Ek, Brigitte Sylvia Mabandla, Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, kragtens artikel 92 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000), vaardig hiermee die regulasies in die Bylae uit.
Vrywillige openbaarmaking en automatiese beskikbaarheid van sekere rekords: openbare liggaam
Die volgende regulasie word hierby na regulasie 9 van die Regulasies ingevoeg:
Invoeging van Regulasie 9A in die Regulasies
a die kategorie rekords van die liggaam wat outomaties beskikbaar is sonder dat 'n persoon toegang ingevolge die Wet hoef te versoek; en b hoe om toegang tot sodanige rekords te verkry, soos in artikel 52 van die Wet bedoel, moet wesenlik ooreenstem met Vorm E van Aanhangsel B.".
Vrywillige openbaarmaking en automatiese beskikbaarheid van sekere rekords: privaat liggaam
A. 'n Voorlegging deur die hoof van 'n privaat liggaam van 'n beskrywing van -
a die kategorie rekords van die liggaam wat outomaties beskikbaar is sonder dat 'n persoon toegang ingevolge die Wet hoef te versoek; en b hoe om toegang tot sodanige rekords te verkry, soos in artikel 15 van die Wet bedoel, moet wesenlik ooreenstem met Vorm D van Aanhangsel B.".
Artikel 15 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000
Invoeging van Regulasie 5A in die Regulasies
Wysiging van Aanhangsel B van die Regulasies
In hierdie regulasies beteken "die Regulasies" die Regulasies uitgevaardig deur Goewermentskennisgewing No. R. 187 van 15 Februarie 2002, soos gewysig deur Goewermentskennisgewings Nos. R. 1244 van 5 September 2003 en R. 990 van 13 Oktober 2006.
Die volgende vorms word hierby na Vorm C van Aanhangsel B ingevoeg:
Artikel 52 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000
Die volgende regulasie word hierby na regulasie 5 van die Regulasies ingevoeg:
A. 'n Voorlegging deur die inligtingsbeampte van 'n openbare liggaam van 'n beskrywing van -
