Plaaslike munisipaliteite beskik oor die mandaat:
Om erf- en ander belasting, soos eiendomsbelasting, te hef.
Die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit dek Herbertsdale, Friemersheim, Groot-Brakrivier en Mosselbaai.
Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit
Plaaslike munisipaliteite is vir die volgende funksies verantwoordelik:
lewering van elektrisiteit water vir huishoudelike gebruik riool en sanitasie stormwaterstelsels rommelverwydering brandweerdienste munisipale gesondheidsdienste besluite oor grondgebruik plaaslike paaie plaaslike openbare vervoer straathandel abattoirs en varsvoedselmarkte parke en ontspanningsgebiede biblioteke en ander gemeenskapsgeriewe plaaslike toerisme
Om geld te leen - die raad mag 'n lening aangaan vir 'n ontwikkeling of ander projek en mag munisipale bates as sekerheid gebruik.
Om boetes op te l - vir mense wat munisipale verordeninge oor verkeersrels, rommelstrooi, ens. verbreek.
Om diensgeld te vra - vir die gebruik van munisipale dienste soos water, elektrisiteit, biblioteke, ens.
Om begrotings en ontwikkelingsplanne goed te keur. Elke jaar moet 'n munisipale begroting goedgekeur word wat uiteensit hoe geld bekom en bestee sal word. Die munisipaliteit moet ook die gentegreerde ontwikkelingsplan goedkeur.
Om verordeninge (plaaslike wette en regulasies waarvoor hulle verantwoordelik is) goed te keur. Verordeninge mag nie teenstrydig met enige nasionale wetgewing wees nie.
