Ministerie van Gemeenskapsveiligheid
Die Ministerie is teenor die publiek aanspreeklik vir die prestasie van die Departement en vir die dienslewering van die Minister se portefeulje. Die Ministerie formuleer en ontwikkel beleid en sorg vir regshervorming in oreenstemming met die Minister se mandaat, en hou toesig oor die inwerkingstelling van projekte wat verantwoordbare en verantwoordelike besteding van openbare inkomste sal verseker.
