n Vroe-waarskuwingstelsel, gemik op die uitken van kinders en gesinne wat veral kwesbaar kan wees, word in alle skole ingestel. Alles word in die klaskamer in die stryd gewerp om te keer dat emosionele en/of gedragsprobleme voorkom of vererger.
Spesiale jeugsorg en -onderwyssentrums
Daar is vier Jeugsorg- en Onderwyssentrums in die Wes-Kaap:
Lewensvaardighede-opleiding vir Jongmense (Diens)
Die veiligheid, onderwys en ontwikkeling van die leerders te verseker.
Daar is twee sulke jeugsentrums in die Wes-Kaap:
Maatskaplike Kwessies wat Skole Raak
Ingryping by Risiko-jeugdiges
Voorkoming in alle skole
Waar die leerder nie genoeg baat vind by die steunprogram nie , kan verwysing na 'n inwonende of ontwikkelingsprogram by 'n jeugsorg en onderwyssentrum oorweeg word. Die beginsel van die gebruik van die mins beperkende en meer bemagtigende (normatiewe) omgewing is regdeur die stelsel van toepassing.
Die vyf vlakke van steun is:
In die Wes-Kaap is daar vyf vlakke van steun om sulke probleme te voorkom of te hanteer. Die tipe steun en die beperkings wat die leerder opgel kan word hang af van die aard van die probleem. Ingrypings sluit opvoedkundige, terapeutiese en/of inwonende steundienste in.
Spesiale sorg word verskaf vir jongmense wat met die gereg bots of ernstige emosionele ontwrigting ervaar en wat dalk fisies, emosioneel en/of wat gedrag betref ingeperk moet word. Jongmense word na die sentrums verwys deur die howe kragtens die relevante wetgewing vir verpligte verblyf.
Spesialis- onderwyssteundienste (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Jongmense word kragtens die relevante wetgewing na die sentrums verwys. Die sentrums verskaf verblyf en 'n gestruktureerde program. Die raamwerk vir 'n goeie praktyk in di instellings is gegrond op die standaarde wat neergel is deur die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind.
Die doel met die standaarde is om :
Tel: 021 467 2027
Elke jongmens kry 'n indiwiduele ontwikkelingsplan om hom of haar te help om gerehabiliteer te word. 'n Sielkundige, arbeidsterapeut, professionele verpler en maatskaplike werkers is by die sentrum vir konsultasie beskikbaar. Die opvoeders is spesiaal opgelei in kindersorgteorie en -praktyk.
Die kapasiteit van opvoeders en skoolhoofde te bou om die uitdagings te bowe te kan kom van die hantering van leerders wat emosionele en/of gedragsversperrings tot hulle ontwikkeling ervaar of die gevaar daarvan loop.
Skoolgebaseerde steunprogramme, jeugontwikkelingsprogramme en opsetlike ingryping word verskaf vir leerders wat uitgeken word as kwesbaar vir skorsing uit die skool, uitplasing weg van die huis af, of toetrede tot die strafregtelike regstelsel, en vir wie tydelike onttrekking uit die klaskamer nodig is.
Dienste te verbeter vir leerders wat in gevaar is.
Wat is Familiegroep Konferensies? (Openbare Inligting)
Faks: 021 425 7465
Skool-gebaseerde steunprogramme
Jeugsorg- en onderwyssentrums
Risiko-jeugdiges is leerders wat met probleme sukkel soos dwelm- en/of alkoholmisbruik en met die gereg gebots het. Hulle emosionele en/of gedragsprobleme strem hulle vermo om te leer en te ontwikkel.
Emosionele steun en leiding word verskaf vir leerders wat sukkel met emosionele en/of gedragsversperrings tot leerwerk in die klas.
