Die wet maak voorsiening vir die instelling van die Bestemmingbemarkingsorganisasie. Dit maak ook voorsiening vir die samestelling, bevoegdhede en funksies daarvan asook die bevordering van toerisme en die verwante ekonomiese ontwikkeling van die Wes-Kaap. Die wet heroep die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997, en maak voorsiening vir sake wat daarmee in verband staan. 
Wette deur nasionale en provinsiale parlement opgestel. Die wetgewing word hier volgens die spesifieke jaar gelys.
Wette: 2004
Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 2004
Nota: Hierdie is nie 'n volledige lys van alle wetgewing nie. Besoek asseblief vir 'n meer omvattende inskrywing die SA Regeringswebwerf en Polity.org.za
