Andersins kan u u lisensiehernuwingsvorm (vorm MVL2) toon indien u een het. Hierdie kennisgewings word elke maand aan alle motorvoertuigeienaars wie se voertuiglisensies binnekort gaan verval, gepos.
Volgens wet moet 'n voertuig jaarliks gelisensieer word. Dit is die plig van die voertuigeienaar om seker te maak dat die lisensie hernu word voordat dit verval. Indien die lisensie nie hernu is nie, is u aanspreeklik vir betaling van laatbetalingboetes.Daar is 'n grasietydperk van 21 dae na die vervaldatum van die voertuig se lisensie waarin die lisensie hernu kan word sonder om 'n boete te betaal.
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die lisensiegeld hang af van die voertuig se gewig.
Skakel Michael Gallant by Motorvoertuigadministrasie by 021 483 2058 of u naaste motorvoertuigregistrasiesentrum om meer besonderhede.
Om 'n voertuig te lisensieer, moet vorm ALV by 'n motorvoertuigregistrasiesentrum ingevul word en saam met u identiteitsdokument, die toepaslike bedrag en enige boetes en agterstallige lisensiegeld ingedien word.
Lisensies, Permitte en Sertifikate
