Volgriep het Geringe Effek op Uitvoer van Vleis
As deel van die beheer maatrels om verspreiding van die siekte te verhoed word 'n tydelike verbod geplaas op die beweging van volstruise en alle pluimvee in die area is tussen die N2 nasionale pad in die suide en die Langeberg / Outinikwa berg reekse in die noorde en die R323 tussen die N2 by Riversdal en die Garciapas en die R328 tussen die N2 by Hartenbos en die Robinsonpas in die weste en ooste onderskeidelik. Geen bewegings deur of vanuit die area mag plaasvind nie en ook geen bewegings tussen persele binne die area nie.
Dit word weereens beklemtoon dat die virus geensins mense aantas nie en alle beskikbare kommersile volstruis en pluimvee produkte dus veilig is vir menslike gebruik. Normale slag van volstruise van buite die area gaan voort. Volstruise afkomstig vanuit die Mosselbaai en Riversdal Landdrosdistrikte word egter nie vir uitvoer doeleindes geslag nie.
Navrae:
Alhoewel die paaie hierbo genoem die grense van die area is vorm hulle nie deel van die area nie. Bewegings van volstruise en pluimvee op hierdie paaie mag dus plaasvind op voorwaarde dat die bewegings nie in die genoemde area begin nie.
Verskeie maatrels en aksies is geloods om die Volgriep in volstruise, wat noord van Albertinia tussen Mosselbaai en Riversdale opgespoor is, se verspreiding te beperk. Na verdere toetse om die omvang van die uitbreek te bepaal sal dan oorgegaan word tot stappe om die siekte uit te roei. Die virus verantwoordelik vir die uitbreek is getipeer as H5N2 en is nie verwant aan die virus wat mense in Asi, Europa en Noord-Afrika aangetas het nie. Sovr bekend hou hierdie virus tipe geen gevaar in vir mense nie.
Daar word verwag dat, met die volle samewerking van alle rolspelers, die uitbreek beperk sal bly en dat die siekte gou uit die besmette fokus geelimineer sal word.
Tel: 021 483 4930
