Die doelwit met die projek is om geleenthede vir netwerke en portuurgroepe tussen organisasies in die openbare sektor in die Wes-Kaap te verken.
Departement van die Premier
Die tweede fase behels 'n besigheidsontleding van die uitkoms van die dataverkeersmeting en die ontwikkeling van 'n lewensvatbaarheidstudie en/of besigheidsaak.
Dit is 'n tegnologie-infrastruktuurprojek wat die lewensvatbaarheid van die aanvaarding van 'n netwerk van portuurgroepe, soortgelyk aan die Maleisiese Multimedia Corridor model, verken.
Die eerste fase van hierdie projek behels die meet van dataverkeer, met inbegrip van huidige portuurgroeppunte, by die Wes-Kaapse Provinsiale Regering, SITA, TENET en die Stad van Kaapstad.
