Hoe inligting oor biologiese ouers verkry word (Diens)
Wanneer jy 'n kind laat aanneem, word alle regte en verpligtinge tussen die kind en sy natuurlike ouers beindig. 'n Aanneming is geheel en al finaal wanneer die aannemingsbevel gefinaliseer word, wat 60 dae nadat die kind sy intrek by die aanneemfamilie geneem het, gebeur.
Indien die ouers nie getroud is nie, moet die moeder eers die biologiese vader se instemming kry indien sy die kind wil laat aanneem. Sy hoef dit egter net te doen as die swangerskap nie die gevolg van geweld was nie, en as die vader skriftelik erken dat hy die vader is en sy identiteit en adres beskikbaar stel.
Kinders en Gesinne
Om 'n kind te laat aanneem is 'n moeilike ding om te doen en aannemingsagentskappe sal ondersteuningsdienste verleen om jou by te staan. Sodanige dienste kan berading en selfs huisvesting insluit.
Om nadere besonderhede te verkry, tree in verbinding met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of met 'n aannemingsagentskap in jou gebied.
Om 'n kind te laat aanneem
Alvorens 'n wettige aanneming kan plaasvind, moet die biologiese ouers instem tot die aanneming. Beide die moeder en die vader moet die instemmingsvorm onderteken.
Registrasie van aanneming (Diens)
