Die vergadering het besluit dat die munisipaliteit versoek word om nie die moratorium op visvang op te hef nie, maar om dit met 'n algehele verbod op die vang van vis in die damme te vervang.
Stad Verbied Visvang in die Sonstraal en Vygeboom Damme in Durbanville
Alhoewel die botulisme tans onder beheer blyk te wees, was die aanwesiges by die vergadering dit eens dat die vang van vis in die damme lei tot die onnodige besering van die watervols. Vols wat in vislyn verstrengel raak en selfs met vishoeke in hul snawels, word dikwels in en om die damme aangetref.
Die onlangse uitbreek van vol botulisme, algemeen bekend as volgriep, in die Sonstraal en Vygeboom damme wat gelei het tot die instel van 'n moratorium op visvang in die betrokke damme, is Dinsdagaand 8 Maart 2005 tydens 'n openbare vergadering in die Durbanville Raadsaal bespreek.
Geen visvang word dus in die toekoms in die damme toegelaat nie en kennisgewingborde wat dit aandui, sal by die damme opgerig word. Wetstoepassing sal die gebied meer gereeld patrolleer om te verseker dat gehoor gegee word aan die verbod.
Die Direktoraat: Stad Parke en Natuurbewaring het die versoek oorweeg en het as gevolg van die talle probleme wat weens visvang by die damme ondervind word, besluit om 'n algehele verbod op die vang van vis in te stel.
Die vergadering het onder voorsitterskap van Raadslid Koos Bredenhand, Voorsitter van die Koeberg Subraad, plaasgevind. Dit is deur die wyksraadlid, Raadslid Danetta Smit en 18 lede van die gemeenskap bygewoon. Verskeie amptenare van die Stad Kaapstad, asook 'n amptenaar van Kaapse Natuurbewaring was ook teenwoordig.
