Lede van die KSP word onderskei van die SAPD (wat blou uniforms dra) en verkeersbeamptes (wat ligblou uniforms dra) deur hulle swart-en-wit uniforms met swart-en-wit ruitpatroon. Hulle motors en motorfietse is ook met 'n swart-en-wit ruitpatroon gemerk.
Stad Kaapstad Openbare Noodkommunikasiesentrum (Diens)
Die Kaapstadse Stadspolisie (KSP) is 'n munisipale polisiediens. Die hooffunksie van die KSP is sigbare polisiring. Hulle voer ook arrestasies uit en reik boetes uit vir alle tipes oortredings. Dit kan ernstige misdade, verkeersoortredings en oortreding van munisipale regulasies binne die Stad Kaapstad behels.
Die KSP se kantore is oor die stad versprei. Daar is twee hoofkantore, een in Kaapstad en een in Mitchellsplein, met Mitchellsplein wat die enigste kantoor is wat 24 uur oop is. Mark Sangster staan tans aan die hoof van die KSP.
Misdaad, Regte en Justisie
Die Kaapstadse Stadpolisie het ook 'n webwerf.
Tel: 021 400 1405
Almal wat by die KSP aansluit, word verplig om spesiale opleiding by die Munisipale Polisie-opleidingskollege in Philippi te ondergaan voor hulle stadpolisiekontabels kan word.
Tel: 021 378 1500
Die Stig van 'n Stadsverbeteringsdistrik (SVD) (Diens)
HuIle ondersoek egter nie sake na arrestasie nie, aangesien dit die funksie van die Speurdiens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is. Die KPS verrig verkeerspolisiringfunksies saam met die Provinsiale Verkeersdiens.
Die KSP is op 1 Desember 2001 gestig ingevolge die Wysingswet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens van 1998. In ander stede, soos Durban en Johannesburg, het verkeersdienste onmiddellik deel van die stadspolisiediens geword. In Kaapstad sal dit geleidelik gebeur en die meeste verkeersbeamptes sal teen 2010 stadspolisiekonstabels wees.
Om direk met die KSP in verbinding te tree:
Daar is 'n komitee, wat die Burgerlike Toesigkomitee genoem word, wat verantwoordelik is daarvoor om toe te sien dat die KSP behoorlik funksioneer. Die Komitee moet die Stadsraad adviseer oor enige saak wat die KSP aangaan wanneer die Raad dit versoek, en ook die hoof van die KSP omtrent sy of haar pligte. Ook evalueer die Komitee prestasie van die KSP. Die Komitee bestaan uit sewe Stadsraadslede en sewe gewone burgerlikes.
