Onderwysbeurse (vir Onderwysers) (Diens)
Aansoeke sluit gewoonlik teen die einde van September in die jaar voor die beurs toegeken word.
Geldelike Bystand: Beurse en Lenings (Diens)
Aansoekers moet permanente inwoners van die Wes-Kaap wees, moet kan bewys dat hulle 'n geldelike behoefte het en aan die tersire onderwys-toegangskriteria voldoen. Geskiedkundig benadeelde mense word aktief aangemoedig om aansoek te doen.
Beurse dek die koste van boeke en vier jaar se onderwys aan die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van die Wes-Kaap of die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. In gevalle van uiterste nood, kan die beurs ook 'n persentasie van die koste van kos en inwoning dek.
Onderwysbeurse (vir Studente)
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Tel: 021 467 2615
Skoolverlaters wat Wiskunde- of Wetenskaponderwysers wil word kan by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aansoek doen om beurse om voltyds te studeer. Di beurse is ook beskikbaar vir bestaande studente wat onderwysers op di gebiede wil word.
Aansoekvorms is gewoonlik beskikbaar van Junie af in die jaar voordat die beurs toegeken word. Vra een by jou skool of universiteit se beurs- of finansile bystandskantoor
Beurse word toegeken op 'n terugwerk-grondslag, met ander woorde, ontvangers moet 'n jaar lank as onderwyser in die Wes-Kaap werk vir elke jaar wat hulle 'n beurs ontvang het. Dit is elke ontvanger se persoonlike verantwoordelikheid om 'n onderwyspos te kry, hoewel die Departement sal doen wat hulle kan om hulle te help om werk te kry.
