As 'n aangenome kind, kan jy met 'n soektog na jou biologiese ouers begin indien jy 18 jaar oud is. Indien jy tussen 18 en 21 is, sal jy jou aanneemouers se skriftelike toestemming nodig h. Indien jy ouer as 21 is, kan jy die soektog sonder jou aanneemouers se toestemming onderneem.
Kinders en Gesinne
die instemmingsvorm die aanneemouers se aansoek die maatskaplike werker se verslag oor die aanneemouers die maatskaplike werker se verslag oor die biologiese ouers (indien dit bestaan)
Voordat jy met die soektog kan begin, sal jy berading deur 'n maatskaplike werker ontvang.
Om 'n kind te laat aanneem (Diens)
Om nadere besonderhede, skakel die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Hoe inligting oor biologiese ouers verkry word
Die Registrateur kan na goeddunke spesifieke inligting rakende 'n aanneming aan enige persoon verskaf. Maar die identiteit van die betrokkenes kan nie bekend gemaak word nie. Mediese inligting kan, byvoorbeeld, aan 'n geneesheer beskikbaar gestel word.
Biologiese ouers kan slegs toegang tot die aannemingsrekords verkry indien die aanneemouers en die kind hul skriftelike toestemming verleen. Indien hulle weier, kan die biologiese ouers hul besonderhede in die ler laat sodat hulle gekontak kan word indien die aanneemouers of kind van besluit verander.
Aannemingsrekords word vir 70 jaar gehou en is die eerste bron van inligting. Die rekords word by die Registrateur van Aannemings in Pretoria gehou. Die volgende rekords word gehou:
Registrasie van aanneming (Diens)
