Om hierdie diens te gebruik, skakel die Metropolitaanse Vervoerinligtingsentrum by 0800 65 64 63 of vul die aanlynvorm in.
Gehoor- en Spraakdienste (Diens)
Vervoer vir Spesiale Behoeftes
Kaapstad Munisipaliteit het hierdie openbarevervoerdiens vir dowes ingestel. Dit stel mense met gehoorgestremdheid in staat om inligting oor openbare vervoer, soos bus- en treinroosters, roetes en bestemmings oor die telefoon deur die gebruik van 'n Telkomtoestel met die naam Teldem te bekom. Die inligting is 24 uur, 7 dae per week beskikbaar.
Vervoerinligting vir Gehoorgestremdes
