Lyfstraf en Alternatiewe Straf
Ouers wat uitvind dat lyfstraf in 'n skool toegepas word, moet die skoolhoof en daarna die skool se Kringbestuurder nader, wat deur die naaste Onderwysbestuur- en Ontwikkelingsentrum geskakel kan word. Leerders wat lyfstraf naamloos wil aanmeld kan die Veilige Skole-lyn tolvry by 0800 45 46 47 skakel.
n Beheerraad kan 'n leerling vir ernstige wangedrag tot 'n week lank uit die skool skors. Dit kan slegs gebeur nadat 'n verhoor in ooreenstemming met die regulasies gehou is. Die ouers en leerder moet dus ingelig word waar en wanneer die verhoor gehou word, hulle moet volle besonderhede kry oor die aanklag(te), hulle moet 'n kans kry om hulle weergawe van wat gebeur het te gee, en kan deur iemand soos 'n prokureur verteenwoordig word.
die prosedure wat die skool sal volg wanneer 'n leerder gedissiplineer moet word.
Dissipline is vanselfsprekend nodig om sake in 'n skool glad te laat verloop. 'n Gebrek aan dissipline ontwrig nie net onderrig en die leerproses nie, maar kan ook die leerders en onderwysers in gevaar stel.
Dissipline in Skole
Lyfstraf, byvoorbeeld met 'n lat, word in skole verbied, en enigeen wat dit toepas kan van aanranding aangekla word.
As die leerder wat uit die skool gesit word van verpligte skoolgaande ouderdom is, moet die Hoof van Onderwys relings tref dat hy of sy na 'n ander staatskool gestuur word.
Om onderwysers met ander maniere om kinders te dissiplineer te help, het die nasionale Departement van Onderwys 'n dokument opgestel oor alternatiewe maniere van straf vir leerders.
Die beheerraad by elke skool moet in samewerking met onderwysers, ouers en leerders 'n gedragskode vir leerders opstel.
grieweprosedures vir ouers en leerders as hulle 'n saak teen 'n ander leerder of die skool aanhangig wil maak.
As die beheerraad bevind dat die oortreding ernstig genoeg is, kan hulle by die provinsiale Hoof van Onderwys aanbeveel dat die leerder uit die skool gesit moet word. Die Hoof van Onderwys moet binne 14 dae oor die saak besluit, en die leerder mag die skool in di tyd nie bywoon nie.
die soort wanoptrede wat gestraf sal word.
die soort straf wat vir verskillende vorms van wanoptrede toegepas sal word.
As 'n leerder uitgesit word, mag hy of sy (en/of die ouers) by die provinsiale Minister van Onderwys appelleer.
Die gedragskode moet insluit:
n Gids oor die opstel van 'n gedragskode is vervat in die dokument Alternatiewe vir Lyfstraf
Die regulasies oor sake van ernstige wanoptrede word in die Buitengewone Provinsiale Koerant 5190 van 31 Oktober 1997 vervat. Di regulasies sit uiteen watter soorte wanoptrede as ernstig beskou word (byvoorbeeld die besit van drank of dwelms, aanranding, diefstal, onsedelikheid, afwesigheid en skandelike gedrag). 'n Lys van vorms van ernstige wanoptrede word vervat in die Departement van Onderwys-dokument Alternatiewe vir Lyfstraf.
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Skorsing en Uitsetting
