Hoofstuk 9
Naas vrees vir dae Dorland daag op en arresteer hom. Maar konstabel Dorland maak nie sy opwagting nie. Cornelia gaan haar gewone gang, binne en buite die huis. Daar is niks verdag aan haar daaglikse doen en late nie. Sy ry die plaas vol op Bordeaux; sit soms vir lang rukke op Oemfaan se kraalmuur. Maar so ken tant Maria en oom Dolf hulle dogter.
Die vermeende aanrandpoging op oom Staag Lemier word gou vergeet. Van Mooifontein se kant af bring selfs Stefaans nie nuus nie. Barkus Hoon kom slaap nie meer snags in die solderkamer nie. Die maan groei en krimp en voor lank is dit weer nuwemaan.
Naas maak hom al meer en meer wys hy moes daardie nag alles gedroom het. Hy glo selfs sy nagrit na Mooifontein, sy gesprek daar met Kotie Davel, was alles n droom. Alles is nou onwerklik.
Dit word winter. Naas-hulle oes boontjies, ry pampoene uit, haal die laaste aartappels uit die grond, lei die jong koringlande nat. Dan word die mielies en sorghum geoes. Die dae is kort en dit is tog of almal meer tyd op hulle hande het. Selfs die vols is stiller en minder opgewek. Alles rus, selfs die bos.
Cornelia nooi Naas weer om saam met haar uit te ry, maar nooit weer na bure toe nie. Hulle ry die veld in, ver, tot waar drie groot bloekombome en n ry garingbome vertel van n opstal van lank gelede wat die tyd nie oorleef het nie. Soms koers hulle in n westelike rigting na n digte, geheimsinnige bos van inheemse bome wat afgele op die grasbulte l.
Oupa-hulle noem dit die offerbos, s Cornelia op n dag aan Naas. Die toordokters het glo lank gelede ook mense hier aan die voorvadergeeste geoffer.
Mense? Lewendige mense? vra Naas geskok en hy dink aan die graf in die ander bos en aan die skedel in die buffeldoring se stam.
Ja, hulle eie mense. Hulle het hulle lewendig geoffer; hulle glo eers gemartel  glo om die goeie guns van die voorvadergeeste te wen, s Oupa. Hulle doen dit dalk nog. Jy moet maar lig loop dat hulle jou nie vang nie. Hulle wil dalk.
Naas ril sigbaar, maar s liewer niks meer nie. Na n oomblik s Cornelia: Hulle het nou n ander offerplek.
Naas sien die leiklipgraf in sy geestesoog. En offer hulle mense daar?
Miskien, ja. Maar dit gebeur baie selde, byna nooit.
Hoe weet Cornelia? Waar kom sy daaraan? Waar kom Oupa Losper daaraan? wonder hy. Hy sien weer die graf in die bos, maar hy het nie die vrymoedigheid om haar daaromtrent uit te vra nie.
Naas dink tog baie oor di dinge en kan veral die graf in die bos nie uit sy gedagtes weer nie. Hy droom daarvan, byna nag na nag. Dan jaag n afskuwelike gedrog met ou Mtwetwe se gesig hom, probeer hom vang, probeer hom offer.
Een nag kom hy agter Barkus Hoon het teruggekom.
Naas word in die middel van die nag wakker van n nagmerrie. Nog deur die slaap hoor hy die swaar asemhaling iewers in sy kamertjie en besef hy hy is nie meer alleen op sy bed nie. Barkus Hoon, wat vir hom n ontmensde ding geword het, l kolossaal groot vas aan die slaap op die bed.
Van toe af kom Hoon amper elke nag. Maar wanneer Naas douvoordag wakker skrik, is hy weg. Barkus Hoon het soos n geroetineerde dier met vaste gewoontes geword: kom na sy lplek en verlaat dit weer op vasgestelde tye, byna asof hy gehipnotiseer is en deur iemand anders se bevele gelei word.
Hoon uiter nooit n woord nie; kom so stil in as wat hy uitsluip  en byna altyd wanneer Naas reeds diep slaap. Dit kom voor hy ken net die paadjie na die bed toe, asof ander hande sy optrede bepaal, hom stuur waar hy moet wees.
Dan hoor Naas weer Cornelia se opdragte aan Barkus daardie nag, hoor hy nog n keer hoe sy die een opdrag oor en oor herhaal, met nadruk inkanteer, so asof sy dit in hom in wil regimenteer; onuitwisbaar met n voorhamer in sy dowwe brein wil inhamer.
Naas kan dit nie begryp nie. Waar kruip Barkus Hoon bedags weg? Waar kry hy kos? Hoe kry hy sy dag om? Hy was tog altyd so lief vir gesels. Nou gedra hy hom soos iemand wie se siel, dt wat lig maak in n mens, dood is.
Naas dra die geheim van die sonderlinge man saam met hom. Naas besef hy moet tant Maria en oom Dolf s die man na wie die gereg soek, is op Doornrug; was nog altyd op Doornrug. Maar hy kan hulle nie s nie.
Toe, een maanlignag, hoor hy hoe iemand Bordeaux uit die stal neem. Hy hoor hoe die stem die perd gerusstel. Cornelia. Soos wat hy by die venster sit en wag, hoor hy hoe sy die perd na buite lei; hoe die geklop van die perd se hoewe al hoe verder weg van die werf opklink. Opeens kraak die bed.. Barkus Hoon, wat soos n dooie geslaap het, is reeds uit die bed en besig om met die leer af te klim. Hy doen dit soos hy alles doen, so asof hy n bevel ontvang het wat hy slaafs gehoorsaam.
Naas besluit oombliklik om Barkus te volg; sien hoe hy oor die pad in die bos wegraak. Van Cornelia en haar perd gewaar hy niks. Dis n koue wintersnag en die maan skyn helder. Maar die bos is ruig en hy het nie n benul waarheen Barkus is nie.
Na n rukkie dryf die koue hom terug na sy kamertjie. Di keer gaan l hy met baadjie en skoene aan. So n halfuur later kom Barkus Hoon terug in presies dieselfde toestand as waarin hy weg is: so al of hy nie by sy volle positiewe is nie en bloot die opdragte van n onsigbare marionettemeester uitvoer. Hy l op die bed, maar raak nie aan die slaap nie. Die bedjie kraak kort-kort. Vir Naas kom dit voor Barkus is ingestel op n besondere geluid wat ook n bevel is; n geluid wat net hy kan hoor en identifiseer.
Dit word nou die patroon. Barkus Hoon kom slaap elke aand in die solder, om telkens weer die nagdonker in te vaar in antwoord op n onverklaarbare en onsigbare bevel. Naas se vrees om uitgevang te word hou hom aanvanklik op die solder  maar met verloop van tyd kry sy nuuskierigheid die oorhand. Toe Hoon se opstaan hom een nag wakker maak, skraap Naas sy moed bymekaar en wag tot hy die skuur se deur hoor kraak voor hy opvlieg, sy baadjie en skoene gryp en net betyds is om te sien hoe Hoon agter die laning verdwyn. Barkus kies n reguit koers deur die bos en oor die pad. Hy draai slegs weg waar daar n boom of bos in die pad is. Die bome begin groter en yler word. Die maan skyn helder en dit is dus maklik om die reus, wat onskynlik geen erg het aan wat agter hom aangaan nie, te volg.
Dit tref Naas gou hulle koers in die rigting van die sonderlinge graf in die bos. Hy loop dus op sy hoede, sorg net dat hy Hoon nie heeltemal uit die oog verloor nie.
Barkus Hoon kom plotseling voor Naas tot stilstand. Naas sluip versigtig nader. Hy probeer verby Hoon kyk, vas te stel wat di sien, maar hy kan niks uitmaak nie. Dit is al of hy stemme hoor, donker en gedemp, mompelend, sonder begrypbare klanke.
Hulle is nou naby die graf. Rilling op rilling wurm deur Naas se lyf en hy probeer homself oortuig dat dit bloot die koue is. Maar hy is bang  Dit voel vir hom of o van oraloor hom dophou. Tog gewaar hy niks, behalwe Barkus Hoon wat strak in een rigting staar.
Die gemompel word harder en hy kan hoor dit kom uit die rigting van die oopte voor Barkus, min of meer waar die kareeboom uit die verlate graf groei; waar die menseskedel hoog in die mik van die buffeldoring vasgegroei het.
Barkus Hoon staan nog steeds gebukkend half agter n rosyntjiebos, sy o intens op een plek. Dit kom voor of hy sy gehipnotiseerde o met sy hele wese op iets gevestig hou wat net hy sien.
Naas kruip nog nader. Hy sluip agter n plaat bloubosse links van Barkus verby. Hier kan hy die gemompel sterker hoor:n onsamehangende, eentonige gekla, baie soos die gekerm van n gemartelde, wat daar van die graf af opklink. Dit is duidelik dat daar iets by die graf aan die gang is; selfs asof die maan daar helderder skyn. Naas kan ook nou donker skimgestaltes uitmaak. Hulle strengel onafgebroke soos mistige skaduwees ineen, wieg heen en weer en neurie eentonig, aanhoudend. Dit hipnotiseer. Dis duiwels.
En bokant die gesing, bokant die geprewel  want daar is nou die aanhoudende geprewel op een toonhoogte, met op die agtergrond n pyngekerm  styg duidelik die klaende gehuil uit van iemand wat tot sterwens toe gefolter word.
Toe skrik Naas dat hy wip. Hier naby, regs van hom, net anderkant Barkus, het n bok opeens geblr, n ontstelde, bang blr. Hy loer in daardie rigting, maar gewaar niks. En nou het Barkus soos n groot speld verdwyn. Hy kyk weer in die rigting van die graf en sien dis nou werklik verlig. Iemand het n fakkel aangesteek; hou dit hoog bokant sy kop. Dit gloei vuurrooi soos die kool van n brandende stomp.
Naas sien die bewegende gedaantes nou duideliker. Hulle het skrikwekkende hout- en velmaskers op. Twee van die figure  mans kom dit voor, want hulle is so te s kaal  voer n rituele dans uit. Die res skuifel ritmies op een plek. Hulle lywe wieg heen en weer en hulle kerm n klaaglied, eentonig, dieselfde refrein sonder ophou, so asof hulle iemand met suggestie in n beswyming wil kry. En daarmee saam klink nog die ander geluid, die geluid van iemand wat werklike pyn verduur, of tot die dood toe bang is. Een van die wiegende figure hou n jong hoenderhaan vas, sien Naas. Op die afstand lyk dit na n kleinerige rooibont of swartbont haantjie.
Die twee naakte dansers, elk met n kierie in die hand, spring en kaperjol onderwyl hulle allerhande suggestiewe fratse met hul liggame uithaal. Om hul nekke hang stringe obskure ornamente en hul kuite en enkels is met haaspote en beessterte versier. Soos wat die tempo van die dans versnel, fladder hul velmonderings soos wye vlerke terwyl blink sweetvoortjies oor hul kleibesmeerde lywe kerf.
Die dans word al woester. Met skok besef Naas dat dit nie sweet is nie, maar bloed wat van die voordanser aftap. Hy het in elke hand n soort kats waarmee hy besig is om hom oral op die lyf te vermink. Hy dans des te woester, spring hor as wat Naas kan glo n mens kan spring, skop sy bene reguit, gil, brul en snater.
Di wat nog al die tyd net geskuifel, gemompel met die lywe gewieg het, begin stadig, maar dan al heftiger te bewe. Naas het nie n ander woord om hul rare bewegings te beskryf nie, want hulle staan pal op een plek botstil. Dit is net die lywe wat, op die maat van n lang, uitgerekte klaagkreet, van die voete af boontoe n makabere trillingsdans uitvoer.
Dan huilgil n vrou skril, raap haar op en beland so te s bo-op die bebloede danser se kop. Sy sit hoog op sy skouers, haar bene soos n skroef om sy natgeswete nek. Met haar arms om sy kop geklem beur sy eenkant toe totdat hy half oor die graf steier en daar met die vrou neerslaan.
n Kreatuur wat allig die hoofinyanga kan wees  hy is byna geheel en al in velle en vere gehul, met n muskeljaatkatmus op sy kop en n halssnoer van tande, voet- en handbeentjies en ander grieselige geraamtegoed om sy nek  oorheers nou by die graf. Hy het n voorwerp in sy hand, maar Naas kan nie sien wat dit is nie. Die vrou wat die haan vashou gee die toon aan en die vroue sit opnuut hulle klaaglied in. Sy moet iets doen aan die haan, dink Naas, want di maak nou allerhande geluide wat deel van die gedruis om die graf word.
Dan snak Naas van skok. Hy sien die graf nou vir die eerste keer oop en bloot  en die toneel laat hom tot diep in sy binneste gru: Onderwyl die een naakte danser tussen die haak-en-steekdorings in die buffeldoringboom opklim tot waar die skedel in die mik is, l iemand  dit lyk na n opgeskote dogter  oopgespalk vasgemaak bo-op die graf. Die fakkeldraer gee nou sy fakkel vir die danser in die boom aan. Hy plaas dit so dat dit lyk of die fakkel se lig uit die skedel kom en spring dan na benede, half tussen die haak-en-steekdorings in. Vir n oomblik sit hy in die dorings vas en twee gesette vroue sleep hom daar uit.
Die meisie op die graf beur teen die toue en kreet haar angs. Die toordokter leun oor haar. Hy hou n ding  Naas sien nou dis n tuisgemaakte slagmes  swaaiend bokant sy kop en sit sy sanikpsalm in. Hy prewel aanhoudend; dringend, terwyl sy maer lyf heen en weer wriemel. Die bene van die halssnoer om sy nek klapper soos happende tande opmekaar en dit lyk voorwaar of hy hom uit sy velmondering gaan skud. Die jong meisie kriewel, kerm en beur om los te kom. Hoewel dit nie lyk of sy baie styf vasgemaak is nie, is dit duidelik dat sy ook nie sal kan ontsnap nie.
Die maer inyanga buig nou ritmies ver agteroor, dan vooroor. Hy hou minute lank so aan. Dan bring hy met elke afkomslag die punt van sy mes n raps nader aan die meisie se lyf. Sy gil telkens haar doodsvrees. En dit lyk of hy elke keer verder agteroor, verder vooroor buig. Naas kan sien daar is bloed aan die punt van die mes, elke keer n rapsie meer bloed, soos die lem met elke bukslag effens dieper in die magtelose slagoffer op die graf se lyf dring. Dis grusaam. En al is dit vir hom byna ondenkbaar, lyk dit werklik vir Naas asof die meisie, in maat met die ritmiese sang en dans, haar lyf na die mes toe beur elke keer dat die inyanga laag oor haar buig.
Dit hou so aan en aan. Die meisie se krete rafel langsamerhand uit. Na gelang haar kragte afneem, word dit bloot n futlose gekla elke keer as die mes in haar lyf sink. Ook haar gespartel bedaar en die gesing en dans van die vroue word minder intens. Soos wat die meisie se liggaam stil word, verstadig ook hul bewegings; sing hulle sagter totdat net n mompelende geneurie en daarna n grafstilte oorbly.
Nou werskaf die inyanga oor die meisie. Hy sny aan die lewelose liggaam, haal iets uit. Een van die vroue beweeg om die graf, kniel aan die ander kant, n kalbas in haar hand.
Naas het onbewus aan die bewe; sag aan die kerm gegaan. Wat hy nou sien, skok s dat dit hom laat duisel. Die inyanga eet iets waarvan nog bloed drup. Toe gee die vrou die kalbas vir hom aan. Hy bring dit na sy lippe. Ook die twee dansers drink van die kalbas se inhoud  waarskynlik die dooie se bloed, besef Naas  en smeer dan die res aan hulle liggame.
Nou het hy alles gesien, dink Naas in n koma van ontsteltenis. Maar toe blr die bok weer, angsvallig en sonder ophou. Iemand is besig om die bok na die graf toe te sleep. By nadere aanskoue sien Naas dit is n gitswart bok, n uitgegroeide kapater, en dat dit Barkus Hoon is, sonder n draad aan sy blok van n lyf, wat die spartelende dier na die graf toe bring. Bo-op die dooie meisie word die bok nou oopgespalk. Almal drom om die graf saam, sodat Naas se uitsig byna heeltemal versper word. Maar die bok blr of hy vermoor word en die haan kraai sy angs met ewe veel fors uit. Dan smoor die haan se kok-kok. Die bok blr sy ontsteltenis, terwyl die gewerskaf vir etlike minute voortduur. Eindelik word die bok gelos. Hy hardloop links van Naas verby, struikel nog n entjie verder en slaan toe neer waar hy blrend en skoppend bly l.
Wanneer Naas weer in die rigting van die graf kyk, is die mense weg. Die graf l verlate en stil in die maanlig. Alles is doodstil, geheimsinnig stil. Naas vryf sy o. Dit is asof alles nooit gebeur het nie; bloot n vlug van sy verbeelding was.
Hy skud homself, kyk versigtig om hom, kyk na waar hy glo hy het Barkus Hoon laas gesien en skrik vir die soveelste keer, sy hart in sy keel. Want waar Barkus Hoon veronderstel is om te wees, effens verder weg, gewaar hy nou n onaardse wit gedaante hoog bokant die aarde. Toe praat die gedaante, hoor hy Cornelia se gedrae stem: Jy moet nou loop  loop  loop  Toe, jy moet loop! Loop slaap! Loop slaap 
Naas kom nou agter Cornelia sit bo-op Bordeaux en Barkus staan half agter n bos. Hy staan onderdanig voor Cornelia; staan so vir nog n minuut onderwyl sy haar bevel oor en oor herhaal. Hy staan soos iemand wat nie mooi kan hoor nie, iemand sonder begrip vir wie dit lank duur voordat n opdrag betekenis kry; insink. Toe draai hy om en loop, loop soos hy gekom het, terug in die rigting van Doornrug se opstal. Cornelia volg hom, onskynlik tydsaam. Maar ook sy is in n ommesien uit die oog.
Naas kom versigtig orent. Hy kyk eers goed rond, begin dan op sy hoede in die rigting van die opstal koers. Hy loop wyd en sku, want hy is bang hier is steeds van die bose figure in die omtrek.
Skaars twintig tree, toe struikel hy half oor die bok. Die swart bok l n soliede kol op die donker grond, skop nog met voor- en agterpote en kla met kragtelose kreungeluide. Die bok is in sy laaste stuiptrekkings, besig om stadig te vrek.
Naas buk onwillekeurig oor die gedoemde dier. Die bok se keel is nie afgesny nie en daar is geen teken van bloed te bespeur nie. Wat het hulle dan aan hom gedoen?
Meteens val dit Naas op hoe opgeswel die bok se buik is, nes n swaardragtige bokooi. Maar dit is nie n bokooi hierdie nie. Dit is n rankerige, brandmaer kapater! Dan sien hy die gebroke bloedstreep wat regoor die skoppende bok se pens strek. Kan dit waar wees? Die dier is dan gedeeltelik afgeslag  lewendig oopgesny en weer toegewerk, slordig met n bokriempie toegewerk!
Of dt nie grusaam genoeg is nie, merk Naas in ongeloof op dat n swart en wit penveer, n gedeelte van n hoender se vlerk, tussen die wye steke deurkom  en tref dit hom soos n sweepslag: Die haan is in die bok se ingewande toegewerk! n Paniekerige kekkelgeluid kom gesmoord maar onmiskenbaar uit die bok se ingewande. Grote hemel! Die hoenderhaan is lewendig in die lewendige bok se buik toegewerk!
Dit skok tot in sy diepste wese. Naas se eerste gedagte is om die arme haan minstens van so n versmoordood te red. Hy voel na sy mes in sy broeksak. Maar hy het sy sakmes in sy kamer laat l. Dan  Hy buk weer oor die bok, voel na die punt van die bokriempie.
Los! Nee, los, jong!
Naas skrik hom byna verstandeloos. Hy ruk orent. Wil skree, wil vlug.
n Sterk hand kry hom ru aan n skouer beet. Hy ruk om, oortuig dat sy laaste uur aangebreek het.
Dit duur sekondes voordat hy die gesig hier voor hom agter die verplukte bos baard in die maanlig herken.
Bedaar, krel, bedaar! paai oom Staag Lemier. Moenie jou n eers buite weste skrik nie. Jy kon vanaand al tien maal dood gewees het.
Oom Staag Lemier kyk Naas intens in die o en gaan dan voort: Ja, nout jy ok iets gesien. Hy skraap sy keel.
Ou seun, wat jy vanaand gesien het, is n vloek, n verskriklike vloek wat oor iemand en dt wat aan hom behoort, uitgespreek is. Maar oor wie? Ek dink  ek dink ek weet. Dalk weet ek. Oom Staag Lemier sug opeens of hy die wreld dra.
Naas Ferreira, wat jy hier gesien het, het jy nie gesien nie. Jy seg dit vir gn mens nie, nie as jy ooit jou lewe liefhet nie. En sy  sy wat jy hier gesien het, vergeet van haar. Jy het haar nie hier gesien nie. Jyt niks gesien nie. Bly net uit haar pad uit, vir nou en vir altyd. Sy  Sys n heks, hoor jy? Sys die dood vir jou. Ja, sy dra die dood, die tweede dood in haar, vir jou en vir ons ammal. Want syt haar bed gemaak. Dis haar bed. Moenie dit jou bed ook maak nie. Loop huis toe en loop slaap. Toe, loop nou, en vergeet van alles.
Oom Staag Lemier gee Naas n stamp in die rigting van Doornrug se opstal en raak toe self soos n skaduwee tussen die bome weg.
