U kan verwag dat die aanklaer alle inligting rakende die borgverrigtinge van die ondersoekbeampte sal aanvra en dit aan die hof voorl. Dit verseker dat die besluit om borg aan die beskuldigde toe te staan of te weier, met u beste belange en beskerming in gedagte, geneem word.
Besluit dat meer inligting nodig is om 'n ingeligte besluit te neem en gevolglik die ondersoekbeampte gelas om die saak verder te ondersoek.
daar van u verlang sal word om die ondersoekbeampte in kennis te stel van u adres, kontakbesonderhede en verblyfplek totdat die ondersoek en die verhoor afgehandel is; en daar van u verlang sal word om die ondersoekbeampte in kennis te stel as die beskuldigde met die ondersoek van die saak inmeng of probeer om in te meng, as hy of sy nie die verhoor gaan bywoon nie of as u deur hom of haar gedreig word.
indien u versoek het om tydens 'n paroolverhoor teenwoordig te wees, die voorsitter van die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad u voor die verhoor in 'n taal wat u verstaan, sal inlig oor die prosedures tydens die verhoor en wat van u verwag word;
Die howe:
die gesprek met u gevoer sal word in 'n taal wat u verstaan, en as die persoon wat met u praat nie 'n taal praat wat u verstaan nie, kan u vra dat 'n tolk verskaf word; en u kan vra dat die gesprek met u gevoer word deur 'n lid van die polisie wat van dieselfde geslag as u self is, en indien beskikbaar, sal u versoek toegestaan word.
As 'n gesondheidsorgwerker by die saak betrokke is, kan u verwag dat hy of sy:
Besluit dat daar voldoende bewyse vir vervolging is en met vervolging voortgaan.
Vergoeding" beteken 'n bedrag geld wat 'n strafhof aan u toeken as u verlies van of skade aan eiendom (insluitende geld) gely het as gevolg van 'n misdaad of versuim deur die persoon wat skuldig bevind is aan die pleeg van die misdaad. Die vergoedingstoekenning is bedoel om die ontvanger daarvan weer in die posisie voor die verlies of skade te stel.
benewens ander faktore, u belange in ag sal neem by die besluit om te vervolg al dan nie;
u sal inlig dat u in gepaste gevalle die oortreder kan versoek om billike herstel aan u, u familie of afhanklikes te doen;
Die reg op vergoeding
u regte en die prosedures wat gaan volg, sal verduidelik;
In sekere omstandighede kan u deur middel van 'n geslotebaan - televisiestelsel getuig (dit beteken u is nie in die hof in teenwoordigheid van die beskuldigde nie maar in 'n ander vertrek).
die voorsittende beampte u sal meedeel dat die tussenganger die algemene betekenis van enige vraag wat aan u gestel word, aan u kan oordra, tensy die hof anders gelas;
Die reg om met billikheid en met respek vir u waardigheid en privaatheid behandel te word 11
Die Minimumstandaarde is bedoel om die monitering van dienslewering makliker te maak omdat dit minimumstandaarde uiteensit waaraan diens-lewering gemeet sal word. Tersaaklike instansies, agentskappe en departemente sal die toepassing van regte en standaarde van dienste wat in die Minimumstandaarde uiteengesit is, moniteer, en as deel van hulle eie monitering kan hierdie agentskappe met u oorleg pleeg. Sommige van die resultate van hierdie proses van monitering en oorlegpleging kan gepubliseer word.
die aanklaer u sal inlig en dat die klerk van die hof so 'n toekenning sal afdwing;
Vir die doel van hierdie dokument, en in ooreenstemming met die definisie vervat in die Verenigde Nasies se Verklaring van die Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik (GA/Res/40/30), waarvan Suid-Afrika 'n ondertekenaar is, word 'n slagoffer van misdaad omskryf as 'n persoon wat benadeel is, insluitende liggaamlike of geestelike benadeling, emosionele lyding; ekonomiese verlies; of substansile benadeling van sy/haar fundamentele regte, deur dade of versuim wat strydig met ons strafreg is.
Die Kantoor van die Openbare Beskermer
As u nie tevrede is nie met die wyse waarop u klagte hanteer is, kan u met die hoof van die departement van onderwys in die bepaalde provinsie skakel.
As u klagte oor hofpersoneel handel, byvoorbeeld klerke of tolke, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die hofbestuurder. As u ontevrede is met die reaksie van die hofbestuurder, kan u aan die Direkteur van hofdienste of die Direkteur-Generaal skryf.
Pretoria, 0002
u 'n geleentheid gegee sal word om in u verklaring te verduidelik hoe die misdaad u raak en, waar toepaslik, dat u belange in ag geneem sal word;
u 'n geleentheid sal bied om u geheue te verfris deur oorlegpleging of deur u toe te laat om u verklaring te lees voordat u getuig;
die voorsittende beampte u sal inlig dat indien u versuim om die toekenning binne 'n tydperk van sestig dae van die hand te wys, u nie 'n siviele aksie teen die beskuldigde kan instel nie; en indien u by die hof aansoek doen om vergoed te word vir mediese uitgawes ten opsigte van liggaamlike beserings wat opgedoen is as gevolg van misdadige optrede, die gesondheidsorgwerker wat u ondersoek het, u aansoek sal kan staaf deur in die hof te getuig en tersaaklike inligting aan die hof te verstrek, insluitende mediese rekords.
nadat u getuig het, 'n kennisgewing aan u beteken sal word om u in kennis te stel dat u binne 'n redelike tydperk uit die Program verwyder gaan word; en u met die ondersoekbeampte by die polisiestasie of die senior staatsaanklaer mag skakel vir enige verdere inligting oor die Getuiebeskermingsprogram;
As u klagte handel oor 'n opvoeder of enige ander personeellid by 'n bepaalde skool of opvoedkundige instelling, kan u met die hoof van daardie skool of instelling skakel. As die klagte oor die hoof handel, kan u met die onderwysdistrik of streekbestuurder skakel.
Die Departement van Korrektiewe Dienste sal verseker dat vonnisse van gevangenisstraf in ooreenstemming met die wet uitgedien word. Wanneer die vrylating van die beskuldigde oorweeg word, sal die Departement van Korrektiewe Dienste deeglike oorweging skenk aan die toesig oor die beskuldigde persoon wat op parool vrygelaat word.
Verskeie staatsdepartemente sal bystand aan u verleen. Die polisie sal help met krisisintervensie op die toneel; met verwysings vir mediese of sielkundige bystand; met die verduideliking van polisieprosedures; met die verskaffing van inligting oor u regte; met die verwysing na nieregerings- en gemeenskapsgebaseerde organisasies (NRO's en GGO's) of gemeenskapsgebaseerde slagoffersteundienste; met die versekering van u veiligheid op die toneel van die misdaad; en met die verskaffing van advies aan u oor misdaadvoorkoming.
As u nie tevrede is nie, kan u ook die Areakommissaris van die betrokke polisiestasie nader met besonderhede van u eis.
Wanneer die saak aan die staatsaanklaer oorhandig word:
As die klagte steeds nie tot u tevredenheid hanteer word nie, kan u die Kantoor van die Openbare Beskermer nader.
As u 'n getuie in die hof moet wees 5
Wat sal gebeur -
As u klagte oor 'n regter van die Horhof handel, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Regter-president van die betrokke Afdeling. U kan die adres en telefoonnommer by die plaaslike landdroskantoor of die ho hof kry.
die bedreiging teen u deur die polisie ondersoek sal word;
b. so gele is dat enige persoon wie se teenwoordigheid u kan ontstel, nie deur u gesien of gehoor kan word nie; en c. die hof en enige persoon wie se teen woordigheid noodsaaklik is by die betrokke verrigtinge, in staat stel om u asook die tussenganger gedurende u getuienis te sien en te hoor, hetsy regstreeks of deur enige elektroniese of ander toestel;
a. 'n polisiebeampte u verklaring sal afneem en u sal vra om dit te lees en die inhoud daarvan te bevestig deur dit te onderteken;
Van gesondheidsorgwerkers kan u verwag dat:
waar beskikbaar, beskikbare personeel en opgeleide vrywilligers van Slagoffersteundienste sal aanwys om u en u familie by te staan by die hof voor, gedurende en na die verhoor;
Die aanklaer -
op versoek of indien nodig, tydens die Paroolraad se verhoor u inlig oor beskikbare steun- en beradingsdienste;
Van beamptes van Korrektiewe Dienste kan u verwag dat:
waar toepaslik, 'n mediese sertifikaat vir afwesigheid van die skool of werk aan u uitgereik sal word.
u sal inlig as die Direkteur van Openbare Vervolging besluit het om nie in die saak te vervolg nie, dat u 'n private vervolging kan instel en oor die prosedure wat in di verband gevolg moet word;
die voorsittende beampte, as 'n tussenganger aangestel is, u kan gelas om u getuienis te lewer op enige plek wat -
Gesondheidsorgwerkers sal verseker dat u regte soos in die Handves van Pasinte se Regte vervat, gehandhaaf word.
u vir mediese aandag of berading verwys sal word indien nodig;
As u steeds ontevrede is met die wyse waarop u klagte deur die rolspelers of diensverskaffers in die strafregproses hanteer is, kan u gebruik maak van die dienste wat gelewer word deur organisasies soos:
Die polisie sal u inlig indien u as getuie in die hof moet verskyn. Die meeste sake word in die landdroshowe hanteer, en die meer ernstige misdrywe gaan na die Streekhof of die Hooggeregshof.
op versoek, u sal help om die saak deur die stelsel te volg;
As daar enige verdere bedreiging is na die vonnis, moet die ondersoekbeampte of die aanklaer onmiddellik met die kantoor van die Getuiebeskermingseenheid in verbinding tree.
U REGTE AS 'N SLAGOFFER VAN MISDAAD 1
As iemand 'n misdaad gepleeg het:
inligting aan u sal verstrek oor die ondersoek- of behandelingsprosedures waaraan u onderwerp gaan word;
Die aanklaer wat aan u saak toegewys is -
as 'n onderhoud met u gevoer word, dit privaat sal geskied, die gesprek as vertroulik behandel sal word en die onderhoud met u gevoer sal word in 'n taal wat u verstaan;
die naam en telefoonnommer van die ondersoekbeampte wat aan die saak toegewys is en die polisie se saaknommer (MAS of Misdaad Administratiewe Stelsel-nommer);
Die voorsittende beampte -
Wanneer u by die hof aankom, sal u dalk duidelike aanwysings kry wat u sal help. As daar nie duidelike aanwysings is nie en u nie weet waar die hof is nie, kan u navraag doen by die Hulp/Inligting/Adviestoonbank om uit te vind in watter hofsaal u getuienis aangehoor sal word of oor die fasiliteite by die hof. U kan ook lede van die vervolgingspersoneel nader, wat enige vrae wat u oor prosedures het, sal kan beantwoord. Die aanklaer wat aan u saak toegewys is, sal vir u kan s min of meer hoe lank u sal moet wag voordat u getuienis moet lewer.
As 'n misdaad gepleeg is, sal die aanmelding daarvan by die SA Polisiediens die strafregstelsel in werking stel. Die SA Polisiediens is daarvoor verantwoordelik om misdade te ondersoek en oortreders aan die man te bring. Sodra 'n aanklag aanhangig gemaak is, sal die polisie 'n dossier open en die aanklag ondersoek. As die polisie nie seker is of vervolging ingestel moet word nie, sal 'n formele aanklag nie onmiddellik ingebring word nie. Die polisie sal egter so 'n saak ondersoek en die polisiedossier aan die staatsaanklaer voorl vir 'n beslissing.
Pretoria, 0001
Indien die beskuldigde, na vrylating op parool, optree op 'n wyse wat daarop dui dat hy of sy 'n risiko vir die openbare veiligheid kan inhou, of enige voorwaardes wat aan sy of haar vrylating gekoppel is oortree, kan hy of sy in hegtenis geneem word om die res van die vonnis in die gevangenis uit te dien.
u bystaan deur die dienste van maatskaplikediensverskaffers of proefbeampte beskikbaar te stel; en
as u nie die ooreenkoms nakom nie, u 'n risiko vir u self skep en u uit die Getuiebeskermingsprogram verwyder kan word;
Die reg op beskerming 22
Wanneer die saak aan die staatsaanklaer oorhandig word 3
as u die misdaad aangemeld het deur met die polisie te skakel, hulle so vinnig moontlik op u aanmelding sal reageer;
Alternatiewe klagtemeganismes:
in gepaste gevalle, die hof 'n vonnis kan opskort op voorwaarde dat die beskuldigde u vergoed vir verlies of skade aan eiendom wat u gely het as gevolg van die misdryf;
die voorsittende beampte u sal inlig dat indien 'n toekenning in u guns gemaak is, u sestig dae het om sodanige toekenning skriftelik van die hand te wys of te weier en indien u dit doen, u enige geld wat reeds deur die griffier of die klerk van die hof aan u betaal is, moet terugbetaal;
As u as 'n getuie vir die vervolging geroep word 4
As u nie tevrede is nie met die diens gelewer deur 'n gesondheidsorgwerker in die openbare gesondheidsektor, moet u eers kla by die persoon wat u gehelp het. As u klagte egter nie tot u tevredenheid opgelos is nie, kan u die klagte verwys na die hoof of bestuurder van die openbare gesondheidsfasiliteit waar u ondersoek of behandel is.
indien nodig, 'n onderhoud met u sal voer en indien die verkryging van mediese bewyse tersaaklik is vir die saak, relings sal tref vir 'n mediese ondersoek; en so ver moontlik deurlopendheid sal handhaaf deur te verseker dat dieselfde maatskaplikediensverskaffer of vrywilliger met u werk vanaf die aanmelding van die misdaad tot die afhandeling van die saak;
op versoek, vir u 'n afskrif van u mediese rekords sal gee; en u sal inlig oor beskikbare gemeenskapsteundienste en tersaaklike hulplyne.
u sal inlig dat sodanige herstel die teruggawe van eiendom of goedere of die herstel van beskadigde eiendom of goedere sal behels; en u sal inlig dat u versoek in di verband deur die hof afgedwing kan word en dat u in gepaste gevalle toegelaat sal word om so 'n versoek aan die hof te rig.
As u as getuie vir die vervolging geroep word:
U kan 'n klagte oor 'n polisiebeampte of 'n polisiediensbeleid, -praktyk of -prosedure indien deur aan die stasiekommissaris van die betrokke polisiestasie te skryf.
Die wet maak vir die volgende voorsiening wanneer u getuienis lewer:
stappe sal doen om te verseker dat u of u familie nie aan risiko bloot-gestel word of in gevaar verkeer nie;
Die reg om inligting te ontvang 18
a. Die inhegtenisname van 'n verdagte b. Of u 'n uitkenningsparade moet bywoon, en die datum van die parade c. Die hofsaaknommer d. Die datums van borgverrigtinge e. Die uitkoms van die borgverhoor (of die verdagte op borgtog vrygelaat gaan word)
Gesondheidsorgwerkers -
en u 'n getuie is en u of 'n lid van u familie bedreig word of u lewe in gevaar is, moet u die aangeleentheid onmiddellik by die polisie of by senior staatsaanklaer by die hof aanmeld en aansoek doen vir getuiebeskerming, in welke geval u kan verwag dat -
indien nodig, voorsiening gemaak sal word vir 'n tolk tydens die verhoor van die Paroolraad;
Indien daar besorgdheid bestaan oor u veiligheid of di van 'n staatsgetuie, sal die polisie, die aanklaer of 'n verteenwoordiger van die Getuiebeskermingseenheid u kan adviseer oor wat gedoen kan word vir beskerming. Hulle sal u so ver moontlik bystaan.
as u gevra het om die Paroolraad se verhoor by te woon, sal die voorsitter u in 'n taal wat u verstaan, inlig oor die prosedures tydens die verhoor en wat van u verwag word; en op versoek en met die instemming van die beskuldigde, u in kennis stel van die ontwikkelingsprogramme wat die beskuldigde ondergaan het en/of besig is om te ondergaan om sy of haar gedrag te verbeter.
Al die departemente, instellings en agentskappe wat by die saak betrokke is, poog om 'n ho standaard van diens te verskaf, maar soms kan dinge skeef loop. As dit gebeur, wil die departemente, instellings en agentskappe weet wat gebeur het. Hierdie deel van die dokument s vir u wat u kan doen as u nie tevrede is nie met -
Die staatsaanklaer sal die feite van elke saak deeglik oorweeg. Die aanklaer kan een van drie dinge doen:
Die reg op beskerming
u ondersoek sal word in 'n omgewing wat bevorderlik is vir vertroulikheid, privaatheid en waardigheid en dat die konsultasie sal geskied in 'n taal wat u verstaan;
Om in 'n hof getuienis te lewer, kan spanningsvol wees. Die betrokke partye - die polisie, die aanklaer en hofpersoneel - sal u so ver moontlik ondersteun, voorberei en van inligting voorsien oor wat waarskynlik gaan gebeur.
U kan 'n spoedige en doeltreffende proses verwag, wat sal verseker dat die saak so gou moontlik voor die hof kom.
Die Departement van Onderwys sal verseker dat daar intervensieprogramme soos berading, verwysing en steunprosedures is vir slagoffers binne die onderwysstelsel.
voorsiening gemaak sal word vir tolke en dat inligting toeganklik gemaak sal word vir persone met gestremdhede, waar gepas;
op versoek en indien moontlik, u sal toelaat om 'n hofsaal te sien voordat die saak begin om u vertroud te maak met die hoffasiliteite, sodat u weet wat om te verwag wanneer u getuig;
Gedurende u kontak met die strafregstelsel sal die volgende regte, soos in die Slagoffershandves uiteengesit en in ooreenstemming met die Grondwet en toepaslike wetgewing, gehandhaaf word:
Vanaf die oomblik dat 'n misdaad gepleeg en aangemeld is, is dit belangrik dat al die beskikbare bewyse versamel en beskerm word op so 'n wyse dat dit sal help met die ondersoek van die saak en die daaropvolgende verhoor. Beserings wat u opgedoen het of skade wat u gely het, kan u getuienis teen die beskuldigde staaf. 'n Mediese verslag moet opgestel en voorgel word, waar van toepassing.
die aanklaer of die voorsittende beampte (d.i. die landdros of regter) u sal inlig dat 'n toekenning deur die hof die uitwerking van 'n siviele aksie teen die beskuldigde het en dat u die bevel kan opdwing;
deur u veiligheid as 'n prioriteit te hanteer;
Waar van toepassing, sluit die term 'slagoffer' ook die onmiddellike familie of afhanklikes van die regstreekse slagoffer in. 'n Persoon kan as 'n slagoffer beskou word ongeag of die dader gedentifiseer, aangehou, vervolg of skuldig bevind is, en ongeag die familieverwantskap tussen die dader en die slagoffer.
As u versoek het om op hoogte gehou te word van die uitdien van die vonnis deur die beskuldigde, sal Korrektiewe Dienste u in kennis stel as die beskuldigde uit aanhouding ontsnap het en van enige oorplasing van die beskuldigde en die besonderhede daarvan.
deur vir u advies oor misdaadvoorkoming te gee; en deur die geweld op die toneel van die misdaad te stop.
As u klagte handel oor u eiendom wat verlore geraak het of beskadig is terwyl dit in die polisie se besit was, kan u op vergoeding aanspraak maak. Rig enige navrae aan die Stasiekommissaris.
U kan versoek om die verhore van die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad (die "Paroolraad") by te woon. As u dit wil bywoon, sal u in kennis gestel word van die datum van die verhoor, en die Paroolraad sal u besware in aanmerking neem wanneer die vrylating van die beskuldigde op parool oorweeg word.
Voordat die aanklaer 'n pleit van skuldig aanvaar, sal hy/sy u belange, asook di van u familie, in aanmerking neem.
Om 'n saak vir verhoor voor die hof te bring kan, ingewikkeld wees, veral as verskeie mense daarby betrokke is. Diegene wat die saak hanteer, sal hulle bes doen om seker te maak dat dit so gou moontlik voor die hof kom.
sake rakende seksuele misdrywe in gespesialiseerde howe aangehoor sal word waar sulke howe beskikbaar is;
as u in die Program opgeneem word, u al die rels moet nakom soos in die ooreenkoms uiteengesit. Die inligting in hierdie ooreenkoms sal vertroulik wees;
met u oorleg sal pleeg voor die aanvaarding van 'n laer pleit en u sal vra om te verduidelik hoe die misdaad u of u familie geraak het. Tydens hierdie konsultasie sal u die geleentheid kry om besonderhede van enige verlies of benadeling wat u as gevolg van die misdaad gely het, bekend te maak. Die aanklaer sal hierdie omstandighede in aanmerking neem voordat hy of sy besluit oor die aanvaarding van 'n pleit op 'n laer aanklag. Die uitwerking van die misdaad op u of u familie sal aan die hof bekend gemaak word, of u sal 'n geleentheid kry om in die hof te getuig, of 'n verslag deur 'n kundige persoon sal aan die hof voorgel word in die vonnisopleggingstadium; en u in die konsultasiestadium sal vra om enige bykomende feite bekend te maak wat nog nie in u verklaring ingesluit is nie. Indien tersaaklik, sal die aanklaer hierdie feite voor die verhoor aan die verdediging meedeel;
u nie die saak op u eie sal hoef te hanteer nie; as u die saak nog nie by die polisie aangemeld het nie, sal die maatskaplikediensverskaffer u help om dit te doen; en as u 'n slagoffer van 'n seksuele misdryf is, die polisie u klere as bewysstukke sal wil h, in welke geval u die maatskaplikediensverskaffer kan versoek om u te help om ander klere te kry.
u op versoek in kennis stel wanneer die oortreder oorweeg gaan word vir vrylating op parool;
As u ontevrede is met die reaksie van die Geregtelike Hoof, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Geregtelike Groepshoof van die bepaalde streek.
a. die manier waarop u behandel is;
hulle sal verseker dat alle mediese inligting in u saakrekords opgeneem word; en u so gou moontlik en met inagneming van u regte soos in die Handves van Pasinte se Regte vervat, behandel sal word.
die aanklaer u sal inlig dat indien 'n vergoedingsbevel in u guns nie tydens die strafverhoor gegee word nie, u 'n siviele geding teen die beskuldigde kan instel;
a. informeel ingerig is om u op u gemak te laat voel;
as u nie wil h dat die beskuldigde u persoonlike besonderhede te wete moet kom nie, kan u die ondersoekbeampte en/of die aanklaer skakel en versoek dat die inligting van die beskuldigde weerhou word;
As u 'n slagoffer of misdaad is, kan u verwag dat die rolspelers in die strafregstelsel sal verseker dat u regte, soos in die Slagoffershandves uiteengesit, afgedwing word en dat die minimumstandaarde van dienste soos in hierdie dokument uiteengesit, gemplementeer word.
sake waarby kwesbare slagoffers betrokke is, so ver moontlik bespoedig sal word; en as 'n geslotebaantelevisiekoppeling gedurende die hofverrigtinge gebruik word, die aanklaer sal verduidelik hoe die toerusting werk of waar moontlik u en u ouers of voog sal toelaat om voor die verhoor 'n demonstrasie van die toerusting te sien.
a. Die Kantoor van die Openbare Beskermer b. Die Suid-Afrikaanse Mense-regtekommissie c. Die Onafhanklike Klagtedirektoraat d. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid e. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika f. 'n Prokureur van u eie keuse en op u eie koste.
b. die inligting wat u ontvang het; of c. besluite wat geneem is.
'n steunpersoon ('n familielid of vriend) sal toelaat om saam met u na die hof te gaan; en u sal toelaat om, op versoek en indien fasiliteite beskikbaar is, afsonderlik van die beskuldigde of sy of haar getuies in die saak, te wag.
indien u die Paroolraad-verhoor bywoon en 'n inset moet lewer, u enige persoon van u keuse kan vra om u na die verhoor te vergesel vir ondersteuning; en indien u die Paroolraad-verhoor bywoon, alles moontlik gedoen sal word om u teen verdere viktimisering en traumatisering gedurende die verhoor te beskerm.
As u klagte oor 'n streekhof handel, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Streekhofpresident van die betrokke gebied. U kan die adres en telefoonnommer by die plaaslike landdroskantoor kry.
indien die hof (aanklaer of landdros) hulle versoek om dit te doen, u mediese rekords en enige ander inligting rakende die saak wat u aan hulle meegedeel het, aan die hof sal voorl;
By die verhoor:
u al u finansile besonderhede aan die beamptes van die Getuiebeskermingsprogram sal moet verstrek sodat die korrekte toelaes bepaal kan word;
Gedurende die ondersoek van die saak kan u verwag dat:
U kan verwag dat 'n gesondheidsorgwerker sal verseker dat:
Beamptes van onderwysdienste:
As u ontevrede is met die reaksie, kan u aan die Landdrostekommissie skryf as u klagte oor 'n landdroshof handel, of aan die Regterlike Dienskommissie as die klagte oor 'n Hooggeregshof handel. As die klagte steeds nie tot u tevredenheid hanteer word nie, kan u die Kantoor van die Openbare Beskermer nader.
u ingelig sal word dat u 'n afskrif van u verklaring kan aanvra;
die klerk van die hof of die aanklaer, in gepaste gevalle, u sal inlig dat waar geld van die persoon wat skuldig bevind is, by inhegtenisname van hom of haar geneem is, die hof kan gelas dat betaling uit sodanige geld onmiddellik aan u gedoen moet word;
u sal inlig dat die hof in sekere omstandighede die publikasie kan verbied van enige inligting (insluitende die identiteit van die klaer of 'n getuie) rakende die verhoor of enige deel daarvan wat agter geslote deure gehou word; en waar gepas, u sal inlig dat enige persoon wat onwettig enige inligting publiseer of onwettig die identiteit van 'n getuie openbaar, 'n misdryf begaan en vervolg kan word;
hulle op versoek bemiddeling tussen u en die beskuldigde sal fasiliteer wanneer die behoefte ontstaan; en op versoek of waar nodig, byvoorbeeld as u 'n slagoffer is en in aanhouding verkeer of as dit tydens die verhoor van die Paroolraad blyk dat u ondersteuning nodig het, u na gepaste diensverskaffers verwys sal word vir berading of steundienste.
u werkgewer in kennis sal stel van enige verrigtinge wat u afwesigheid van die werk sal vereis;
Na skuldigbevinding 7
As u geen reaksie ontvang nie of ontevrede is met die manier waarop u klagte hanteer is deur die hoof of die bestuurder van die openbare gesondheidsfasiliteit, kan u die klagte na die betrokke provinsiale departement van gesondheid verwys. As u ontevrede is met die manier waarop die provinsiale departement van gesondheid u klagte hanteer het, kan u die betrokke beroepsraad, soos die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, versoek om die aangeleentheid te ondersoek.
Gesondheidsorgwerkers:
Wanneer u misdaad aanmeld en getuienis in die hof lewer, speel u 'n deurslaggewende rol om die strafregstelsel meer responsief te maak vir die behoeftes van die samelewing en om te verseker dat oortreders aan die man gebring word. In ruil daarvoor moet die strafregstelsel vinnig en hoflik reageer en u met respek vir u waardigheid en privaatheid behandel en in u behoeftes voorsien. Die Minimumstandaarde is 'n poging om te verseker dat dit gebeur, deur u te bemagtig en u met die nodige inligting in staat te stel om u regte af te dwing. Die Minimumstandaarde is in vier dele verdeel. Deel I verstrek bondige agtergrondinligting oor u regte en skets wie toegang tot die regte het. Deel II verduidelik kortliks die prosesse in die strafregstelsel en wat met u sal gebeur as u 'n slagoffer van misdaad is en die misdaad by die polisie aanmeld. Deel III bevat die minimumstandaarde vir dienste wat u van die verskillende rolspelers in die strafregstelsel kan verwag, met verwysing na elke reg wat in die Slagoffershandves verduidelik word. Dit is die belangrikste deel van die Minimumstandaarde, want dit poog om die regte wat in die Handves genoem word, 'n werklikheid vir u te maak. Dit is in hierdie afdeling dat u sal sien dat 'n aantal van die beginsels van Herstellende Geregtigheid beliggaam is binne die regsraamwerk wat in die Slagoffershandves en die Minimumstandaarde verduidelik word. Deel IV skets die prosedures vir klagtes.
hulle bes sal doen om u te beskerm teen verdere viktimisering of traumatisering deur wat in die hof gebeur;
as u 'n slagoffer van seksuele geweld is, 'n lid van die polisie privaat met u 'n onderhoud sal voer;
Om verskeie redes, soos openbare belang, besluit om die aanklag terug te trek.
Die reg om inligting te ontvang
Nasionale Direkteur van die Getuiebeskermingsprogram
As die klagte dan nog nie tot u tevredenheid hanteer is nie, kan u die Onafhanklike Klagtedirektoraat nader, maar let asb daarop dat di kantoor genader kan word slegs met klagtes rakende gevalle van beweerde misdadige optrede of wangedrag teen lede van die Metropolisiediens en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat versuim het om hulle pligte te verrig.
As 'n misdaad by die polisie aangemeld is, kan u verwag dat:
Indien u in die hof moet getuig, kan die verrigtinge in sekere omstandighede in camera (agter geslote deure) plaasvind.
f. Die vordering met die ondersoek en vervolging van u saak g. Enige besluit om die aanklagte terug te trek of substansieel te verander h. Of u die hofverrigtinge sal moet by woon, en die datum of datums van daardie verrigtinge
Wanneer iemand aangekla word, word die saak na die hof verwys, waar die staatsaanklaer verantwoordelikheid vir die vervolging in die saak aanvaar.
u sal inlig dat u geregtig is op die betaling van reis- en sekere ander koste vir die tyd wat u by die hof moet deurbring om getuienis te lewer, en ook inligting aan u sal verstrek en u sal bystaan om hierdie koste te eis;
Die reg om inligting aan te bied 15
Let egter daarop dat di Kantoor net met klagtes oor administratiewe optrede genader kan word. Die Kantoor van die Openbare Beskermer kan kragtens wet nie besluite van die hof ondersoek nie.
Indien die beskuldigde skuldig bevind word, kan die vervolging en die verdediging getuienis aanvoer en die hof toespreek oor die vonnis wat opgel moet word. Dit geskied deur middel van argumente ter verswaring (vir 'n swaarder vonnis) of versagting (vir 'n ligter vonnis) van die vonnis. Indien die betoog ter versagting van vonnis inligting insluit wat nie waar is nie, moet hierdie inligting aan die hof meegedeel word. In die vonnisopleggingstadium kan u vir vergoeding vra. As die hof vergoeding toestaan, word dit nie as 'n vonnis beskou nie, met die gevolg dat die toekenning gegee kan word benewens enige ander vorm van straf. 'n Hof kan ook 'n vonnis op sekere voorwaardes opskort, insluitende 'n voorwaarde dat die beskuldigde u moet vergoed. Waar toepaslik, kan die aanklaer 'n slagofferimpakverklaring voorl of verdere getuienis lei met die oog op 'n gepaste vonnis.
deur middel van verwysings na ander diensverskaffers vir die nodige ondersteuning en krisisintervensie op die toneel, byvoorbeeld mediese (nood)hulp;
enige geval waar 'n misdaad vermoed word, by die polisie sal aanmeld.
'n Getuiedagvaarding sal aan u beteken word, wat inligting bevat oor wanneer en waar die verhoor sal plaasvind. In sekere gevalle sal die getuiedagvaarding gepaard gaan met 'n pamflet wat verduidelik wat in die hof sal gebeur. Indien u na 'n landdroshof gaan en enige vrae het oor die hoffasiliteite, moet u in verbinding tree met die ondersoekbeampte in die saak of, waar beskikbaar, 'n slagofferassistent en voorbereidingsbeampte, wat u na die regte persoon sal verwys wat u met die hof in aanraking sal bring.
u die saak met 'n prokureur van u keuse kan bespreek, veral as u beoog om 'n siviele eis in te stel vir vergoeding vir skade of liggaamlike of sielkundige beserings;
Faks: 315 1960
By die verhoor 6
Die reg op bystand 25
in die geval van 'n seksuele misdryf, op versoek en indien moontlik, 'n mediese praktisyn van dieselfde geslag as u die mediese ondersoek of behandeling sal doen;
die aanklaer en die polisie, in gepaste gevalle, u sal inlig dat u teenwoordig mag wees in die hof op die datum van vonnisoplegging en dat u die aanklaer kan versoek om by die hof vir 'n vergoedingsbevel aansoek te doen;
Wanneer die vonnis uitgevoer word 8
u skriftelik in kennis stel van enige veranderinge aan verhoordatums of uitstellings, van die uitkoms van die Paroolraad se verhoor en van alle voorwaardes wat gestel is;
u op versoek ingelig sal word van wysigings of veranderings aan vonnisse van korrektiewe toesig; die Paroolraad se funksies; u rol in die verhoor van die Paroolraad; en wat om tydens die verhoor te verwag;
Die dokument Minimumstandaarde vir Dienste vir Slagoffers van Misdaad is deur die Gelsagsgelykheids Direktoraat van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling opgestel in samewerking met die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, Korrektiewe Dienste, Onderwys, en Gesondheid, asook die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die Kantoor van die Openbare Beskermer, die Onafhanklike Klagtedirektoraat, lede van die Landdroskommissie en die Regterlike Dienskommissie en lede van Tshwane Metropolisie.
Maatskaplikediensverskaffers sal, waar moontlik en beskikbaar -
Wat sal gebeur?
'n Streng bewyslas word vereis voordat iemand skuldig bevind kan word. Die vervolging moet die beskuldigde se skuld bo redelike twyfel bewys. Dit kan beteken dat iemand wat na u mening skuldig is, onskuldig bevind word. Dit is nie 'n uitspraak oor u nie, maar berus op die sterkte van die vervolging se saak as geheel.
Aanklaers:
a. hulp om familie of vriende te kontak b. bystand as u simptome van posttraumatiese stres ondervind c. 'n verduideliking van die proses wat gevolg gaan word d. hulp om met die SA Polisiediens en die aanklaer te skakel e. verwysing na 'n professionele beradings diens as traumatiese reaksies erg is f. toegang tot inligting en dienste, veral op plekke waar die beskikbare dienste 'Hofsteun' insluit, in sluitende -
die aanklaer die saak vir die staat sal voordra en u belange in ag sal neem;
Korrektiewe Dienste-beamptes -
As u klagte oor die optrede van 'n voorsittende beampte handel, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Geregtelike Hoof van die distrik. U kan die adres en telefoonnommer by die plaaslike landdroskantoor kry.
Die aanklaer sal in geskikte gevalle staatsgetuies roep om die saak teen die beskuldigde te versterk. 'n Tolk sal beskikbaar gestel word indien nodig. Die beskuldigde sal die geleentheid gebied word om u te ondervra (kruis-ondervraging), getuienis te lewer en getuies te roep. Nadat die hof al die getuienis vir die vervolging en die verdediging aangehoor het, sal die partye toegelaat word om die hof toe te spreek voordat uitspraak gelewer word.
deur getuienis te bewaar;
Beamptes van onderwysdienste sal -
stappe sal doen, veral in die geval van seksuele misdrywe en huishoudelike geweld, om te verseker dat, waar moontlik, die saak dwarsdeur die verrigtinge deur net een aanklaer hanteer word;
wanneer u in die Program opgeneem word, u in 'n veilige plek geplaas sal word en u onder geen omstandighede u adres aan enigiemand mag verstrek nie, selfs nie aan familielede nie;
c. indien 'n tolk beskikbaar is en u verlang dat u verklaring vir u voorgelees word in 'n taal wat u verstaan voordat u dit bevestig deur u handtekening of duimafdruk, 'n tolk vir di doel gebruik sal word;
u sal inlig dat, as die beskuldigde voor die hof jonger as 18 jaar is, u moontlik nie toegelaat sal word om die verhoor by te woon nie tensy u teenwoordigheid noodsaaklik is of deur die hof gemagtig is; of waar 'n getuie jonger as 18 jaar is, dat u nie toegelaat sal word om na die getuienis van daardie getuie te luister nie;
u sal versoek om enige inligting bekend te maak rakende 'n besluit in verband met die vrylating van die beskuldigde op borgtog, byvoorbeeld dat die beskuldigde inmeng met getuienis of getuies, of dat die beskuldigde u of u familie intimideer of dreig, of dat die beskuldigde die verhoor gaan ontduik; en indien gepas, dat die aanklaer u sal roep om in di verband te getuig by die borgtogverhoor;
die voorsittende beampte, as 'n tussenganger aangestel is, sal verseker dat alle vrae wat aan u gestel word, deur middel van die tussenganger gestel word;
Die reg op herstel 31
As iemand 'n misdaad gepleeg het 3
indien u besef dat u verklaring onvolledig of foutief is, u toegelaat sal word om u aanvanklike verklaring te verander of aan te vul of om 'n verdere verklaring af te l;
Veral in sake van verkragting en seksuele mishandeling kan die Paroolraad bepalings in die beskuldigde se paroolvoorwaardes insluit as dit nodig blyk om te voorkom dat hy of sy ongewenste kontak met u maak.
'n Beskuldigde kan appelleer teen 'n skuldigbevinding/of die vonnis wat die hof opgel het. Indien 'n appl aangeteken word, kan u die aanklaer in die oorspronklike saak, of die staatsadvokaat wat die appl hanteer, versoek om op hoogte gehou te word van verdere ontwikkelings in die saak, byvoorbeeld die datum wat bepaal is vir die applverhoor, of borgtog aan die beskuldigde toegestaan is, en die resultaat van die appl.
Indien u van mening is dat die vonnis te toegeeflik is, kan u dit met die Senior of Beheeraanklaer bespreek, wat kan besluit om dit onder die aandag van die betrokke Direkteur van Openbare Vervolging te bring. Die Direkteur van Openbare Vervolging kan teen die vonnis applleer. Die appl moet binne 'n vasgestelde tydperk aangeteken word.
Tel.: 315 1670
Die hof waar die saak hanteer is, kan die meeste klagtes oplos. As u 'n klagte het, kan u skryf aan of 'n afspraak met die senior staatsaanklaer by die hof wat die saak hanteer het. As die plaaslike aanklaerskantoor egter nie tot u tevredenheid aandag aan u klagte gee nie, kan u by die hoofaanklaer in die gebied kla. As u klagte steeds nie bevredigend hanteer word nie, kan u by die Direkteur van Openbare Vervolging in die gebied kla. Hy of sy sal 'n onafhanklike ondersoek instel. As die klagte dan nog nie bevredigend hanteer is nie, kan u die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging nader.
maatrels getref sal word om enige ongerief vir u tot die minimum te beperk;
in staat sal wees om u vrae oor hofprosedures te hanteer en as daar vertragings is, vir u sal kan s min of meer hoe lank u sal moet wag voordat u moet getuig;
sal 'n verantwoordelike beampte te alle tye verseker dat enige eiendom wat aan u behoort en wat vir doeleindes van bewyslewering gehou word, in goeie toestand gehou word en aan u terugbesorg word sodra dit nie meer nodig is nie; en as u die klaer in 'n saak van gesinsgeweld is en dit vir 'n polisiebeampte blyk dat daar redelike gronde is dat u bedreig kan word as gevolg van 'n oortreding van die beskermingsbevel deur die respondent-
kan u 'n bedigde verklaring aan die polisie afl waarin die omstandighede van die skending deur die respondent geskets word; en sal die polisiebeampte die respondent onmiddellik in hegtenis neem vir die oortreding van 'n verbod ingestel deur die hof kragtens artikel 7 van die Wet op Gesinsgeweld, No. 116 van 1998.
u sal toelaat om 'n skriftelike aansoek aan die voorsitter van die Korrektiewe Toesig en Paroolraad te rig om die paroolverhoor by te woon, en dat die voorsitter u in kennis sal stel van die tyd, datum en plek van die verhoor; en indien u die verhoor van die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad bywoon, u sal toelaat om u inset mondeling tydens die verhoor te gee of 'n skriftelike inset te lewer.
As die oortreder tot gevangenisstraf gevonnis is, sal die Departement van Korrektiewe Dienste:
Departement van Onderwys
u versoek sal word om in te stem tot 'n mediese ondersoek of behandeling, maar dat u ingelig sal word dat u enige mediese aandag of sielkundige steun kan weier, in welke geval die gevolge daarvan aan u verduidelik sal word.
Die ondersoekbeampte, die senior staatsaanklaer of 'n verteenwoordiger van die Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging sal seker maak (na 'n behoorlike eerste assessering en waar daar aan sekere vereistes voldoen word) dat u op 'n getuiebeskermingsprogram geplaas word indien daar 'n moontlikheid bestaan dat u gentimideer sal word.
die misdaad ondersoek sal word;
Die reg om inligting aan te bied
U kan verwag dat die polisie u sal bystaan -
deur u in te lig oor u regte;
As u klagte oor 'n beampte van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling handel, kan u aan die hoof van die betrokke kantoor skryf. As u ontevrede is met die reaksie, kan u aan die hoof van die streekkantoor of provinsiale kantoor skryf, asook die nasionale kantoor.
In elke geval waar die beskuldigde op parool vrygelaat word, sal die Paroolraad voorwaardes aan die vrylating van die beskuldigde heg indien die Raad dit in u belang ag.
die aard en doel van u verklaring;
Ofskoon die rolspelers in die strafregstelsel sal poog om te verseker dat die onaangename gevolge van die misdaad nie vererger word deur wat later gebeur nie en sal probeer om u billik en hoflik te behandel en goeie diens aan u te lewer, kan dinge soms skeefloop. U kan dalk voel dat die dienste wat u ontvang het, nie voldoen aan die standaarde wat u redelikerwys verwag het nie. Hierdie afdeling verduidelik hoe om 'n klagte aanhangig te maak en bevat ook 'n adreslys met belangrike kontaknommers.
Die reg op bystand
As u klagte oor 'n beampte van Korrektiewe Dienste handel, kan u dit skriftelik aan die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste of die inspekterende regter stel. By ontvangs van u skriftelike klagte sal die Kommissaris dit na die betrokke kantoor verwys vir aandag.
As die saak hof toe gaan, kan u verwag dat:
As u 'n getuie in die hof moet wees:
Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling betuig graag sy opregte waardering vir die bydrae tot die ontwikkeling van hierdie dokument deur verskeie nieregeringsorganisasies.
waar moontlik en op u versoek, u sal toelaat om 'n hofsaal te sien voordat die saak begin, sodat u weet wat om te verwag; en sal verseker dat duidelike aanwysings in die hof verskaf word en vir u aanwysings na die hofsaal sal gee. Waar beskikbaar, sal die Hulp/Inligting/Adviestoonbank u inlig oor die hofsaal waar u getuienis aangehoor sal word;
Die reg op herstel
die aanklaer en die polisie u sal inlig dat, as u jonger as 18 jaar is en getuienislewering by die verhoor vir u oormatige geestespanning of lyding sal veroorsaak, die hof op aansoek deur die aanklaer 'n tussenganger (persoon wat as tussenganger optree) kan aanstel om u in staat te stel om u getuienis te lewer deur bemiddeling van daardie tussenganger of kan gelas dat u getuig deur die gebruik van 'n geslotebaantelevisie;
u sal beskerm teen oormatig aggressiewe, skadelike en vernederende kruisondervraging; en u sal inlig oor die uitkoms van die saak en of daar 'n appl is teen die skuldigbevinding of vonnis.
As u bystand nodig het:
As u meer inligting verlang oor enige kwessie wat in hierdie dokument vervat is, kan u die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling se Gelsagsgelykheids Direktoraat by die volgende nommers skakel:
Die Departement van Maatskaplike Dienste en ander verskaffers van maatskaplike dienste sal, indien beskikbaar, emosionele en praktiese steundienste lewer, wat hofvoorbereidingsprogramme kan insluit.
indien moontlik, voor die verhoor saam met u na die hof sal gaan om u vertroud te maak met die hofsaal en sy omgewing; en steun en berading vir u sal aanbied of u na professionele berading en steundienste sal verwys.
die polisie u sal vra vir besonderhede van u verlies, skade of besering en dat dit aangeteken sal word;
Die reg om met billikheid en met respek vir waardigheid en privaatheid behandel te word
Indien die saak hof toe gaan, kan u verwag dat die aanklaer:
die moontlikheid om op u eie koste 'n private vervolging in te stel indien die Direkteur van Openbare Vervolging weier om in die saak te vervolg; en op versoek, die besonderhede rakende die volgende:
Wanneer 'n misdaad by die polisie aangemeld is -
As 'n misdaad aangemeld is, kan u verwag dat die polisie u sal inlig oor:
deur polisieprosedures te verduidelik;
As u moet getuig, kan u in sekere gevalle 'n vriend of ondersteuner vra om saam met u na die hof te gaan. Nadat u getuig het, sal u meegedeel word of u die hof kan verlaat. U kan die res van die verrigtinge bywoon as u wil.
Die volgende verskaf -
Na skuldigbevinding:
Die aanklaer sal sy of haar bes doen om seker te maak dat u so gou moontlik geroep word om te getuig. Die aanklaer wat aan u saak toegewys is, sal indien nodig met u oorleg pleeg voordat u geroep word om te getuig. Soms is daar egter vertragings. U moet seker maak dat u betyds by die hof kom. U moet die aanklaer laat weet as u gaan laat kom of as u nie die hof op die bepaalde datum sal kan bywoon nie.
As die klagte steeds nie tot u tevredenheid hanteer is nie, kan u die Kantoor van die Openbare Beskermer nader.
berading en praktiese ondersteuning verskaf;
As die saak hof toe gaan, kan u verwag dat -
Die hofpersoneel -
Die reg op vergoeding 29
wanneer nodig, aan u 'n geleentheid sal bied vir behoorlike oorlegpleging voor besluite oor die saak;
sal verseker dat die verhoorverrigtinge plaasvind op 'n wyse wat nie u reg op billike behandeling en respek vir u waardigheid en privaatheid skend nie;
U kan verwag dat al die rolspelers in die strafregstelsel u billik, met respek vir u waardigheid en privaatheid en op 'n sensitiewe wyse sal behandel.
As die klagte steeds nie bevredigend hanteer is nie, kan u die LUR vir Onderwys of die nasionale Departement van Onderwys nader.
'n volledige evaluering van u liggaamlike, emosionele en sielkundige toestand gedoen sal word;
u op versoek inlig oor tersaaklike skoolgebaseerde slagofferdienste wat in die gebied beskikbaar is.
Herstel" beteken gevalle waar hof na 'n skuldigbevinding beskuldigde gelas om die eiendom of goedere wat wederregtelik van u geneem is of wat wederregtelik beskadig is, aan u terug te besorg ten einde die posisie te herstel waarin u voor die pleging van die misdryf was.
indien die bedreiging bevestig word, u 'n ooreenkoms met die Getuiebeskermingseenheid sal moet aangaan voordat u in die Getuiebeskermingsprogram opgeneem sal word;
Die bepalings vervat in die Minimumstandaarde is van toepassing op alle slagoffers sonder benadeling van enige aard op grond van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georinteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal of geboorte, soos uiteengesit in artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996).
Voordat die vonnis gevel word, kan die voorsittende beampte, die aanklaer of die verdediging versoek dat 'n proefbeampte of ander kundige persoon 'n verslag opstel oor u of die beskuldigde. Die verslag kan 'n evaluering insluit van die uitwerking wat die misdaad op u gehad het. Die inligting kan verkry word uit die verklaring wat u aan die polisie gemaak het, of die proefbeampte kan 'n persoonlike onderhoud met u voer of u kan versoek word om te getuig in die vonnisopleggingstadium.
Beamptes van Korrektiewe Dienste:
hulp om u die hofproses te laat verstaan;
'n verduideliking aan u wat in die hof gaan gebeur as u as 'n getuie geroep word;
u so gou moontlik sal roep om te getuig, en as daar enige vertraging is, dat die aanklaer wat aan u saak toegewys is, u sal inlig waarom daar 'n vertraging is en hoe lank u waarskynlik sal moet wag; en u 'n geleentheid sal gee om u geheue te verfris, u verklaring te lees en, waar nodig, met u oorleg te pleeg;
'n polisiebeampte u verklaring sal afneem en die nodige vorms sal invul om die misdaad te registreer;
daar voorsiening gemaak kan word vir die betaling van toelaes terwyl u in die Program is, soos deur die Wet op die Beskerming van Getuies en die regulasies bepaal;
Indien die saak hof toe gaan, kan u verwag dat:
Wanneer die vonnis uitgevoer word:
As u steeds nie tevrede is nie met die reaksie wat u van 'n staatsamptenaar gekry het, kan u ook met die Raad vir Maatskaplikediensberoepe of die kantoor van die Openbare Beskermer skakel.
'n beskrywing aan u van wie in die hof gaan wees en watter rol hulle gaan speel, asook hulp sodat u die hof kan kry; en iv. voorbereiding vir u om getuienis in die hof te lewer en bevordering van oorlegpleging met die aanklaer.
u sal inlig oor uitkoms van die borgtogverrigtinge en oor enige spesiale borgtogvoorwaardes wat gestel is, en die implikasies van sulke borgtogvoorwaardes sal verduidelik;
persone met gestremdhede die nodige ondersteuning gegee sal word, waar beskikbaar;
Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling
Die Minimumstandaarde vir Dienste vir Slagoffers van Misdaad (die "Minimumstandaarde") is 'n inligtingsdokument wat ontwikkel is om u regte soos vervat in die Dienshandves vir Slagoffers van Misdaad in Suid-Afrika (die "Handves"), verder te verduidelik en om hierdie regte 'n werklikheid te maak. Die Slagoffershandves, saam met die Minimumstandaarde, het ten doel inligting te voorsien rakende die regering se verbintenis tot die verbetering van dienslewering aan slagoffers van misdaad. Die Minimumstandaarde poog om die minimumstandaarde vir dienste wat aan slagoffers van misdaad gelewer word, te verduidelik. Die Minimumstandaarde skets nie net basiese regte en beginsels nie, maar verstrek ook gedetailleerde inligting om u in staat te stel om u regte uit te oefen en om diensverskaffers in staat te stel om u regte te handhaaf soos in die Handves verduidelik. Dit kan geskied deur Minimum Standaarde uiteen te sit wat u van diensverskaffers verwag. Die Minimumstandaarde sal u help om almal wat by die strafregstelsel betrokke is, aanspreeklik te hou om te verseker dat u gepaste bystand en dienste ontvang.
b. indien u nie kan lees nie, u die polisie moet laat weet, in welke geval die polisiebeampte die verklaring aan u sal voorlees en u sal vra om die inhoud daarvan te bevestig deur dit te onderteken of deur u duimafdruk daarop aan te bring;
U kan ook, as u jonger as 18 is en as die voorsittende beampte (d.i. die landdros of regter) van mening is dat u onredelike geestelike spanning of lyding sal ondervind deur tydens die verhoor te getuig, deur 'n tussenganger bygestaan word en deur middel van geslotebaantelevisie getuienis lewer.
As u bystand nodig het 9
Van maatskaplikediensverskaffers en vrywilligers kan u verwag dat:
Die aanklaer sal u belange in aanmerking neem by enige van hierdie besluite en kan ook besluit om die aanklagte te verander, afhangende van die feite van die saak.
Die verhoordatum en die finale uitkoms j. Die datum van vonnisoplegging en die uitkoms k. Of die beskuldigde appl aangeteken het teen die skuldigbevinding of vonnis en die uitkoms van die appl l. Hoe en wanneer gekonfiskeerde eiendom teruggeis kan word m. Watter dienste beskikbaar is om in u besondere behoeftes te voorsien en hoe om van hierdie dienste gebruik te maak.
