In 2002-2003 sal die som van R500 miljoen na die skema oorgedra word, in 2003-2004 R470 miljoen, en in 2004-2005 R498 miljoen. Die bedrag wissel aangesien dit gedeeltelik afhanklik is van ander bronne van inkomste wat tot die beskikking van die skema is. Hierdie bronne sluit in donateursfondse wat ontvang is, geld wat op studielenings terugbetaal word, en rente op beleggings.
U kan by die kantoor vir finansile ondersteuning van 'n universiteit of technikon om steun van die NFHS aansoek doen.
Geldelike Bystand: Beurse en Lenings
Die dataversameling kan volgens loopbaankategorie deursoek word en sluit inligting oor wie aansoek kan doen, sluitingsdatums vir aansoeke, kontakbesonderhede en voorwaardes, in.
Daar is verskeie vorms van geldelike bystand vir studente en leerders beskikbaar:
Die Nasionale Finansi&#235;le Hulpskema vir Studente (NFHS) bied lenings aan Suid-Afrikaanse studente wat by openbare universiteite of technikons wil studeer. Indien die student se akademiese prestasie goed genoeg is, kan tot soveel as 40% van die lening afgeskryf word.
