Kontak: Die Kommunikasie Direktoraat
Die antiretrovirale behandelingsprogram staan 'n gesinsbenadering tot die voorsiening van antiretrovirale terapie vir die gemeenskap voor deur te bou op die bestaande MIV-sorgnetwerk. Dit identifiseer geskikte MIV-genfekteerde individue vir ARV-terapie, en volg ook hul maats op ten einde sodoende lewenslange ARV-terapie te bied.
Uitgereik deur:
Die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Gesondheid
Die program is daarop gemik om behandeling te verskaf aan mense wat met MIV genfekteer is en swanger vroue wat deur omliggende klinieke en die Vroedvrou Obstetriese Eenheid (VOE) in Gugulethu daarheen verwys word. Die sentraal gele sentrum kan dus funksioneer as 'n behandelings- en 'n opleidingsentrum.
Tel: +27 21 483 3235/ 483 3716/ 483 3245
Teen die einde van Januarie 2005 het die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Gesondheid 6 660 pasinte by 31 terreine oor die provinsie heen op antiretrovirale behandeling gehad. Daardeur is die doelwit wat vir die huidige boekjaar gestel is, verbygesteek.
