Of daar tans enige beperkings is op die indiensneming in die openbare gesondheidsektor van beroepslui wat burgers van lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is; so nie, wat die posisie in di verband is; so ja, (a) watter beperkings en (b) wat die regverdiging vir di beperkings is;
met betrekking tot die toegestane aansoeke, watter (a) redes hy aanvaarbaar geag het om sodanige aansoeke toe te staan, (b) prosedure gevolg is om die verdienste van di aansoeke te evalueer en (c) rol die Ministerie van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling in die verwerking van di aansoeke gespeel het? NW1887A
of 'n individu ook as 'n SEB-verskaffer kan registreer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1848A
Minister van Finansies ... 435
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister van Waterwese en Bosbou:+
of operateurs van (a) hyskrane en (b) sommige ander hawedienste net een skof per 24 uur werk; so nie, wat die posisie in di verband is; so ja, waarom langer skofte nie ingestel word nie? NW1840A
of die SAPD of enige munisipaliteite enige inspeksie-oudit gedoen het; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en (b) wat die uitslag van elke oudit was? NW1854A
Of hy enige voorsiening vir die duur van 'n sekere persoon naam verstrek se skorsing uit die Pollsmoor-gevangenis gemaak het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of daar (a) 'n toename of (b) 'n afname was in die getal wettige aborsies wat deur persone onder 18 jaar aangevra word;
Dr S M van Dyk (DA) vra die Minister vir Openbare Ondernemings:
of die hospitaal toereikende fasiliteite het om in die behoefte rakende sy dienste te voorsien; so nie, wat die posisie in di verband is? NW1844A
Of ons land vordering maak met betrekking tot die bemagtiging en ontwikkeling van vroue; so nie, wat die posisie in di verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
ten opsigte van elke aansoek om 'n oorsese reis wat sedert 1 Januarie 2005 deur amptenare van die Department van Gesondheid vir .nale goedkeuring voorgel is, wat (a) die doel van die reis was, (b) die totale begrote onkoste van die reis was en (c) haar .nale besluit was;
of (a) daar aan al die vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Nema), Wet 107 van 1998, in die besonder di met betrekking tot openbare deelname, voldoen is in die proses wat daartoe gelei het dat bome op di verhuurde grond afgekap is en (b) die verhuring aanvaarde waarde vir haar departement inhou; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1891A
a sedert 30 April 2005 tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, hoeveel SAPD-lede wat die diens weens aftrede of enige ander rede verlaat het, nog nie hul amptelike vuurwapens ingehandig het nie en b hoeveel vuurwapens tans deur munisipaliteite in elke provinsie besit word;
Ten opsigte van elk van die drie mees onlangse boekjare waarvoor inligting beskikbaar is, (a) wat die begroting van die Mtata-hospitaal in die Oos-Kaap was en (b) watter bedrag aan instandhouding bestee is;
In die lig van die feit dat die mense van Zimbabwe na die leiers van Afrika opsien om 'n einde te bring aan die skending van menseregte en die ekonomiese ineenstorting in hul land, watter verslag aan die leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG gegee is na aanleiding van die SAOG se mandaat aan Suid-Afrika om as bemiddelaar in Zimbabwe op te tree;
Of hy enige stappe gaan doen om toe te sien dat die Registrateur van Banke mense vervolg wat voorgee om banke te bedryf, maar nie geregistreer is nie; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW1861A
of hy beoog om met sy saak vir naamskending teen die gemelde persoon voort te gaan; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, of die gemelde persoon in sy pos herstel sal word; so nie, waarom nie; so ja, wanneer? NW1876A
of die betrokke verslag deur die adjunkkommissaris van polisie in die provinsie goedgekeur is; so ja, of enige stappe teen hom gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW1853A
Waarom 'n nuwe misdaadkategorie, ''algemene verswarende roof'', wat nie voorheen gebruik is nie, ingesluit is terugwerkend van 2001 tot 2006 in die misdaadstatistiek wat sy departement vir die tydperk 2006-2007 vrygestel het;
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 15)--President van die Republiek.+
Mev P de Lille (OD) vra die Minister van Minerale en Energie:+
of hy ingelig is dat di kategorie 'n groot getal mense byvoeg van wie daar vroer nie rekenskap gegee kon word nie; so ja, of die insluiting van di kategorie beteken dat die proses van insameling en ontleding van di statistiek nie in die vorige jare na behore geoudit is nie, aangesien di weglating nie aangeteken is nie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1723A
Of daar voorsiening gemaak is vir (a) straatmense en (b) straatmense sonder identiteitsdokumente ingevolge die huidige behuisingsprogram; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1874A
Of sy'n ondersoek geloods het na die beweringe wat op 12 Augustus 2007 in 'n sekere mediaberig (naam verstrek) gemaak is dat 'n beduidende hoeveelheid mediese toerusting na 'n sekere hospitaal (naam verstrek) vervoer is net voordat haar departementele taakspan gestuur is om die situasie by die hospitaal te ondersoek; so nie, waarom nie; so ja, (a) wie die ondersoek behartig het, b watter soort ondersoek geloods is, c wat die uitslag van die ondersoek was en d hoe opgetree is teen die individue wat betrokke was;
Met verwysing na die kontrak wat in Mei 2007 met Finland gesluit is om 264 gepantserde voertuie (Badgers) te koop, (a) op watter grondslag hierdie besluit geneem is en (b) waarom besluit is om meer te betaal as wat ander lande vir dieselfde voertuig betaal;
Of die Regering enige stappe doen om aandag te skenk aan die sake van belang wat tydens 'n aantal diensleweringsprotesaksies regdeur die land na vore gekom het; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NO1836A
Mev D van der Walt (DA) vra die Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:
of hyskraanoperateurs in hawens bekwaam is om kwaliteit diens te lewer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of 'n reeks billike tariewe bekend gestel kan word vir kontrole oor die nakoming van voorwaardes van SEB op grond van die waarde wat hulle tot ondernemings toevoeg; so nie, waarom nie; so ja, wat 'n reeks billike tariewe sal behels? NW1807A
Of enige oorweging geskenk gaan word aan die wysiging van die Wet op Finansile Advies-en Tussengangerdienste, Wet 37 van 2002; so nie, waarom nie; so ja, in watter opsig (a) skiet die Wet te kort of (b) vereis dit wysiging? NW1860A
Wat die geldwaarde van goedere is wat die afgelope drie boekjare (i) gesteel is, ii verdwyn het of (iii) weggeraak het by al die hawens in Suid-Afrika waar goedere deur Transnet vir in-en uitvoer en/of verskeping gehanteer word, (b) wat dit Transnet aan skadevergoeding gekos het en (c) welke maatrels ingestel is om sulke voorvalle te voorkom? NW1839A
Of die herstruktureringsplan van die SA Lugdiens, soos onlangs berig in 'n koerantartikel (besonderhede verstrek), aan die gang is; so nie, waarom nie; so ja, a wat di plan behels, b wat die tydraamwerke is en c wie vir die projek verantwoordelik is? NW1850A
Interdepartementele oorplasing--15/06
Of, na aanleiding van die Kabinet se halfjaarlikse lekgotla in Julie, die vooruitgang met die inwerkingstelling van die Regering se program van aksie bevredigend is; so nie, (a) waarom nie en (b) watter ingrypmaatrels die lekgotla gedenti.seer het om vooruitgang in di verband te versnel? NO1895A
Of hy 'n ondersoek gaan loods na bewerings van wangedrag wat deur die Onafhanklike Klagtesdirektoraat OKD teen polisiebeamptes by 11 polisiekantore in Kaapstad gemaak is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
Of sy in kennis gestel is van die feit dat antiretrovirale middels wat aan die gemeenskap van Graaff-Reinet en omstreke belowe is, nie voorsien is nie (besonderhede verstrek); so ja, of sy enige stappe gedoen het om die probleem aan te pak; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe? NW1849A
Interdepartementele oorplasing--20/02
of die wet vereis dat almal wat wettige aborsies aanvra deur 'n toepaslik gekwali.seerde praktisyn van raad bedien word; so nie, waarom nie; so ja, of alle vroue wat aborsies wil h berading ontvang; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? N1851A
Of grondbevoordeeldes verplig word om hul produksie-insette van swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappye aan te koop; so nie, wat die posisie in di verband is; so ja, (a) watter persentasie en (b) hoe di SEB-maatskappye uitgewys word;
Of, in die lig van die bevindings voortspruitend uit die taakspan se ondersoek na die Frere-hospitaal in Julie 2007 dat die hospitaal se instandhoudingsbegroting nie voldoende was nie, haar departement landwyd ondersoek ingestel het na instandhoudingsbesteding by staatshospitale om vas te stel of daar 'n patroon van onderbesteding aan instandhouding is; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer, b watter vorm dit aangeneem het, c wat die bevindings is en d watter stappe op grond van di ondersoek gedoen is? NW1845A
Of daar verwag word dat daar gemeenskapsdiens vir verpleegkundiges aan die begin van 2008 ingestel sal word; so nie, wat die posisie in di verband is; so ja, a watter stappe gedoen is om i verpleegkundestudente oor hul gemeenskapsdiensverpligtinge in te lig, ii gemeenskapsdiensposte aan hospitale toe te wys en iii verpleegkundiges die geleentheid te gee om hul verlangde plasings te kies en b watter probleme tot dusver met die implementering van die program ondervind is;
Minister van Gesondheid ... 432, 433, 434Minister van Handel en Nywerheid ... 431, 437Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling ... 437Minister van Korrektiewe Dienste ... 431, 436Minister vir Landbou en Grondsake ... 433Minister van Maatskaplike Ontwikkeling ... 436Minister van Minerale en Energie ... 435, 436Minister van Omgewingsake en Toerisme ... 435, 436Minister vir Openbare Ondernemings ... 432, 434Minister van Veiligheid en Sekuriteit ... 431, 434, 435, 436Minister van Verdediging ... 434Minister van Waterwese en Bosbou ... 437Opsomming van vrae vir skriftelike beantwoording ... 438
Minister van Behuising ... 436
wat die getal a sake teen lede van die SA Polisiediens en b skuldigbevindings vir voorvalle van i dood, ii poging tot moord, iii aanranding en iv verkragting in elke provinsie is? NW1873A
a Watdie redes is vir Transnet se kapasiteitprobleme ten opsigte van vertragings en opeenhopings van goedere tydens die op-en a.aai en vervoer van goedere by Suid-Afrikaanse hawens en b watter maatrels ingestel is om die kapasiteitprobleme by hawens op te los;
of daar 'n (a) openbare proses ten opsigte van benoeming vir die komitee is en b dokument beskikbaar is wat die doel, funksies en werk van di komitee uiteensit; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1857A
Met betrekking tot die voorval by 'n sekere polisiekantoor (naam verstrek) in die Noordweste waarby vuurwapens van die SA Polisiediens betrokke was, wat a die rede was dat die ondersoekspan 'n fout begaan het, b die aard van die fout was en c die besonderhede van die amptelike oorsigproses vir alle vuurwapenondersoekverslae is om noukeurigheid en nakoming te verseker;
Mnr A H Nel (DA) vra die Minister vir Landbou en Grondsake:+
Of daar enige planne is om die probleme wat die klere-en tekstielbedryf in die gesig staar en tot werksverliese lei, in te kort; so nie, waarom nie; so ja, watter planne? NW1773A
ten opsigte van die vyf mees onlangse vermelde boekjare waarvoor inligting beskikbaar is, hoeveel (a) geneeshere en (b) verpleegkundiges wat burgers van
of enige munisipaliteite (a) enige vuurwapens by die SAPD vir vernietiging ingehandig het en (b) gesteelde en/of vermiste vuurwapens by die SAPD aangemeld het; so ja, (i) watter munisipaliteite en (ii) hoeveel vuurwapens in elke geval ingehandig is;
Of daar, met verwysing na 'n sekere mediaverslag (besonderhede verstrek), statistiek beskikbaar is oor die getal persone onder 18 jaar wat hulle by staatsmediese fasiliteite vir wettige aborsies aanmeld; so nie, waarom nie; so ja, wat die statistiek is;
Of die Regering maatrels ingestel het om die invoer van goedere wat deur a dwangarbeid, b kinderarbeid en c nulkoste arbeid van gevangenes vervaardig is, te voorkom; so nie, waarom nie; so ja, wat di maatrels behels? NW1889A
departementele oorplasing--03/08
Met betrekking tot die verhuur van grond deur haar departement aan 'n sekere maatskappy (naam verstrek), (a) wat die verhouding tussen die gemelde maatskappy en 'n sekere entiteit (naam verstrek) is en (b) wie die (i) direkteure en/of (ii) groot aandeelhouers van die gemelde entiteit is;
Dui vertaalde weergawe van die vraag aan.
Met betrekking tot die verhuring van grond deur haar departement aan 'n sekere maatskappy (naam verstrek), (a) wat die doel van sodanige verhuring is, (b) wat die i duur en ii huurgeld vir die verhuring is, c wat die grootte van di verhuurde grond is, d wie die i direkteure en/of ii hoof aandeelhouers van die gemelde maatskappy is en e wat haar departement se raming van die handelswaarde van die hout is wat op die verhuurde grond afgekap gaan word? NW1892A
a wat die naam van die huidige hoof-uitvoerende beampte by die hospitaal is, b wat sy/haar kwali.kasies is, c wanneer hy/sy aangestel is en d wat sy/haar salaris is;
Of hy enige inisiatiewe sal instel om voorsiening te maak vir die oorbesetting van en die tekort aan personeel in gevangenisse, soos onlangs in 'n koerantberig (besonderhede verstrek) gemeld is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is N1882A
of daar 'n uitvoerige vergelykende koste-ontleding gedoen is om die koste van 'n Suid-Afrikaans-vervaardigde voertuig met di van die Finse voertuig te vergelyk; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die tersaaklike besonderhede is, b watter bewyse daar is om aan te toon dat die goedkoper opsie om die voertuie op te gradeer, oorweeg is en c op watter grondslag die besluit geneem is om slegs seswiel-gepantserde voertuie te koop, terwyl die landmagte voertuie met rusperbande nodig het wat by tenks kan byhou asook voertuie wat deur digte plantegroei kan beweeg ten einde hul verantwoordelikhede rakende vredesmagoperasies na te kom? NW1852A
Mev P de Lille (OD) vra die Minister van Korrektiewe Dienste:+
a Hoeveel grondhervormingsprojekte in die Wes-Kaap begin is vanaf 1 Januarie 2005 tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, b in watter munisipaliteite dit gedoen is, c wat die name van di projekte is en d wat die sukseskoers van di projekte is;
of enige maatrels getref is om die verspeiding van MIV/vigs onder ander gevangenes te voorkom; so nie, waarom nie; so ja, watter maatrels? NW1765A
Of die Regering dit sal oorweeg om 'n afsonderlike ministerie en departement tot stand te bring om aan jeugaangeleenthede aandag te skenk; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1886A
of enige (a) aanklag(te) ingedien en (b) tugstappe gedoen is teen (i) die lid (lede) in beheer van die ondersoekspan en (ii) enige ander lid (lede) van die SAPD wat die fout begaan het; so nie, waarom nie; so ja, watter (i) aanklag(te) en ii stappe;
Interdepartementele oorplasing--11/05
Hoeveel (a) aansoeke om die begenadiging van of die verlening van grasie aan oortreders en die kwytskelding van boetes, strawwe of verbeurings ingevolge artikel 84 (j) van die Grondwet hy sedert 1994 ontvang het en (b) van di aansoeke (i) toegestaan is (ii) geweier is en (iii) steeds oorweeg word;
Of daar enige riglyne bestaan rakende die koste wat gehef kan word deur die agentskappe wat die nakoming van voorwaardes rakende swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kontroleer; so nie, waarom nie; so ja, watter riglyne;
Mnr W D Spies (VF Plus) vra die Minister van Handel en Nywerheid:
President van die Republiek ... 430, 436, 437
Of hy, in die lig van sy verwysing na maatskaplike samehorigheid in sy staatsrede vanjaar, homself en die Regering daartoe sal verbind om wen-wen-oplossings te vind deur erkenning te gee aan alle gemeenskappe se agtergrond, geskiedenis en helde soos dit uitdrukking vind in die benaming van dorpe, stede en plekke waardeur suksesvolle maatskaplike samehorigheid bevorder kan word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO1888A
hoeveel verpleegkundestudente in elke provinsie na verwagting teen die einde van 2007 sal gradueer? NW1841A
a Watter Ministers lede van die Interministerile Komitee oor Klimaatverandering is en b wat die i datums en ii belangrikste items op die agenda van elk van die komiteevergaderings sedert sy stigting was? NW1855A
Of die Kantoor van die President dit sal oorweeg om 'n Ministerie vir Vroue en Landelike Ontwikkeling in te stel om die stryd teen landelike armoede, werkloosheid en onderontwikkeling te verskerp en die algemene opheffing van vroue te versterk; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO1885A
of sy dit sal oorweeg om ondersoek deur middel van onaangekondigde besoeke in plaas van aangekondigde besoeke te doen; so nie, wat die posisie in di verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1842A
of, ingevolge bestaande wetgewing en voorskrifte, di koste buitensporig is en 'n belemmering van besigheidsgroei word; so nie, wat die posisie in di verband is; so ja, watter uitweg daar is vir kwali.serende klein ondernemings (KKO's) wat kontrole deur 'n derde party verlang;
Of daar, met verwysing na 'n sekere mediaberig (besonderhede verstrek) oor vertragings by sy departement, enige planne bestaan om (a) die situasie te verbeter en b dienslewering te bevorder ten einde holistiese groei in Suid-Afrika te bewerkstellig; so nie, waarom nie; so ja, watter planne? NW1774A
Dui 'n vraag vir mondelinge beantwoording aan.
Watter beheermaatrels daar bestaan om seker te maak dat (i) alle funksionele lede van die SA Polisiediens ten volle rekenskap kan gee van alle ammunisie wat op 'n gereelde grondslag aan hulle uitgereik word en (ii) alle polisiekantore ten volle rekenskap kan gee van alle ammunisie wat aan hulle uitgereik is en op die perseel gehou word, (b) hoe dikwels 'n volledige oudit by elke kantoor uitgevoer word en watter stappe gedoen word wanneer daar nie rekenskap van ammunisie gegee kan word nie? NW1858A
Prof E S Chang (IVP) vra die Minister van Handel en Nywerheid:+
Dr P W A Mulder (VF Plus) vra die President van die Republiek:
Of SA Nasionale Parke 'n komitee oor diere-etiek of enige ander komitee het wat verwante sake hanteer; so nie, waarom nie; so ja, wie die huidige lede van die komitee is;
of di persone op daardie tydstip hul identiteitsdokumente moet toon; so nie, hoe die owerhede hulle ouderdomme vasstel; so ja, op watter ouderdom dit nie langer 'n regsvereiste is dat 'n kind ouerlike toestemming moet toon om 'n aborsie te ondergaan nie;
Watter prosesse departementele amptenare moet volg om goedkeuring vir oorsese reise te bekom;
a Wat die totale koste vir die Staat was van raadgewers wat deur sy departement in die boekjaar i 2005-06 en ii 2006-07 gebruik is, b wat hul name is, c vir watter doel hulle gebruik is en d waarom voorkeur aan raadgewers gegee is in plaas daarvan dat persone met die nodige vaardighede benut is? NW1862A
Minister van Buitelandse Sake ... 431
of sy 'n verklaring oor die aangeleentheid gaan doen? NW1856A
Of Suid-Afrika enige rol speel om die kon.ik in Sri Lanka te probeer oplos; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1767A
Of die inwerkingstelling van 'n hor standaard van veiligheidsvereistes en -rels vir die mynbedryf oorweeg word as gevolg daarvan dat die dodetal nie afneem nie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NW1875A
a Aan watter entiteit die tender toegeken is om kweekhuisgasse ingevolge die Kweekhuisgasinventarisprojek te meet, b wat die opdrag van di projek is, c watter protokolle gevolg word om die metings uit te voer om seker te maak dat daar standaardisering en akkuraatheid is, d wat die verpligtinge van individuele uitstralers ingevolge di projek ten opsigte van meting is en e wat die begroting vir di projek tot met die afhandeling daarvan is;
of die taakspan van die beweerde situasie bewus was voordat hulle die ondersoek gedoen het; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
Of enige werknemers in die boekjare (a) 2003-04 en (b) 2004-05 uit die Heidelberg Korrektiewe Sentrum bedank het; so ja, (i) hoeveel en (ii) wat die redes vir elke bedanking was;
a Wat die huidige stand van sake met die vestiging van die Ho Hof in Polokwane is en b wat die i redes vir die oponthoud en ii teikendatum vir die opening van di hof is? NW1893A
Of enige gevangenes hul MIV-status aan gevangenisamptenare tydens die boekjare (a) 2002-03, (b) 2003-04 en (c) 2004-05 verklaar het; so ja, (i) hoeveel gevangenes wat (aa) gevonnis is en (bb) nie gevonnis is nie, en aangehoudenes, hul MIV-status verklaar het, (ii) in watter fasiliteit elk van die gevangenes was wat hul status verklaar het en (iii) wat die geslag van elke sodanige gevangene was;
wanneer daar verwag word dat die inventaris met betrekking tot di projek afgehandel sal wees? NW1872A
Met betrekking tot elk van die afgelope drie jaar tot en met die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, (a)(i) hoeveel en (ii) watter soort vuurwapens van lede van die SA Polisiediens (i) gesteel, (ii) geneem, iii verloor en/of verl is en b hoeveel van di vuurwapens teruggekry is;
of haar departement enige stappe gaan doen om die gemeenskappe rondom Wonderfonteinspruit in te lig oor die potensile gesondheidsrisiko's weens besoedelde water; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
of die Regering beoog om enige bykomende programme en instellings te skep om die ontwikkeling van vroue te versnel; so nie; waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO1894A
of Suid-Afrika enige verdere stappe gaan doen om oplossings te vind vir die a krisis in Zimbabwe en b onlangse toename in die getal onwettige immigrante wat Suid-Afrika binnekom; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? NO1884A
Die Leier van die Opposisie (DA) vra die President van die Republiek:+
a Wat die sleutelbevindings van die onlangs vrygestelde Brenk-verslag deur die Nasionale Kernreguleerder behels, b watter resultate van di verslag haar departement beoog om verder te voer en c wanneer dt gaan gebeur;
Ontwikkeling.+
of die hospitaal enige tekort aan toerusting ondervind; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is;
a wat die koste van elke projek vir die Staat beloop het as i toelaes en ii banklenings, (b) wat die tydperk van terugbetaling vir elke lening was, hoeveel konsultante deur die (i) Staat en (ii) begunstigdes gebruik is en hoe hulle deur die (i) Staat en (ii) begunstigdes betaal is? NW1847A
Wat die geldwaarde van goedere is wat die afgelope drie boekjare (i) gesteel is, ii verdwyn het of (iii) weggeraak het tydens Spoornet se landwye vervoer van goedere, (b) wat dit Spoornet aan skadevergoeding gekos het en (c) welke maatrels ingestel is om sulke skade te voorkom? NW1838A
of enige uittredingsonderhoude in elke geval gevoer is; so nie, waarom nie; so ja, hoeveel? NW1766A
of dit algemene praktyk is dat relings vir oorsese reise bevestig word voordat amptelike goedkeuring ontvang word; so nie, watter omstandighede daartoe gelei het dat relings bevestig is voordat amptelike goedkeuring in hierdie geval ontvang is; so ja, (a) waarom en (b) vir watter ander reise sedert 2005 relings bevestig is voordat amptelike goedkeuring ontvang is? NW1843A
