Vir nadere besonderhede, verwys na die dokument getitel Provinsiale Toerismegeriewe-oudit en padaanwysingsraamwerk vir die Wes-Kaap.
n Kommersile of sakediens of produk wat deur padaanwysers aangedui word langs (maar nie buite nie) die padskouer wat op voertuigbestuurders gemik is.
Nadat u die aanvanklike afdelings van die aansoekvorm ingevul het, moet u die dokumente aan die PTB terugbesorg vir oorweging.
n Gemeenskaps- of openbare diens wat bestaan uit groot verkeersgenereerders (soos 'n streekswinkelsentrum) en kleiner verkeersgenereerders (soos 'n plek van aanbidding of lisensiringskantoor).
n Toerismegerief wat bestaan uit toeriste-besienswaardighede, -dienste, -akkommodasie en spesiale gebeure.
Onwikkel jou eie Sakeonderneming
Indien die vereiste inligting spoedig voorsien word, behoort die oorweging van aansoeke nie langer as twee maande te duur nie.
Die dokument, Riglyne en Aansoekvorm vir Toerismepadaanwysings, bevat 'n inligtingsblad vir aansoeke, asook al die nodige vorms. Aansoekers kan hierdie dokument by hul naaste PTB bekom.
U kan aansoek doen om die oprigting van 'n toerismepadaanwysing naby u toerismegerief. Drie tipe plekke kan aansoek doen:
Na die ondersoekprosesse kan 'n brief van aanbeveling uitgereik word en indien die aansoek suksesvol is, kan die padaanwysing opgerig word. Gewoonlik betaal die eienaar/operateur van die toerismeplek vir die voorsiening van nie-noodpadaanwysings, m.a.w. vir toerismepadaanwysings soos besienswaardighede of dienste.
U kan 'n aanvanklike aansoek om 'n padaanwysing aan u naaste plaaslike toerismeburo (PTB) rig. Die PTB doen 'n aanbeveling op grond van die besonderhede in die aansoek. Die besonderhede word dan aan 'n hor toerisme-owerheid deurgestuur waar nog oorwegings en aanbevelings gedoen word.
Aansoeke om Toerismepadaanwysings
Reis en Toerisme
