n Persoon wat geskik is om 'n trustee te wees, verpersoonlik die volgende karaktereienskappe:
Ek, ... Naam en Van van die VOORSTELLENDE Lid (SKRYF ASSEBLIEF NAAM IN BLOKLETTERS)
Ons, die ondergetekendes, verklaar hiermee ons ondersteuning van ... om as 'n kandidaat vir verkiesing tot GEMS se Raad van Trustees te staan:
Nadat alle besware oorweeg en 'n besluit daaroor geneem is, sal die finale kandidatelys op GEMS se webtuiste gepubliseer word.
Volle name, lidmaatskapnommers, kontakbesonderhede en handtekenings van sowel die voorsteller as die benoemde MOET volledig in Afdeling 1 van die benoemingsvorm ingevul word.
Sodra die benoemingsproses voltooi is, sal die kiesbeampte alle benoemings wat ontvang is, nagaan om hul geldigheid ingevolge die Fondsrels te bepaal en alle kandidate omtrent die uitslag van die benoemingsproses verwittig.
Stemming geskied by wyse van posstemme. Lede sal 'n stempakket ontvang, bestaande uit die volgende:
Die lys van suksesvol benoemde kandidate sal vir 'n tydperk van vyf dae van 23 tot 28 April 2010 op GEMS se webtuiste gepubliseer word, gedurende welke tydperk Hooflede toegelaat sal word om beswaar te maak teen kandidate wat ingevolge die Fondsrels nie kwalifiseer om Trustees te word nie. Lede kan ook 'n lys van die kandidate bekom deur 0860 999 006 te skakel, of deur 'n faks aan 0866 800 983 te stuur, of 'n e-pos na elections@gems.gov.za. Slegs geskrewe besware wat deur kontroleerbare bewyse ondersteun word, sal oorweeg word. Besware moet op dieselfde wyse as die Benoemingsvorms ingedien word.
Dit moet beklemtoon word dat die benoeming van persone en die stemproses twee onafhanklike en verskillende prosesse is. Die een lei tot en vul die ander aan.
Dat die persone wat as trustees verkies word Hooflede van die Fonds is en lede wat hul verpligtinge gereeld nakom.
Maatskaplik verantwoordelik: Om ingelig en simpatiek omtrent maatskaplike aangeleenthede te wees. Om deur ho etiese standaarde gelei te word.
n Persoon onder die ouderdom van 18 jaar;
Mnr. Marthinus Brand n Trusteeverkiesing vir die drie lidtrustees moet plaasvind en in Junie 2010 afgehandel word. Die drie kandidate wat die hoogste aantal stemme in die verkiesingsproses verwerf, sal aangestel word om hul ampte vir 'n tydperk van drie jaar te beklee.
n Onafhanklike ouditfirma sal die trusteeverkiesing as bykomende voorsorg moniteer.
Ek moedig derhalwe alle Hooflede aan om aan die verkiesingsproses deel te neem aangesien die doeltreffende bestuur van die sake van die Fonds van die krag en integriteit van die Raad afhang. Deur aan die verkiesingsproses deel te neem, lewer lede 'n bydrae tot die aanstelling van trustees met die nodige eienskappe om van GEMS 'n puik mediese fonds te maak.
Ingevolge die Rels van die Fonds is die ampstermyn van die trustees wat in 2007 deur lede gekies is, soos volg:
Aangesien die Raad van Trustees verantwoordelik is vir die behoorlike en gesonde bestuur van die Fonds in ooreenstemming met die voorwaardes van die Wet op Mediese Fondse en GEMS se Rels, moet die persone wat tot die Raad verkies word geskikte persone wees wat in staat is om 'n vetrouensamp te beklee en te vul soos deur die Wet beoog.
Enige persoon wat die Lede wil verkies, maar wat nie self 'n Hooflid is nie; en Enige persoon wat 'n materile verbintenis het met enige persoon wat deur die Fonds gekontrakteer is, of in die proses van 'n tender vir die Fonds is om enige administratiewe, makelaars-, bestuurde gesondheidsorg- of ander dienste te lewer, hetsy alleen of met of via 'n beheermaatskappy, filiaal, gesamentlike onderneming of medewerker.
Regverdig: Om alle begunstigdes van die Fonds gelyk en onpartydig te behandel.
Die oorblywende drie trustees het 'n ampstermyn van 3 (drie) jaar.
n Hooflid (Voorsteller) is daarop geregtig om 'n ander Hooflid te benoem wat aan al die benoemingsvereistes voldoen, soos uiteengesit in die Benoemingskriteria hieronder.
Die verkiesingsproses sal uit twee fases bestaan:
Verantwoordelik: Om groter sorg aan die dag te l wanneer Fondssake behartig word as wanneer trustees hul eie sake behartig. Om die nodige vaardighede en kennis te verkry om pligte as trustees na te kom. Om die vertroulikheid van lidinligting te beskerm.
Hierdie vorm moet op beide kante volledig ingevul word en moet die Kiesbeampte teen nie later as die sperdatum vir benoemings op 9 April 2010 bereik nie.
die administrateur van die Fonds, of van die beheermaatskappy, filiaal, gesamentlike onderneming of medewerker van sodanige persoon;
n Opsomming van elke Kandidaat se CV;
Die Mediese Fonds vir Staatsamptenare (GEMS) het in 2007 hul eerste verkiesing vir 'n Raad van Trustees gehou om 'n tussentydse Raad te vervang wat na behore deur die Minister van Openbare Dienste en Administrasie aangestel is kort nadat die Fonds in 2006 in werking getree het. Ses persone is direk deur hooflede vanuit hul geledere verkies, terwyl die oorblywende ses deur die Minister van Openbare Dienste en Administrasie aangestel is.
n Werknemer, direkteur, beampte, konsultant of kontrakteur van enige persoon wat deur die Fonds gekontrakeer is om administratiewe, bemarkings- of bestuurde gesondheidsorgdienste te bied, insluitende ingedien word en / of na enige ander adres gestuur word as die adresbesonderhede soos hierbo vermeld en / of nie volledig ingevul is nie, ONGELDIG VERKLAAR EN NIE OORWEEG SAL WORD NIE.
Aangesien hierdie ons tweede verkiesing van trustees is, glo en vertrou ek dat lede ten volle en op 'n konstruktiewe wyse sal deelneem.
Die doel van hierdie kommunikasie is om die verkiesingsproses uiteen te sit en om Hooflede in te lig omtrent die stappe wat hulle moet doen om te kan deelneem.
Wie is verkiesbaar om as kandidaat in GEMS se verkiesing van lidtrustees te staan?
Inligting met betrekking tot die stemfase, insluitende die stemdatums, sal in die Steminstruksie- en -proseduredokument, sowel as op GEMS se webtuiste, uiteengesit word.
Aanspreeklik: Om nie van verantwoordelikhede afstand te doen nie en om te verseker dat verslaggewing alle sake van die Fonds akkuraat en eerlik dek.
Slegs Hooflede wat vanaf 1 Februarie 2010 by die Fonds geregistreer is en aktief was, mag kandidate benoem of as kandidate staan. Geskorste lede en lede wat geregistreer maar onaktief is, is NIE verkiesbaar om deel te neem nie. Die afhanklikes van die lede kwalifiseer ook NIE om deel te neem nie.
n Stembrief;
Naam en Van van die BENOEMDE (SKRYF ASSEBLIEF NAAM IN BLOKLETTERS) om die pos van Trustee op die Raad van Trustees van die Mediese Fonds vir Staatsamptenare, ingevolge Rel 19 van die Fondsrels, te beklee.
Ek, die ondergetekende, GEMS-lidmaatskapnommer ... verklaar AANVAARDING van benoeming om as 'n kandidaat te staan vir verkiesing tot die Raad van Trustees van die Mediese Fonds vir Staatsamptenare, ingevolge Rel 19 van die Fondsrels. Ek verklaar voorts dat ek ingevolge die Fondsrels nie gediskwalifiseer is om 'n Trustee te word nie.
Gefaks aan 086 680 0983
Ingevolge GEMS se rels kwalifiseer die volgende persone NIE om as Trustees vir die verkiesing te staan nie:
Die name van die verkose trustees sal op 30 Junie 2010 op die Algemene Jaarvergadering van Lede bekendgemaak word.
Die Hoofbeampte van die Fonds;
Dissipline: Om ywerig na die sake van die Fonds om te sien en om toegewyd daaraan te wees om gedrag te openbaar wat algemeen as geskik en van pas erken word.
Volle name, lidmaatskapnommers en handtekenings van 14 ander Hooflede wat die benoemde soos in 3(a) hierbo ondersteun, MOET volledig in Afdelings 2 en 3 van die Benoemingsvorm ingevul word.
Die Ouditeur van die Fonds;
Onafhanklik: Om in die beste belang van die lede op te tree, om belangebotsing te vermy en besluite objektief te neem sonder om deur buitepartye gelei of benvloed te word.
Hierdie vorm moet op beide kante volledig ingevul word om die Kiesbeampte teen nie later as die sperdatum vir benoemings op 9 April 2010 te bereik nie.
Die verkiesingsproses sal deur The Elexions Agency bestuur en gemoniteer word. The Elexions Agency is 'n professionele diensverskaffer van administratiewe en bestuursdienste vir verkiesings. Hulle sal die onafhanklikheid van die proses verseker en beskerm. Die betrokkenheid van die Raad van Trustees en die Bestuur van GEMS en hul aangewese verskaffers in die verkiesingsproses sal tot 'n absolute minimum beperk word. The Elexions Agency sal die volgende verseker:
Die ampstermyn van die volgende drie huidige trustees verstryk dus in Julie 2010:
Deursigtig: Om besluite met eerlikheid en integriteit te neem en om enige persoonlike gewin of voordeel in besluite omtrent die bestuur van die Fonds te vermy.
By voltooiing van die Benoemingsoudit en die bekendmaking van die finale lys van kandidate sal 'n stembrief voorberei word waarop die name van al die kandidate in alfabetiese orde, met vanne eerste, sal verskyn.
Benoemings moet ingedien word deur van die amptelike Benoemingsvorm gebruik te maak wat by hierdie kommunikasie ingesluit is. Die vorm moet soos volg ingevul word:
Dat die verkiesingsproses vry en regverdig is, en
Die drie trustees wat die hoogste aantal stemme verwerf het, het 'n ampstermyn van 4 (vier) jaar.
Die kwalifiserende kandidate met betrekking tot 3(a), wat die ondersteuning van die ondersteunende lede in 3(b) hierbo geniet en wat die Benoemingsoudit geslaag het, sal deur die kiesbeampte van The Elexions Agency gekontak word om die amptelike Curriculum Vitae-voorleggingsvorm in te vul. Ingevulde Benoemingsvorms moet The Elexions Agency se kiesbeampte teen nie later nie as 17:00 op 9 April 2010 bereik.
n Vooruitbetaalde, geadresseerde koevert.
Die Raad van Trustees het 'n belangrike verantwoordelikheid om na die Fonds se administratiewe en finansile sake om te sien en om dit in die beste belang van die Fondslede te doen. Dit is derhalwe belangrik dat lede daarna streef om trustees te verkies wat eerlik is en oor die nodige vaardighede en ondervinding beskik om hul pligte as trustees na te kom, aangesien hulle al die lede van die Fonds verteenwoordig.
Ingevulde Benoemingsvorms moet voorgel word aan: Die Kiesbeampte, Trusteeraadsverkiesing, GEMS op enige van die volgende wyses:
n Makelaar of 'n werknemer, aandeelhouer, direkteur, beampte, konsultant of kontrakteur van enige persoon wat sodanige dienste verrig;
Wie is NIE verkiesbaar om as kandidaat in GEMS se verkiesing van lidtrustees te staan nie?
