Tel: 483 5461
Die Wes-Kaap kan dit nie bekostig om die verantwoordelikheid te ignoreer om inwoners e-geletterdheidsvernuf te gee nie; die gevaar bestaan om verder in die globale inligtinggemeenskap agter te raak as dit nie gedoen word nie.
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheid-loodsprojek is op 17 Maart 2005 afgeskop met die ondertekening van 'n ooreenkoms tussen die provinsiale regering en bridges.org, 'n nie-regeringsorganisasie wat die doeltreffende gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in ontwikkelende lande bevorder om 'n verskil in mense se lewens te maak.
Provinsiale Regering van die Wes-Kaap Stel 'n e-Geletterdheidsprojek Bekend
Sel: 083 324 4043
As e-geletterdheid nie aandag kry nie, word die digitale kloof al hoe wyer: diegene met toegang en vernuf trek voordeel uit tegnologie en toegang tot inligting, terwyl diegene daarsonder al hoe meer opsygeskuif word (dit wil s uitgesluit word uit werksgeleenthede, en van deelname aan regeringsprosesse en die openbare gesprek oor die kwessies wat hulle lewens raak).
Katherine de Tolly en Dr Harold Wesso - Sentrum vir e-innovering; Seated: Dr Gilbert Lawrence - Direkteur-Generaal, Philipp Schmidt en Edwin Blake - bridges.org e-Geletterdheid werk aan die kombinasie van rekenaargeletterdheid en inligtingsgeletterdheid. "Dit beteken dat ons nie net mense leer hoe om rekenaars te gebruik nie; ons wys hulle ook hoe om IKT's te gebruik om toegang te kry tot inligting en kennis en hoe om dit op te wek en te beoordeel", s Katherine de Tolly, die aanvoerder van die projek. "e-Geletterdheid is belangrik omdat ons in 'n era leef waarin mense al hoe meer di vaardighede moet h om deel van die ekonomie te wees."
Met die iKapa Elihlumayo-strategie wys die provinsiale regering hoe ernstig hy is oor die uitbou van menslike en sosiale kapitaal, met die klem op die voorbereiding van die jeug vir indiensneming. Met di e-geletterdheidprojek maak ons op 'n baie praktiese manier 'n werklikheid van di erns", is die kommentaar van Dr Harold Wesso, die hoof van die Sentrum vir e-Vernuwing, die provinsiale regering se eenheid wat die projek beheer.
Die opleidingsmateriaal sal as oop inhoud gepubliseer word, wat beteken dat enigeen dit kan gebruik en aanpas, of dit nou nie-regeringsorganisasies, ander regerings, ondernemings of indiwidue is.
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheidsprojek sal toegespits wees op die ontwikkeling van opleidingsmateriaal en die gee van onderrig by verskeie plattelandse Internettoegangspunte in die Wes-Kaap. Gegrond op lesse wat in die aanvanklike opleidingsessies geleer word, sal 'n strategie vir e-geletterdheid met 'n bre grondslag oor die hele provinsie ontwikkel word.
