Die WKOD se Direktoraat: Gespesialiseerde Steundienste bied 'n reeks dienste aan vir leerders wat leerhindernisse ondervind. Die dienste sluit in:
Maatskaplike Kwessies wat Skole Raak
voorkoming van leerprobleme vroe opsporing van leerprobleme en vroe ingryping gespesialiseerde steundienste, wat sielkundige, terapeutiese, gesondheid en maatskaplike dienste insluit onderwysprogramme vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes in beide hoofstroomskole en in skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes
Spesialis- onderwyssteundienste (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die direktoraat bestuur 77 skole in die provinsie vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (ELSEN). ELSEN-spesialiste werk ook in Onderwysbestuur- en Ontwikkelingsentrums (OBOS'se) in al sewe die onderwysdistrikte van die Wes-Kaap.
Skole vir Spesiale Behoeftes
Tel: 021 467 2072/8
Tree vir meer inligting in verbinding met jou naaste OBOS of:
Faks: 021 425 7465
