Die Wes-Kaapse Drankraad is die openbare entiteit wat aansoeke oorweeg en besluite neem rakende aansoeke, terwyl die Direktoraat: Drankregulasies toesig hou oor die administratiewe, sowel as toepassings-aspekte van die Drankwet.
Dit is 'n misdaad om drank sonder 'n lisensie te verkoop en die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan stappe doen teen so 'n persoon en kan die onderneming sluit.
Nasionale Drankwet, 59 van 2003
Billike Sake-omgewing
Klagtes oor Persele met Dranklisensies
Maak Beswaar teen 'n Dranklisensie-aansoek
Beoordelingsriglyne vir Dranklisensies in Woongebiede
Doen aansoek om 'n Dranklisensie
Agenda van die Drankraad
Lys van Inkomende Aansoeke
Hernu 'n Dranklisensie
As jy 'n vervaardiger of verspreider is, moet jy jou laat registreer by die Nasionale Drankowerheid.
In die Wes-Kaap word 'n dranklisensie vereis vir enige persoon wat drank mikro-vervaardig en verkoop vir kleinhandelsdoeleindes. In die Wes-Kaap is 'n "kleinhandelsverkoper" 'n persoon wat gelisensieer is kragtens die Drankwet 27 van 1989 om drank te verkoop vir verbruiksdoeleindes (sluit verbruik op die gelisensieerde persele en verbruik weg van gelisensieerde persele af in).
