Dit word weereens beklemtoon dat alle bewegings van perde, muile, donkies en sebras na en binne die Afrika Perdesiekte beheer areas in die Wes-Kaap moet steeds voldoen aan die protokol vereistes wat in plek was voordat die verbod ingestel was. Die besonderhede van hierdie vereistes kan verkry word van die naaste Staatsveearts of die Staatsveearts, Boland by telefoon 021 808 5026 gedurende kantoor-ure. Die protokol het ten doel om die verspreiding van Afrika Perdesiekte na die Wes-Kaap te voorkom.
Ek wil graag die betrokke amptenare van die depat. bedank vir hulle toewyding asook eienaars van perde vir hulle samewerking om die siekte hok te slaan.
Navrae:
Aan die begin van April 2006 was 'n verbod geplaas op die bewegings van perde, muile, donkies en sebras in die Worcester en Robertson magistraatdistrikte. Die doel van hierdie verbod was om 'n uitbreek van Afrika Perdesiekte op die grens tussen die distrikte se verspreiding te beperk. Aangesien die laaste gevalle van die siekte vier weke gelede gediagnoseer is Veeartsenydiens van die Wes-Kaapse Departement Landbou nou in 'n posisie om hierdie verbod vanaf Vrydag 14 Julie 2006 op te hef.
Met die samewerking van alle rolspelers, en in die besonder eienaars van perde, was dit moontlik om die uitbreek tot 'n relatief klein area in die Worcester en Roberson distrikte te beperk. Die Departement Landbou waardeer die samewerking wat verleen was terwyl die verbod op die bewegings van die diere in plek was.
Tel: 021 483 4930
