beskerm en gebalanseer word;
Pretoria, 0001
Die Regering van Suid-Afrika in die algemeen, en spesifiek die agentskappe wat in die strafregstelsel betrokke is:
Die reg op vergoeding 13
Sedert 1994, en in ooreenstemming met die kweek van 'n menseregtekultuur, het die fokus geleidelik verskuif, van 'n adversoriese en vergeldende strafregstelsel na 'n stelsel van Herstellende Geregtigheid. Die kern van die konsep van Herstellende Geregtigheid is die erkenning van misdaad nie as bloot 'n oortreding teen die staat nie, maar ook as onregmatige daad of onreg wat 'n ander persoon aangedoen is.
Die rolspelers in die strafregstelsel sal seker maak dat eksemplare van die Slagofferhandves by die volgende kantore beskikbaar is:
Die polisie, aanklaer en korrektiewedienste-amptenaar sal stappe doen om te verseker dat enigiets wat jy tot die ondersoek, vervolging en paroolverhoor wil bydra, aangehoor en oorweeg sal word in die besluit of daar met die ondersoek voortgegaan moet word, of tydens die verloop van die vervolging of paroolraadverhoor.
te verseker dat slagoffers sentraal in die strafregproses bly staan;
Die kantoorbestuurder of kantoorhoof by die hof sal vir die dienste van 'n tolk rel.
Die aanklaer sal jou in kennis stel indien 'n vergoedingsbevel toegestaan is, die inhoud daarvan verduidelik en hoe om dit af te dwing. Jy kan ook 'n siviele geding teen die beskuldigde instel as die strafhof nie 'n vergoedingsbevel toestaan nie. Dit gebeur gewoonlik wanneer die skade nie maklik in terme van geld bepaal kan word nie, soos byvoorbeeld sielkundige letsel of pyn en lyding.
Ek is vol vertroue dat, met die verbintenis en toewyding van alle rolspelers in die strafregproses, hierdie Slagofferhandves sal bydra tot die implementering van die toepaslike wette op so 'n wyse dat dit sy doel sal dien - om geregtigheid 'n werklikheid vir almal te maak!
Die aanklaer sal jou verwittig wat restitusie behels, en die klerk van die hof sal jou help om hierdie reg uit te oefen.
Jy het die reg om vry te wees van intimidasie, teistering, vrees, bemoeienis, omkopery, korrupsie en mishandeling. As jy 'n getuie is, moet jy enige sodanige dreigemente by die polisie of senior aanklaer aanmeld.
Die reg op beskerming
Jy het die reg om inligting tydens die kriminele ondersoek en verhoor aan te bied.
Die reg op beskerming 11
Die reg om inligting te ontvang 10
Die reg om met billikheid en met respek vir jou waardigheid en privaatheid behandel te word 8
Jy het die reg om bystand aan te vra en, waar toepaslik, toegang te kry by tot beskikbare maatskaplike, gesondheids- en beradingsdienste asook regshulp wat jou behoeftes in aanmerking neem.
Jy het die reg op restitusie indien jy wederregtelik van jou goedere of eiendom ontneem is, of indien jou goedere of eiendom wederregtelik beskadig is.
Polisiestasies en Ondersoekeenhede
Dit beteken dat jy die geleentheid sal h om ng 'n verklaring by die polisie af te l as jy meen dat jou eerste verklaring onvolledig was; jy mag ook, waar toepaslik, 'n verklaring voor die hof afl of tydens vonnisverrigtinge getuig om die hof se aandag op die erns van die misdaad te vestig.
Die klerk van die hof sal jou bystaan met die afdwing van 'n vergoedingsbevel wat deur die hof toegestaan is.
Die polisie sal jou bystaan deur polisieprosedures te verduidelik, jou oor jou regte in te lig en jou na ander relevante diensverskaffers te verwys.
Die reg op restitusie
Die aanklaer sal verseker dat spesiale maatrels met betrekking tot seksuele oortredings, gesinsgeweld en kinderondersteuning of onderhoudsake getref word en dat sulke sake, indien moontlik, in gespesialiseerde howe verhoor word.
Die polisie, tydens ondersoeke; die aanklaers en hof-amptenare tydens voorbereiding van en gedurende die verhoor; asook alle ander diensverskaffers, sal stappe doen om jou enige onnodige ongerief te spaar deur onder meer onderhoude met jou in jou voorkeurtaal en, indien nodig, privaat te voer.
Kantore van Maatskaplike Dienste of agentskappe
Die Dienshandves vir Misdaadslagoffers in Suid-Afrika is opgestel deur die Geslagsgelykheidsdirektoraat in die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, in samewerking met die departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, Korrektiewe Dienste, Onderwys, en Gesondheid, asook die Nasionale Vervolgingsgesag, die Suid-Afrikaanse Polisie-diens, die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die Kantoor van die Openbare Beskermer, die Onafhanklike Klagtedirektoraat, lede van die Landdroste- en Regterlike Dienskommissie asook lede van die Tshwane-metropolisie.
en om voorsiening te maak vir regres vir slagoffers wanneer standaarde nie nagekom word nie.
Die reg om inligting te ontvang
Jy mag versoek dat jy in kennis gestel word van verrigtinge wat jy mag bywoon.
Jy mag weet hoe die saak vorder, of die oortreder in hegtenis geneem is, aangekla is, of borgtog toegestaan is en of sy/hy skuldig bevind of gevonnis is.
Mits jy aan sekere vereistes voldoen, sal die polisie aansoek doen dat jy in 'n getuiebeskermingsprogram geplaas word.
Jy het die reg om inligting te ontvang en ingelig te word oor alle relevante dienste wat diensverskaffers aan jou kan lewer.
As jy 'n misdaadslagoffer was, sal die volgende regte, soos vervat in die Grondwet en relevante wetgewing, gehandhaaf word gedurende jou interaksie met die straf-regstelsel:
Faks: 315 1960
Staatshospitale en -klinieke
Jy is geregtig om dokumente te ontvang waartoe jy regtens toegang mag h.
Dit sal jou veiligheid as getuie en die beskikbaarheid van jou getuienis verseker, en verhoed dat jy jou getuienis weerhou as gevolg van onbehoorlike benvloeding.
Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling
Om voorsiening te maak vir die konsolidasie van die huidige regsraamwerk in Suid-Afrika met betrekking tot die regte van, en dienste gelewer aan misdaadslagoffers en om:
Erken die ernstige impak van misdaad op slagoffers, en die potensiaal daarvan vir die ondermyning van 'n slagoffer se menseregte;
Die reg op bystand 12
Tolvry nommer:
Jy mag redes aanvra vir 'n besluit wat in jou saak geneem is oor vervolging al dan nie.
Jy mag Korrektiewe Dienste versoek om jou te verwittig as die oortreder ontsnap het of oorgeplaas is.
a. Die Kantoor van die Openbare Beskermer b. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie c. Die Kommissie op Geslagsgelykheid d. Die Onafhanklike Klagtedirektoraat e. Metropolisie f. Die Raad vir die Gesondheidsprofessies van Suid-Afrika g. 'n Prokureur van jou keuse en vir jou eie rekening
Jy sal oor jou rol in die saak ingelig word en jy mag ook weet ongeveer hoe lank die saak sal duur. Jy mag inligting aanvra oor hofdatums, getuiefooie en die getuiebeskermingsprogram.
Die reg om inligting aan te bied
Die reg op bystand
As jy spesiale behoeftes het, sal alle diensverskaffers, binne hulle lynfunksie, alle redelike stappe doen om jou tegemoet te kom en te verseker dat jy op 'n sensitiewe wyse behandel word.
Met inagneming van die feit dat jy die reg het om te kla, mag jy die betrokke staatsdepartement of diensverskaffer kontak as jy enige klagte het oor die diens wat jy ontvang, of as jou regte oor die hoof gesien word. As jy nie tevrede is met die wyse waarop jou klagte gehanteer word nie, kan jy by die volgende instansies om hulp aanklop:
Neem kennis 6
Lees asseblief die Minimum Diensstandaarde ten opsigte van Misdaadslagoffers as jy meer inligting oor enige aspek van die Slagofferhandves verlang. Hierdie dokument is beskikbaar by die kantore van rolspelende staatsdepartemente.
Hierdie reg beteken dat jy kan deelneem (indien nodig en waar moontlik) aan strafregverrigtinge deur die borgtogverhoor, die verhoor, vonnisoplegging en/of paroolraadverhoor by te woon.
Jy mag versoek om teenwoordig te wees in die hof op die datum van vonnisoplegging en die aanklaer versoek om by die hof aansoek te doen om 'n vergoedingsbevel ingevolge artikels 297 en 300 van die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977).
Neem kennis dat beduidende vordering sedert die begin van demokrasie met betrekking tot die transformering van die strafregstelsel gemaak is om te verseker dat almal, ongeag van ras, geslag, kultuur en klas, toegang tot geregtigheid en regsprosesse het. Dat verskeie maatrels as deel van die transformasie van die regstelsel gemplementeer is, om te verseker dat slagoffers sentraal staan terwyl hul regte opgeweeg word teen die regte van beskuldigdes, en sekondre viktimisasie in die onderskeie stadiums van die strafregproses tot die minimum beperk word;
Die reg om met billikheid en met respek vir jou waardigheid en privaatheid behandel te word
As deel van hierdie reg mag jy vra dat enigiets wat jy nie verstaan nie in jou eie taal aan jou verduidelik word.
Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling stel ook die bydraes van verskeie nie-regeringsorganisasies en akademiese instellings tot die ontwikkeling van die Slagofferhandves hoog op prys.
Restitusie" het betrekking op gevalle waar die hof, n skuldigbevinding, die aangeklaagde gelas om die eiendom of goedere waarvan jy wederregtelik ontneem is aan jou terug te besorg, of om die eiendom of goedere wat wederregtelik beskadig is, te herstel sodat jy weer die posisie kan geniet waarin jy was voordat die misdaad gepleeg is.
