Tant Martjie
Ek het vir tant Martjie haar vorms help invul, die dag toe sy wou aansoek doen vir inwoning by ons nuwe tehuis vir bejaar-des. Daarna het Oubaas, haar seun, my daarvoor kom bedank.
Man, ja, baie dankie dat jy vir ons die knoop deurgehaak het. n Eie kind kan nie sy ouer forseer om te gaan nie, maar ou Moeder was vir ons almal n beproewing in later jare.
Ek het verstaan wat hy bedoel. Ons hele kontrei wat nog in die seninge van n plaastelefoon deel het, het Oubaas se pro-bleem verstaan.
Oubaas het as jong man by ons in die poskantoor kom werk, in een van ons voorste families ingetrou, goed en modern vorentoe geboer en selfs grond kon bykoop. Oubaas is ons man op die verskeie produksierade, op boeretoere na die buiteland, en so meer. N die dood van sy vader, een van die ou hardes van die noordweste, het sy ma, tant Martjie, by Oubaas-hulle kom inwoon. In die sestig, groot van gebeente en wakker van gees was sy nog. Sy kon n mofhamel met gemak aan sy agterpoot vang, sy was op datum van die Rebellie, die swart Spaanse griep dwarsdeur die Depressie en die kommandowurms tot by die groot lammerweggooi van die vroe sestigerjare.
Sy kon geestig en interessant gesels, maar wat gemaak het dat ons almal meer as eers by Oubaas kom aanry het, was tant Martjie se lag. Ons het tot op die tyd wat sy by ons ingetrek het, nog nooit iemand so hoor lag nie. Dis nie n geleerde laggie agter n bakhand weggesteek nie, dit is nie die senuweeagtige
runniklaggie van die moderne vrou nie, dis n groot Halleluja-lag van n veldsiel, en wanneer sy lag, lag sy n hele kamer vol. Dit begin bo in die borskas, dit swiep n paar maal soos n groot arend grondlangs op dieselfde toonhoogte en dan vat n mag-tige asemtog dit van diep uit die maag, ruk asemkanaal, mond en neusholte tot volle modulasie oop en dan dawer dit triom-fantlik met drie, vier toonvariasies die ruimtes in, vir die volle duur van n Messiaanse amen. Ons het vir ander daarvan vertel, ons het vir beuselagtighede daar aangery en nog ure daarna die opwinding van haar vrolikheid in ons voel natril, en ons het al-mal besluit dat n mens eintlik baie meer in die ou lewe moet lag.
Die eerste keer dat ek agtergekom het tant Martjie se lag kan nie altyd op gesigswaarde beoordeel word nie, was di keer met Oubaas se verjaarsdag toe die hele buurt se mense in sy voorkamer gesit en tant Martjie onder dawerende lagbuie vertel het dat Oubaas jou waarlik waar geen hoenders aanhou nie, maar op winkeleiers leef. Die manier waarop tant Martjie van winkeleiers praat, gee jou kompleet die gevoel dat win-keliers slymerige likkewane in hul pakhuise aanhou om vir hulle die winkeleiers te l. Nou ja, Oubaas, net soos baie boere wat noukeurig met hulle opgawes werk, het lankal agterge-kom dat, tensy jy duisende hoenders aanhou, dit net nie meer lonend is om n hoenderboerdery te h nie. Hy was nie die enig-ste een in daardie voorkamer wat in daardie stadium n ver-bruiker van winkeleiers was nie, maar n daardie gelag van tant Martjie het ons almal ongemaklik gevoel en meteens was dit vir ons ook self snaaks dat n mens winkeleiers kan gebruik en meteens het dit vir ons ook gevoel asof winkeliers slymerige likkewane in hul pakhuise aanhou om winkeleiers vir hulle te l. n Hele paar vroue het tot die ergernis van hulle mans, wat die hoenderkos moet koop, weer oorgegaan tot onekonomiese hoenderbrouery en ek self het my klompie langbeenbasters met nuwe respek bejen. Tant Martjie het daarna self vir haar n dosyn van die ouderwetse koekoeke aangeskaf en met een aan die broei en vier in die l ons hele kontrei van plaaseiers voorsien.
Nou was die botter aan die beurt. Tant Martjie het die plaastelefone byna verrinneweer soos sy lag wanneer sy ons om die beurt bel om te vertel hoedat Oubaas se vrou, begryp jou aan, ten spyte van duur melkkoeie en hospitaalstalle nie n krieseltjie botter in die huis het nie.
Nie n sippereiter, nie n melkdoek nie, gn niks nie, mens, nie gn niks nie.
Ons het geduldig probeer verduidelik. Vir n boer soos Ou-baas wat n melkkwota in Johannesburg het, is dit onsinnig om n dopemmertjie melk uit te hou, n roomafskeier in werking te hou, n bakkie room af te karring net om die statussimbool van goeie ou plaasbotter te h, maar terwyl jy nog aan die verdui-delik is, begin jou eie verduidelikings vir jou al hoe verspotter klink en op die ou end dwing jy al om saam met tant Martjie te lag. Sy het vir haar twee basterkoeie aangeskaf, twee regte ou draadkruipskarminkels, hulle saans aangekeer werf toe, aan twee pale gespan en self uitgemelk. Ek het toe vir die eerste keer kon proe hoe smaak die regte kalbasdikmelk waarvan die ou mense so gepraat het. Maar daar was geen man in ons kon-trei wat n goeie woord vir tant Martjie se koeie gehad het nie.
Hulle hoes behoorlik soos mense, hulle is opgevreet van die tering, s oom Koot.
Toe daar kort daarna besmetlike misgeboorte onder Ou-baas se frieskudde uitbreek en hom byna runeer, s hulle: Ons het geweet Oubaas sal tyding kry van die twee ou bieskapers. Ons het net die fout by die verkeerde ent gesoek.
Toe tant Martjie ons di wintermre voor kerk ontsenu met die nuus dat Oubaas-hulle mos geen vark het om in jou oog te steek vir die slagtery nie, het ons al verlangs gehoor dat Oubaas in die laaste tyd so sukkel met sy senuwees.
Ou Martjie sal hom nog op sy knie bring met al haar dinge, het oom Koot duister voorspel. Oom Koot, toe wewe-naar, het n vreeslike hekel in tant Martjie ontwikkel, en daar was geen hoop dat hy met n huweliksvoorstel die toestand kon verlig nie.
Ek het so tussen die laaste gelui en tant Martjie se lagbuie beduie van hoe jy vandag se dae op n plaas net een van twee
dinge doen. Jy hou opreggeteelde varke aan in huise soos di van mense en jy voer hulle wetenskaplik voorbereide mengsels, en laai hulle soos skole harders in trokke reguit na fabrieke, an-ders koop jy jou spek by die slaghuis en uit en gedaan. Jy het nou net nie meer n ou kortbeksog in n gestapelde kliphok wat jy op aartappelskille en koffiemoer vetmaak nie. Nou maar hoekom nie? wonder ek self die hele diens deur, en dit kos my man dae se redenasie om my weer onder die invloed van die kortbekmetode uit te kry.
O, maar waar ek Oubaas die jammerste gekry het, was die dag met die Geloftefees toe tant Martjie ons met fleur en geur die lagwekkende toestand van Oubaas se direksieskappe ver-tel: Kom netjies uitgevat met dokumentetas en wat nie alles nie uit. Direksievergadering van s nou maar die boerkoolraad. Maar jy plant mos gn boerkool nie, vra sy hom en dan s hy: Nee, maar ek het aandele in die fabriek wat boerkool bemark. En sy wat tant Martjie is, sou hom dan s: O ja, nademaal jy  dan  gesorg  het  dat  jou  eie  raad  die  prys  van  boerkool  so
goedkoop as moontlik vasstel, sodat jou fabriek dit daarna so kan koop en daarna so duur as moontlik kan verkoop.
Ek beduie en s dat wat Oubaas se fabriek vandag by die boerkool maak, vat die Regering mre by sy inkomstebelasting af en dit word weer gebruik om die mielieprys te subsidieer, en so meer, maar wat, ons weet toe al Oubaas se dokter het finaal vasgestel dat Oubaas n maagseer het en hulle s hy sit ure en ure oor sy boerderyrekords.
Hulle s Oubaas is glad nie meer die man wat hy was nie. Daardie vuur waarmee hy n saak op n kongres kon voorl, dit is net nie meer daar nie. Hulle s hy verwaarloos sy boerdery, daar loop allerhande ou mofkoeie tussen sy friese, hulle s hy hou tot kortbekvarke en veerpoothoenders aan, en mense be-gin wonder of Oubaas nie dalk self een van daardie dertigdui-send onekonomiese boere is waarteen hy so driftig gewaarsku het nie.
Toe het ons maar op n dag  dit was weer Oubaas se ver-jaarsdag  die plan gemaak om ons ou buurman te red. Aan my
is dit opgedra om tant Martjie te oorreed om na ons tehuis vir bejaardes op die dorp te trek.
Tant Martjie het op n dag met die aansoekvorms by my aangekom. Toe sy klaar geteken het, skuif sy die vorms reg en ook s bedank my: Dankie, my kind, dat jy my gehelp het om die knoop deur te haak. Die boer in ons land vandag is, soos ons Engelse meester destyds ges het, n hs-bien. Ek hoop maar ek beleef nie meer die dag dat Oubaas ook van sy plaas moet af nie. Daar is dertigduisend wat moet af, weet jy.
Waar kom Tante daaraan? vra ek. Ek weet. Ek weet.
Oubaas is een van ons beste boere, s ek. As hy moet af, sal die hele boel van ons moet af en dit kan mos nie.
Sy bly my n antwoord skuldig, maar sy lag, haar groot ver-skriklike lag, en lank n sy weg is, sit ek nog met yskoue onge-maklikheid tussen die blaaie. Kan dit nie dat ons almal moet af nie? Hoe seker is ek dat dit nie kan nie?
