Kinders begin gewoonlik met graad 1 in die jaar waarin hulle sewe jaar oud word. Kinders wat gedurende die jaar ses jaar oud word, kan begin skoolgaan indien daar aangetoon kan word dat hulle gereed is vir die skool.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het 'n toets ontwikkel waarmee jonger kinders gesif kan word om vas te stel of hulle gereed is vir die skool. Die Departement het hierdie toets vir die eerste keer in 2002 gebruik.
Toetsing vir Skoolgereedheid
Skakel asseblief vir verdere inligting met jou naaste OBOS.
Die assesseringsproses word deur die Onderwysbestuurs-en-ontwikkelingsentrums (OBOS'e) behartig.
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
