opleiding ontwikkeling van toeristeroetes toeriste-inligtingsentrums mentorskap padtekens literatuur wat oor kleinsake-ontwikkeling handel
Die Hoofdirektoraat Toerisme-ontwikkeling het 'n jaarlikse begroting vir befondsing van projekte wat groei in die toerismebedryf aanhelp. Hierdie groei kan op verskeie maniere bereik word, byvoorbeeld deur werkskepping, opleiding of infrastruktuurontwikkeling. Slegs 'n beperkte reeks entiteite kom in aanmerking vir befondsing, soos artikel 21-maatskappye of NRO's, wat plaaslik gefokus en gemeenskapgebaseerd is.
Om vir befondsing te kwalifiseer, moet u aan 'n aantal vereistes voldoen. U maatskappy moet byvoorbeeld 'n lopende saak wees en moet verplig wees om `n jaarverslag in te dien.
Projekbefondsing uit die begroting van die Hoofdirektoraat Toerisme-ontwikkeling
Die Befondingsbeleidhandleiding bevat alle inligting oor die fonds asook volledige besonderhde oor die aansoekprosedure.
Volledige besonderhde van die befondingsoogmerke, wie in aanmerking kom, vereistes vir kwalifisering, tipe bedrywighede wat befonds word, uitsluitings, aansoekprosedures, en vorms kan in die Befondsingsbeleidshandleiding gevind word.
Befondsing is nie beskikbaar om bonusse of salarisse te betaal nie, om terugwerkende koste wat deur 'n entiteit aangegaan is te dek nie of vir ander uitsluitende faktore nie.
Aansoeke sluit elke jaar op 31 Julie, beoordeling vind in Augustus en September plaas, en toekennings word dieselfde jaar in Oktober aangekondig.
Reis en Toerisme
Aansoeke moet op die voorgeskrewe vorms ingevul word wat van die Departement (tel: 021 483 4165) verkry kan word. Afskrifte van die vorms is ook beskikbaar as deel van die Befondsingsbeleid-handleiding.
Die volgende is voorbeelde van die bedrywighede wat deur die Departement befonds kan word:
