Hoofstuk 5
Toe Naas Ferreira weer van iets bewus word, is dit n gewaarwording van pyn en n egalige gewieg. n Relmatige geklop-klop-klop dring ook tot hom deur; onafgebroke, dringend.
Wies daar? Wies daar? probeer hy roep, maar mompel skaars.
Iets het hom aan n skouer beet en sleep hom weg. Hy verset hom. Jy maak my seer! Ai, jy maak my seer! protesteer hy en maak weer skaars n geluid.
Toe hy eindelik sy o oopkry, kyk hy teen die eienaardigste voorwerp vas. Eers dink hy dit is die agterkant van n watent, soos sy pa se wa se tent waarin hy baie kere wakker geword het toe hy n klein seuntjie was.
Maar toe kom hy agter dit is nie n watent nie. Wat hy vir die wit tentseile aangesien het, is n vrou se kappie. En die ding wat vir hom so raar en onwerklik gelyk het, sien hy nou, is die gesig van n meisie. Hy sien haar ken, haar mond, haar neus en haar o.
Haar o is nie soos n ander mens se o nie. Want ofskoon sy afkyk in sy gesig, is dit of hulle nie weerkaats wat hulle sien nie. Sy kan nie sien nie. Of is dit hy wat nie mooi kan sien nie? Want haar gesig breek opeens in n glimlag en sy s opgewonde, maar ver: Kotie, hy het bygekom! Jy moet sien, hy sal lewe!
Dis goeie nuus, Hannie, praat n donker manstem rustig, maar net so uit die verte. Kom ons kyk of hy water wil drink. Ek dink hy behoort baie dors te wees.
Kort daarna voel Naas die koel vog aan sy lippe en drink hy gulsig.
Toe die dogter die vog voor sy mond wegvat, soek hy nog. Arme ding! Hys dood van die dors. Wie is hy en wat gaan ons nou met hom doen, Kotie?
Ek dink dis die seun wat daar by tant Maria-hulle bly  glo n familielid wat vir hulle beeste oppas. Ons vat hom maar huis toe. Arme kind, hy het baie seergekry en moet versorg word. Ma sal weet wat om te doen.
Hulle bespreek Naas, maar dink nie daaraan om met hom te praat nie.
Maar waar kom hy vandaan, Kotie? vra die dogter en voeg by. Kotie, hy het n groot knop agter sy rug. Is dit ook waar hy seergekry het?
Nee, Hannie, hy is gebreklik. Hy is n boggelrug wat so gebore is, vertel Kotie. Ek het gehoor van die seun daar by oom Dolf Bodemer-hulle. Daardie bul, Cornelia se wit bul; jy weet mos, Oemfaan, moes hom aangeval het.
Kotie, moet ons hom nie liewer vir oom Dolf-hulle vat nie? O, jong, jy ken hulle!
Ons is mos nie welkom daar nie. En dis n groot draai uit ons pad. En hulle weet mos nie ons weet van hom nie. Nee wat, ons vat hom huis toe en sorg mooi vir hom totdat hy weer gesond is, besluit Kotie. Arme weeskind!
Is hy n weeskind? vra Hannie na n rukkie.
Ja, en hy is familie van tant Maria; ek dink hys ons stiefnefie.
Die woord bul bring Naas dadelik by die begrip beeste.
Ek moet by my beeste kom, mompel hy nou ontsteld en probeer orent wriemel. Maar hy hyg van n skerp steekpyn in sy bors en val terug, sy kop op Hannie se skoot.
Het hy gepraat? Wat het hy ges? Kon jy hoor? vra Kotie, wat om die beurt met die perde praat.
Iets van beeste. Ek kon ook nie mooi hoor nie.
Nee, ou boet, jy sal vir n lang ruk moet vergeet van beeste. Die wit bul het jou liederlik verflenter en ons moet jou eers weer lap, spot Kotie goedig.
Kotie, ek dink tog ons moet hom Doornrug toe neem, opper die dogter weer haar onsekerheid.
Ek mag nie my voet daar sit nie. En jy ken tant Maria. Hoe dink jy  wie sal vir die arme drommel daar sorg? Nee wat, laat die seun by ons kom l tot hy weer gesond en sterk is. Dan kan hy teruggaan, mits hy so voel. Wat s jy, ou boet? vra Kotie aan Naas.
Die beeste sal slangkop vreet.
Naas probeer met alle mag orent beur. Alles duisel opeens. Hy sien hoe die dogter met die afwesige o wat weer oor hom buk, se o breek  en toe tuimel hy weer in n swart duisternis.
Toe Naas di keer bykom, kyk hy teen n grasdak vas; is daar witgekalkte mure om hom. En di keer is dit nie n dogter wat oor hom buk nie, maar n vrou met haar hare in n bolla en n gesig wat lyk of dit van gelooide leer gemaak is. Sy tuur ondersoekend in sy gesig met intense o wat matelose besorgdheid openbaar. Haar hande is doenig aan sy lyf en dit maak ontsettend seer.
Ja, ek weet ek maak jou seer, my kjind. Maar l tog net doodstil. Die bul het van jou ribbes gebreek en ek moet jou verbind, paai sy.
Eina! O, tog! O, tog! kerm Naas en hyg. En hy kom agter die dogter van die kar staan agter hom; hou hom aan die skouers vas.
Ja, kjind, jy het baie seergekry en dit is n godswonder die bul het jou nie doodgemaak nie. Ons hoop maar jou harslag het nie geskeur nie.
n Man verskyn in Naas se gesigsveld. Naas sien hy het n kort, vol, goedversorgde baard en donker, lewendige o. Ek het Santie gebring, Ma. Hoe gaan dit nou met hom?
Wel  Hy is nie dood nie. Ons sal maar moet sien. As ons net kan keer dat daar kwaad in die wonde kom  of infilmasie. Het jy oom Staag laat weet? En jy sal Dolf-hulle moet laat weet hy is hier. Ai, mens wil nie hieroor weer dinge met hulle h nie.
Ma, ek is bang hulle kom vat hom. Ma weet watse sorg sal die arme kind daar kry, opper die jongman.
Ja, so is dit. Die vrou sug. Ek hoop nie dit bring nuwe onvrede nie. Hannie, loop s Santie moet kyk of die wynruit en willeals al goed getrek is. Toe, ons moet die koors voorspring as ons kan. Kotie, ek dink tog jy moet stuur en laat weet. Laat weet die kind het baie seergekry en sal vir weke nie geroer kan word nie. Dan moet Maria maar haar maak maak. Ai, sys mos darem ook n mens, al het sy n hart van klip.
n Meisie met hare soos ryp koring, ouer as Hannie, kom met n beker die vertrek binne. Tant Lenie, dis nog brandwarm, waarsku sy die ouer vrou, wat die beker versigtig uit haar hande neem.
Tant Lenie gooi die inhoud vir n ruk tydsaam van een beker na n ander. Toe sy aanvaar dit is koud genoeg, ondersteun sy Naas se kop met haar hand en s: Drink dit, my kind. Dit sal help om jou gou gesond te kry.
Die konkoksie slaan Naas se asem byna weg. Toe hy daaraan proe, is dit eers sleg, bitter, frank, wrang. n Rilling wurm deur hom. Kom. Jy moet dit drink. Santie, help my. Hy moet dit drink. Tant Lenie is onverbiddelik.
Naas knyp sy o toe en begin drink. Hy sluk die inhoud sluk vir sluk weg, al voel hy om dood te gaan van die onhoudbare slegte smaak.
Die aaklige smaak bly in sy mond, kleef soos slymtoue aan sy tong en verhemelte, wat opeens kurkdroog is. Santie, kry vir ons die boegoestroop, beveel tant Lenie. Toe maak gou.
Naas voel hy moet protesteer. Hy kan nie nog 
Maar toe is Santie by met n erdebeker. Tant Lenie neem dit. Toe, hiervan kan jy drink soveel as wat jy wil h. Toe, jou liggaam het vog nodig vir al die bloed wat jy verloor het.
Naas sluk die eerste mond vol teensinnig. Maar die nuwe medisyne is soet, koel en heerlik verkwikkend. Tant Lenie moet die beker voor sy mond wegskeur. Nog dors? vra sy. Kind, jy kan aanstons weer kry. Nou moet jy eers rus.
Naas raak aan die slaap. Toe hy wakker word, is sy eerste gedagte waar die beeste is en wat van hulle geword het. Die beeste en hulle versorging is soos n strenge regter op sy gewete. Hy glo hy moet by die beeste kom. Hy moet sorg dat hulle nie in die lande kom nie, nie slangkop vreet nie. Hy kom nou agter hy het net n lang, wit ding aan: n soort naghemp of nagrok met n kantkragie.
Naas onthou nou hy het nie n draad klere aangehad toe Kotie en Hannie hom gekry het nie. Oemfaan het sy broek en hemp, selfs sy een skoen, van hom gestroop.
En nou merk hy ook dit moet al donker nag wees. Daar brand n kers op n rakkie bokant sy kop. Iewers kom n luggie in, want die kersvlam flikker en gooi skaduwees tot in die verste hoeke van die kamer. Toe gewaar hy iemand voor sy bed in n platterige skommelstoel. Hy aanvaar dit is tant Lenie, maar kom dan agter dit is Hannie, die blinde meisie.
Hannie slaap, haar kop agteroor op n verekussing, haar egalige gelaat volkome ontspanne. Haar o is gesluit. Naas kyk en kyk na haar gesig. In sy kort lewe het hy nog nooit so na n mooi meisie kon kyk nie. Sy slaap en sy is blind. Hy hoef nie nou skaam te wees nie. Hy kan indrink wat hy sien, die dors in sy siel les met die lieflikheid van die meisiekind voor hom.
En sy is mooi, vir hom byna so mooi soos Cornelia  en om n rede wat hy nie kan verklaar nie, vereenselwig hy haar met Ousus. Sy het gehelp om hom van die bul te red, volgens wat hy kan onthou, sy kop op haar skoot laat l en selfs n deel van haar eie klere op sy bloeiende wonde gehou. Sy het gehelp om sy lewe te red. Sys mooi, so uiters mooi, so mooi soos  Nee, sy is byna mooier as Ousus en sy ma. Sy 
Toe skrik hy geweldig. Hy keer sy o vinnig weg en sluit hulle, om n oomblik later weer in die rigting van die dogter te loer. Want haar o het opeens oopgefladder, sy o, so intens, allig op haar gesig betrap.
Maar sys mos blind en kan nie sien nie!
Dit tref Naas weer dat haar o anders is. Dis of sy na hom kyk, maar hom nie sien nie. Hy waag dit nou om in haar o te kyk. Haar o fokus nie op sy gesig nie. Hulle tuur maar net stip na onskynlik niks.
Toe glimlag sy.
Hoekom kyk jy so vir my? vra sy opeens. Voel jy nou beter?
Naas is betrap en weet nie wat om te s nie; stamel dan eindelik: Ek het n suster gehad. Sy was baie mooi vir my. Hy aarsel, skraap eers moed bymekaar. Hannie, jy is net so mooi.
Is ek? Regtig? vra sy gretig. Ag, jy speel, wys sy hom tereg en s dan byna verwonderd: En jy ken my naam?
Ek was baie, baie lief vir Ousus, bely hy.
Vertel my van haar.
Sy is dood, s Naas. Hy aarsel lank, sommer verdrietig en kyk na sy stukkende hande. Dan begin hy met stampe en stote vertel, want sy bors en sy sy kry seer. Hy vertel brokkelrig van Ousus, van sy pa en sy ma, van die swerfpad in daardie godvergete, ver land.
Nee, nou moet jy nie meer praat nie. Jy kan my later meer vertel. Ek gaan kry vir jou medisyne, paai sy en staan op. Naas sien hoedat sy skuifelend in die rigting van die deur loop, verdwyn. Dit tref hom sy het nie die kers gevat nie.
Dit is weer van die slegte brousel. Naas ruik die wynruit. Hy kyk haar aan. Sy o vra: Moet ek dit weer drink?
Ma se orders. Dis goed vir jou. Dit sal jou gesond maak. Hoe weet sy van sy protes? Ek bring vir jou boegoestroop, so veel as wat jy wil h, beloof sy.
Hy sluk en wurg aan die wynruit-en-wildealsmengsel wat nie in sy keel wil af nie; drink tot die laaste druppel en l dan uitgeput op die randjie  of so verbeel hy hom  van die dood.
Hannie skuifel kombuis toe om vir hom heuningstroop te gaan haal. Daarvan kan hy nie genoeg kry nie en hulle stoei mettertyd om die beker, sy vol lag omdat hy so gulsig is.
Naas raak kort daarna weer aan die slaap. Hy droom van die wit bul wat dan Hannie, dan Cornelia se gesig het. By tye is hy weerloos daar op die rand van die vlaktes, op soek na n bul met n wit mensgesig, n bul wat kan praat.
Die koors pak tg sy liggaam en hy l vir dae in n toestand tussen droom en wakker wees, altyd bewus van n swaar gewig in sy sy wat hy soos n las saam met hom moet tors en waarvan slegs sy yldrome hom wegvoer.
En intussen is daar gedurig die wisseling van gesigte rondom sy bed: dan Kotie se bebaarde, vriendelike gesig, dan Hannie se besorgde gesig, of die moederlike gesig van tant Lenie, of die meisie met die goue hare, Santie. Daar is nog n gesig: oud, verwaarloos, onbekend.
Soms gaan die gesig wat hy sien met baie pyn gepaard. Dan weer les die gesig sy dors; is dit soos n fontein koel water waarin hy sy koorsige liggaam laaf.
Toe weet hy op n oggend opeens weer waar hy is. Toe Hannie aarselend inkom en haar blinde hande na hom uitsteek, kry hy haar een hand in syne. Haar gesig breek in n glimlag. Sy was sy gesig en sy hande met n ingeseepte nat waslap en gee hom van die heuningwater om te drink.
Het jy nou klaar geslaap? vra sy.
Hoe lank het ek geslaap? vra hy in antwoord.
Bedoel jy hoe lank was jy siek? Dit gaan nou in vir twee weke. Ons was so bang en besorg! Ma het een keer rrig gedink jy gaan dood. Maar toe het die draai gekom en het jy die oorhand oor jou siekte gekry.
Is ek al so lank hier by julle? Dan moet ek huis toe gaan. Die beeste  Naas probeer orent kom, maar sy sy pyn so dat hy hygend op die kussing terugval. Jy moet doodstil l, berispe Hannie. Jy sal nog lank stil moet l. Jou ribbetjies moet eers weer aangroei. Onthou, jy moenie roer nie.
Maar my werk wag vir my. My tante 
Hulle gee tog nie so om nie. Oom Dolf en tant Maria was hier. Mens kon sien hulle is bly jy is nie nou n las op hul nekke nie. Wil jy s graag teruggaan Doornrug toe? vra Hannie.
Ek bly by hulle.
En bly jy lekker by hulle?
Naas bly haar n antwoord verskuldig. Sy o kyk na binne, na sy pyn en sy ellende. Na sy liefdelose bestaan. Vir n oomblik sien hy Cornelia glimlag, ervaar hy die innigheid van haar sporadiese vriendelikheid. Ek bly daar, herhaal hy lamlendig.
Ag, jou arme seunskind! Hannie s dit met soveel deernis. Sy s dit soos n oumens en Naas lees die erbarming op haar gesig.
Hannie is van di dag af die meeste van almal by hom. Soms kom sit sy by hom met lap- en stopwerk en gesels hulle, met Hannie wat meestal die praatwerk doen. Ander kere sit sy net; praat hulle vir lang tye nie n woord nie. Dan is sy o gedurig op haar behendige hande, verwonder hy hom aan haar. Dit is aangenaam om haar by hom te h en hy glo al sy wil net so graag by hom wees.
Kotie kom loer net nou en dan in. Dan is hy vol sgoed en ruik hy na beeste, na perde, of sommer net na die plaas.
Hoekom kom tant Maria-hulle nie weer nie? wil Naas van Hannie weet.
Hannie brei voort en praat nie dadelik nie. Dan s sy met n knoop in haar mond: Hulle hou nie van ons nie.
n Oomblik later s sy: Ek dink hulle is naganig op ons oor Mooifontein. Tant Maria wou Mooifontein bitter graag gehad het. Dit het toe so gekom dat oorlede Pa die plaas gekry het. Die Bodemers, eintlik tant Maria, lyk dit, wil alles h.
Is julle dan ook familie? waag Naas.
Stief. Oupa Danie was eers met my pa se ma getroud. Sy was n weduwee en Pa was haar enigste kind voor haar troue met oupa Danie. Toe is my ouma dood en toe is oupa Danie met ouma Hartjie getroud. Tant Maria en haar suster, jou ma  hulle het nooit geweet wat van haar geword het nie  is al kinders uit di huwelik. Toe Pa trou, gee oupa Danie Mooifontein vir hom. Van toe af is tant Maria ons vyand. Glo jy aan golary?
Ek? Ek weet niks daarvan af nie. Naas bly n oomblik stil; s-vra dan versigtig: En jou pa is dood?
Ja, Pappa het sommer net siek geword. Hy was eers so sterk  en toe het hy sommer weggekwyn en doodgegaan. Ma glo hy is getoor. Ma is bang hulle gaan Kotie ook toor, want hier gaan snaakse dinge by ons aan. Jy sal nog agterkom.
Hannie, my kind, kom bietjie hier, roep tant Lenie skielik.
Hannie bly lank weg. Daarna praat sy nie weer oor die vyandskap tussen haar mense en tant Maria nie, selfs nie toe Naas meer wil weet nie. En toe hy meer wil weet van hulle oupa Danie en ouma Hartjie en waar hulle nou is, s sy net: Weet jy dan nie van hulle nie? Hulle is mos daar, daar op Doornrug.
Naas kan n week later met hulp versigtig uit die bed opstaan en tot op die voorstoep kom. Van die stoep af kyk hy uit oor die tuin, oor n deel van die landerye en oor vrugtebome en sien hy die fontein in die verte. Hy sien die water in die sonlig blink.
Is dit julle fontein? vra hy aan Hannie.
Ja, dis Mooifontein. Dis die mooiste fontein en hy het n rivier se water, s Hannie.
Van toe af kan Naas ure lank na die donker poel water kyk. Mooifontein is anders as ander fonteine. Dit l so stil. Dit lyk so diep en koel. Dit is so geheimsinnig. Ver onderkant die fontein sprei die landerye uit tot byna in die oneindigheid. Vir Naas lyk dit soos n see van groen koringlande. En soms is daar mense op die landerye doenig. Hulle lei water, bre strome water, uit die immer gewende fontein.
Mooifontein is die allermooiste plaas en die fontein is soos waters wat lewe n lewe gee. Geen wonder  Hannie kom nie verder nie. Ons sal nooit van Mooifontein afstand doen nie, selfs nie al 
Sy stuit weer tot swye.
In die weke wat kom, neem Naas ook kennis van onverklaarbare dinge. Borde op die kombuisrak val kletterend op die perskepitvloer. Mens hoor behoorlik hoe die skerwe spat. Eenkeer gil Santie histeries: Iemand het my hare getrek! Tant Lenie kla oor kos nog op die vuur wat muf word. Toe skiet Kotie na n bobbejaan op die werf. Naas hoor hoe hy pleit: Ma, ons kan nie een duiwel met n ander duiwel beveg nie.
Almiskie, my kind, maar mens kan nie so uithou nie. As mens se kos op die vuur vrot word ! Jy moet ou Staag s hy moet iets 
Tant Lenie se woorde rafel uit; dring dan weer tot Naas deur. Dis Maria. O, sy het alles altyd net vir haarself gegun. Wat het ou Staag ges?
Ma, hy s hiers iemand  iemand in die huis; een van ons. Die bose mag werk deur daardie persoon, iemand wat nie eens daarvan weet nie. Dit kan Ma, of ek  enigiemand wees.
Hannie, dalk? Sy was as kind so aantreklik. Maar soms word sy aangeval  Hoe ? En sys blind! Kotie, wat gaan aan? vra tant Lenie radeloos.
Ek sal oom Staag vra om weer te kom kyk. Ek sal hom soebat.
Of die gesoebat suksesvol was, kon Naas nie weet nie. Maar vir n rukkie daarna is dit tog of die onverklaarbare duiwels Mooifontein n bietjie met rus laat.
Wanneer Naas weer perdfris is, kan hy nie langer op Mooifontein bly nie. Hy moet terug Doornrug toe, na oom Dolf en tant Maria. Vroeg die oggend val hy en Kotie in die pad. Die vars oggendlug en die nuwe krag wat Naas in sy lyf voel, laat hom opnuut met verwondering dink aan die wyse waarop Mooifontein se mense hom na die lewe teruggedokter het. Hoekom was julle so goed vir my, Kotie? vra hy wanneer hy die vraag nie meer kan onderdruk nie.
Kotie reageer nie dadelik nie. n Glimlag speel om sy mond. Hoe moet ek vir jou s, ou Naas? Jys mos familie en dit was lekker om jou by ons te h. Ja, en ons is lief vir jou, en jammer ook. Want jy is mos n weeskind.
Dit is seker rede genoeg. Die perde draf egalig. Dan s Kotie: Naas, as jy ooit voel jy wil nie meer op Doornrug bly nie, moet jy nie wag nie. Hier by ons sal jy altyd welkom wees.
Maar tant Maria is my tante. Dit was my ma se sterwenswens dat ek by hulle moet bly.
Ja. En daarop moet n man ag gee, meen ook Kotie.
Toe hulle Doornrug se opstal met die hoofpad nader, s Kotie: Ek laai jou sommer hier langs die pad af. Dan ry ek hiervandaan voort na my beeste toe. Jy verstaan mos?
Nee, dis goed so. Maar Naas wonder tog.
Hier draai ek weg, s Kotie toe hulle by n afdraaipad na links kom, maar ek kan jou maar nog n entjie vat, Naas?
Nee wat, ek stap kortpad deur die bos. Dis sommer naby. Die plaas se hoekbaken l mos hier rond.
Hoe weet jy dit? Kotie se antwoord kom skerp; byna bytend oor.
Ek het sommer geraai.
Naas, ek sien jy loop oopo. Kotie kug; s dan: Ons het die Bodemers nie laat weet nie  Ek dink dit sal beter wees as jy s jy het uit jou eie gekom.
Maar  Maar  Naas bedink hom. Ek sal niks s nie. Ek sal sommer s  Wat moet ek s? Kotie, wat moet ek s?
S jys gesond en jy het huis toe verlang. S jy het moeg geword vir ons. Ja, s dit was nie te lekker daar by ons nie.
Dan s ek maar so. Maar dit ws lekker daar by julle, Kotie.
Dankie Naas. Dit was lekker om jou by ons te h.
Van die kruising waar Kotie vir Naas afgelaai het, loop die pad na die opstal met n Kaapse draai. Naas kies kortpad deur die bos. Hy was lanklaas in die omgewing, laas toe Abel Klootwyk se osse hier gewy het. Die bos hier is ruig. Plek-plek moet hy ompad loop om die ergste ruigtes te vermy. Die duiwe se gekoer en die vols se gekwetter is so deel van die bos dat hy dit nie bewus hoor nie. Hy voel dit net aan soos hy die gees van die bos aanvoel: n gees wat, anders as die volgesang, niks goeds voorspel nie. Die bos is vir hom n dreigement, swaar en drukkend, selfs vreesaanjaend.
So skielik soos wat hy aan die graf dink, so skielik kom hy daarop af. Opeens l die vreesaanjaende baken reg voor hom, so asof hy direk daarheen gelei is.
Dit is vroegmiddag, nog helder dag. Naas staal homself en stap nader. Hy besluit om di keer mooier te kyk, want hy is nie nou so bang vir spoke nie. Dan gewaar hy weer iets wat in die kraak in die graf verdwyn. Hy skrik. Dis byna soos laas. Maar dadelik vermaan hy homself vir sy oordrewe verbeeldingskrag. Dit kan tog net n akkedis wees!
Naas beskou die sonderlinge graf hierdie keer deeglik en sien dat daar op die leiklipblad geskryf of geteken is. Hy kan die geskrif nie uitmaak nie: Sommige daarvan lyk soos syfers, ander soos letters. Sommige is sommer n sinnelose gekrap. Ook op die stam van die boom wat uit die graf groei is goed wat soos simbole lyk uitgekerf. En net soos daardie skemeraand, kry hy weer die gevoel dat hy dopgehou word. Naas kyk onwillekeurig agter hom, na alle kante toe. Dis n soel somersdag. Die ren van n paar dae gelede damp nog uit die aarde, vorm los wolke wat soos spierwit skepe deur die blou lug vaar.
Toe skrik Naas hom byna uit sy broek. Want hier by hom, hoog in die stam van n groot buffeldoring, vas in n mik gegroei, so lyk dit, kyk die hol oogkasse van n menslike skedel grinnikend na hom.
Naas is lam van skrik. Hy staar soos n veroordeelde na die skedel met sy siglose oogholtes wat tog so vorsend voorkom. Stadig retireer hy tot agter n ander boom  en dan maak hy dat hy wegkom. Wanneer hy eindelik agter die beeskraal uitkom, hyg Naas na sy asem en moet hy eers stilstaan om sy asem te herwin en sy onstuimige hartklop te laat bedaar. Hy bly die skedel voor hom sien. Die geheimsinnigheid van daardie graf, van daardie omgewing, verhewig in hom. Dit is asof daar nie n gewone dooie begrawe is nie; asof dit die skuilplek, is van iets boos en boaards. Dit is n vreeslike plek, n onheilige plek, moet hy glo.
Die geheimsinnigheid van die plek word n ding wat hom volg. Wie is daar begrawe? Wat beteken die snaakse skrif; al die tekeninge? En wat van die skedel so hoog in die boom? Watse plek is dit?
Naas probeer wat hy ervaar het, uit sy gedagtes kry, maar slaag nie daarin nie. Toe hy oor die pad huis toe stap, vervang n ander vrees dit egter meteens. Tant Maria! Wat gaan sy s?
Naas gaan die kliphuis skroomvallig by die agterdeur binne. Ou Kandassie is nie in die kombuis nie. Maar n koddige vreemdeling sit langs die lang kombuistafel. Hy is heeltemal bles met n vol baard wat eens bruin was, maar nou wit gestippel is. Hy dra n pet van jakkalsvel en het n osstertknuppel in een hand.
Die vreemdeling kyk om toe Naas by die deur inkom. Hy kyk met sy swart kraalogies so skerp na Naas dat di ongemaklik begin rondstaan.
Dan is jy die seun wat die bul verongeluk het, s hy. Hy werp n vinnige blik na die binnedeur; s dan gedemp: Jy moenie met hulle oor die Davels praat nie.
Oom? Naas is uit die veld geslaan. Wie is di snaakse man?
Onthou, mure het ore. Praat die waarheid, en bly dan stil, s die man.
Juis toe kom tant Maria van binne af in. Sy steek vas, so asof sy n spook sien. So, dan het jy tog teruggekom? is al groet.
Toe bars Cornelia die vertrek ook binne. Naas! Naas, jys terug! Sy lyk verskriklik bly. Jong, jy was baie lank weg.
Naas begin vertel. Maar toe hy s hoe Kotie Davel hom gered het en hoe siek hy by hulle gel het, is dit of nog net Cornelia luister na wat hy te vertel het.
Die snaakse ou man  Cornelia noem hom oom Staag  het intussen opgestaan. Dans dit weer dags, nig Marja. Laat weet maar as ek weer n klip uit die pad moet kom rol. Cornelia gaan saam met hom na buite en kom nie weer terug nie.
Nou ja, jys op die been en terug. Ek is bly.
Tant Maria vra hom nie uit omtrent sy verblyf by die Davels nie. En toe oom Dolf opdaag, vra hy ook nie uit nie. Hy s net: Ja-nee, ons het Oemfaan afgehok. Die bul is beduiweld en gevaarlik, al is hy ook hoe kosbaar.
Die nag slaap Naas weer bokant die stal op sy solderbed. Elke keer as hy sy o toemaak, sien hy die sonderlinge graf voor hom. Die geraamteskedel bly hom jaag. Dan weer, maal die beeld van oom Staag deur sy gedagtes. En soms is oom Staag se bebaarde bleskop n geraamteskedel en het sy gesig hol oogkasse waaruit o soos gloeiende kole verblindend staar.
Soms is hy wakker. Naas is seker hy is wakker. Hy weet presies waar hy is; kyk op na die balke soos hy hulle die vorige aand in die kerslig gesien het. En hy verbaas hom oor die vreemde mense om hom, mense wat tog ook baie bekend is, maar wie hy daarna nie kan onthou nie.
Naas staan vroeg op. Toe hy aanstaltes maak om met die beeste te gaan wei, s oom Dolf: Naas, ek het nou n ander wagter. Bly by die huis. Van nou af help jy Stefaans met die landerye.
