n Boerebruilof
Abraham Christoffel Naud Preller was daardie koue winter-mre van 27 Junie 1899 in sy skik, dink ek, toe sy dogter Lizzie  een van die mooiste meisies van die Onder-Vals  met Jannie Geldenhuys getroud is.
Rondom die witgekalkte steenkerkie van die klein dorpie Bothaville het die gesienes van die Noordwes-Vrystaat ge-staan. Die mans het netjies geparste snyerspakke aangehad, met swaar horlosiekettings in die geborduurde onderbaadjie-sakke; die baarde was getop, die kuiwe met springbokvet en lourierwater reggedruk. Die vroue, in groepies, het hulle sam-breeltjies oop oor hulle skouers teen die koue suidewindjie ge-hou. Hulle gewaterde tafsy- en fluweeltabberds, gegeer en vol opnaaisels en plooie, het die onmiskenbare kanferhoutgeur van vernaamheid gedra. Verder weg kapkarre, spaaiders, koet-se en landauers bankvas teen mekaar, blink opgevryf, die koet-siers plegtig voor die perde. Om die kerkplein was alle winkels, die polisiestasie, die poskantoor en die smidswinkel toe. Selfs die skool het vroeg gesluit sodat meneer Bosman, die onderwy-ser, en sy vrou Daisy ook die bruilof kon bywoon.
Oom Japie van Rensburg, die geestelike leier van die omge-wing was daar, Herman Claassens van Graspan, Hendrik Lourens van Verlaatspruit, Dolf van Wyk  nasaat van Lang Piet van Wyk, eerste intrekker in daardie dele en een van die eerste eienaars van Gladdedrif, die plaas waarop Bothaville ses jaar voor die bruilof aangel is  en bepaald ook Abraham Prel-
ler se twee vriende Karel Coetzee en Barend Greyling. Hulle was sy kollegas op die dorpsraad en het hom ses jaar tevore in die langgerekte onderhandelings met die Vrystaatse regering bygestaan om die plekkie as dorp verklaar te kry. Waarskynlik sou die vroue van Barend, Karel en Abraham daardie dag die goue borsspelde gedra het wat hulle mans vir hul van Bloem-fontein saamgebring het toe hulle daar was met die Bothavil-lers se petisie.
Selfs die prokureurs Marinus en Cornelius Beukes van Kroonstad en Hartley van Klerksdorp, hooghartig in hulle swart manelpakke, stywe wegstaanboordjies en skoenveter-krawatte, sou daar gewees het, want hulle het die prokureurs-werk behartig en waarskynlik die konkelwerk gedoen wat die deurslag gegee het in die onsmaaklike stryd tussen Preller en sy vriende wat die dorp by Gladdedrif wou h, en Anthonie Goosen, Jan Richter en ander wat dit hor op langs die Vals-rivier wou gehad het. Kortom, al die belangrike mense in die omliggende distrikte en van Bothaville, of Botharnia, soos Prel-ler die dorp eers genoem het, was daardie dag by die troue of het skriftelike verskoning by die Prellers gemaak.
Dit spreek boekdele vir n man soos Abraham Preller, wat n bietjie meer as tien jaar tevore sonder n duit op sy naam agter die toonbank by Coulsen se winkel op Kroonstad gewerk het.
Preller se vader, Carl Frederick Preller, het in troebel tye in Transvaal n bietjie te veel te s gehad oor die Zuid-Afrikaan-sche Republiek se ondoeltreffende administrasie, en toe hy sy o uitvee, is sy grond by Wonderboom naby Pretoria gekonfis-keer en moes hy as bankrot vlugteling na die Vrystaat uitwyk. Sy seun Abraham het as winkelklerk op Kroonstad gaan werk en in 1876 met Heletta Lephina Botha getrou, die dogter van Theuns Botha en Anna Dreyer, albei groot grondbesitters aan die Onder-Vals. Dit het van Abraham Preller n vermonde, maar nog nie vanselfsprekend n gesiene man nie, gemaak. Die skale van n plattelandse omgewing weeg subtieler en stadiger as dit, maar in die loop van tyd het hy om ander redes na die ertsdraende laag van die gemeenskap uitgesak. Hy was vrede-
regter, een van die weiniges wat testamente kon opstel en boe-dels beredder, amptelike briewe kon skryf en sy woord in die hofsaal doen.
Abraham Preller was een van di wat die voortou geneem het toe daar besluit is om iewers weswaarts aan die Valsrivier nog n dorp te stig as verbinding tussen Kroonstad en die pas-gestigte delwersdorpe Kimberley en Klerksdorp. Vir hom was die aangewese plek sy vrou se erfporsie van haar vader Theuns Botha, die plaas Gladdedrif. Met n bietjie regskennis, n slen-terslag en heelwat deursettingsvermo het hy in 1893 die Vry-staatse regering voor die voldonge feit van die aanleg Botharnia gestel, klaar uitgemeet en van water voorsien: Botha-, na sy skoonvader, r-, na Hartley op Klerksdorp, en -nia, na sy vrou Lephina, wat egter dood is voor sy enige van hierdie voor-regte kon geniet.
Ten tyde van sy mooi dogter Lizzie se troue met Jannie Gel-denhuys was hy reeds getroud met sy derde vrou, skaars ouer as Lizzie, was hy lid van die dorpsraad, lid van die kerkraad, veldkornet en daar pas voor die Anglo-Boereoorlog n man na wie daar geluister is.
Op hierdie troue sou Abraham se skoonvader, ryk Theuns Botha aan wie alles eens op n tyd hier behoort het, n belang-rike figuur gewees het. Ten spyte van sy sestig jare het sy rooi-bruin hare nog geen grys gewys en sy gladde vel geen rimpels nie. Dalk het hy, soos op die portret wat van hom bewaar gebly het, sy deftige pak bruin alpakka met sykoordomboorsels om die moue en lapelle aangehad, sy spierwit rondekraaghemp, sy rooi sydas en sy skoene van egte Amerikaanse leer, sonder ve-ters of gaatjies. Soos baie van daardie familie vandag nog doen, het hy waarskynlik druk aan die gesels gestaan, sy linkerhand in sy sy, sy regtervoorvinger gelig, sy kop skuins vooroor, die o glurend onder die ruie wenkbroue. Bes moontlik was hy nie danig in sy skik met die skraal, taamlik behoeftige seun met wie sy kleindogter gaan trou het nie.
As daar iemand op die laaste tippie opgedaag het in sy ligte bokkiekar, of sjees soos dit daardie tyd vernaam genoem is, dan
sou dit Wilhelm van der Lingen, die rysige, indrukwekkende predikant van Kroonstad gewees het, sy baard vierkantig op sy bors gesny, sy kuif agtertoe gestoot en sy groot gevoelvolle o nog vol van die vuur van die rit.
Die perd wat sy kar getrek het, sou n bloedperd met die fynste gange wees, en Dominee sou jou presies kon s hoe lank die rit van Kroonstad af hom gekos het. Dominee van der Lingen was n perdekenner en rasende liefhebber van spog-perde en elegante nuwerwetse Engelse trektuie. Geestelike be-arbeiding het hy graag op n grondslag van n perdegesels aan-gevoor. In die loop van n uur lange gesprek oor perde was die lidmaat se sieletoestand op standaard gebring, sy kollekte in-gevorder en sy twis met die bure besleg.
Dit sou seker Jan van Blommenstein gewees het wat die eerste opmerk dat die bruidskar wegtrek by sy klein rousteen-huisie waar sy vrou Lis die bruid aangetrek het. Jan van Blom-menstein was die lewenslange vriend van Preller en die man wat die poskoetsdiens van Kroonstad na Bothaville behartig het. Sy vrou Lis was n moeder vir die kinders uit Preller se on-derskeie huwelike en ook daardie dag, soos van alle deftige hu-welike van die omgewing, convenor van die bruilof. Dit het haar heelwat status en die gesin n aansienlike inkomste be-sorg.
Die bruilofsgaste wag buite die kerk tot die voorste blou perde van ryk Jan Steyn se spogspan met gekleurde linte en volstuisvere aan die koppe by die kerkhek verskyn.
Jan Steyn, die eienaar van Lacemyn, n diamantmyn naby Bothaville, hou in sy streepmanel, ligbruin broek en wit hand-skoene self die leisels. Toe hy deur die kerkhek binneskuiwe, sny die dun bande van die swart landauer die fyn sand in n sproeiren teen die klippale vas.
Mooi lyk Lizzie Preller in haar wit Merveilleux-troutab-berd aan die arm van haar vader toe sy onder die spel van die traporreltjie die paadjie na haar bruidegom afgestap kom  mooi in die sin van welgeskape, maar ook mooi omdat op daar-die oomblik die erfenis van trotse voorgeslagte op haar jong
gesig te sien was: die Prellers se grys o, besonder ho voorkop en neusbrug wat hoog verby die o oopsny; die skraal, benerige senuweeagtige trekke van die Dreyers, die bloesende gelaats-kleur van die Nauds; die fiere houding van die Bothas.
Ek het Lizzie Preller leer ken toe sy reeds in die negentig was, en van hierdie liggaamlike skoonheid was die kern toe nog duidelik te sien  nog was daar die helder o, die trotsheid, die wakker gees. Sy was toe rs n Boerearistokraat.
Die troudiens daardie dag is waargeneem deur ds. Dnges, die vader van die latere minister, en dit was ongetwyfeld lank, want di leraar was onder die ou mense as n skrifverklaarder en beredeneerder bekend. Die preek kan h deeglik uitge-werk wees, maar Duintjies, soos hy genoem is, het maklik on-der sy diens n redenasie teen sy eie aantekening begin wat die erediens tot n die middagete uitrek. Nie dat iemand hom daarvoor verkwalik het nie. Die ou voorgeslagte was baie ge-duldiger met hulle geleerde mense as ons vandag.
N die diens van ds. Dnges vertrek die bruidstoet na die Prellers se spoghuis op hulle deel van Gladdedrif, wat hulle De Bank noem. As dit daardie dag geren het, het dit niemand se geesdrif gedemp nie, want die woonhuis op De Bank was die grootste in die ganse Onder-Vals. n Fransman, Emile, en n Hollander, Jan de Wachter, het die sandklip gebreek, gekap, tot groot stene afgeskuur en die huis begin bou. Maar die opset was so ontmoedigend groot dat hulle n n jaar op n sekere dag eenvoudig verdwyn het. Willem Knoetze, n tweede bouer, het nog drie jaar geswoeg om hierdie huis, wat deur die Engelse in die Anglo-Boereoorlog afgebrand is, te voltooi. Heletta Lephi-na, vir wie Abraham Preller die huis laat bou het, het nie geleef om dit voltooi te sien nie. n Tweede vrou met opgeskote kin-ders het gekom en gesterf. Eers n derde  n jong vrou, Johanna Wessels  het die swaar behangsels en kosbare plakpapier van die Kaap af met die trein laat kom, die maaltye om die groot okkerneuthouttafel voorgesit en kinders daar in die lewe ge-bring. Helena Lephina het dit afgetrokke vanuit die raam van die groot olieverfskildery in die voorkamer betrag.
Vir die troue was die vertrekke versier met al wat groenig-heid in die wintermaande was.
Die jonger mense drom in die voorkamers saam om die tafels met slapkoeke, melk- en handtertjies en versuikerde vrugte. Hier staan ook die drieverdiepingbruidskoek met sy silwer blaartjies en kunstige suikerversiersel, baie luuksueus en ongewoon vir die tyd. Die Prellers het die koek van Fichardt in Bloemfontein bestel en self met die poskoets na Kroonstad gery om dit van die trein te haal en toe te sien dat dit oor die growwe pad en stamperige driwwe gemaklik bly.
In die lang, bre gange, die dispens, die woonvertrekke, op die ruim stoepe wemel die gaste. Die jong mans dra glase gem-merbier en warm wynpons rond en korswil met die nooien-tjies. By die eettafel met sytafels in die eetkamer sit die bruids-paar saam met die ouer familielede en die vooraanstaandes van die distrik aan. Hier word lang en ingewikkelde heildronke op die families aan weerskante ingestel, want bruilofte was een van die belangrike platforms van openbare sprekers in daardie dae; en dit word afgesluk met goeie Kaapse wyn en ingevoerde jenewer. n Swaar eetmaal met speenvark en lamspastei, geel-rys en gestoofde patats word binnegedra. n Lywige waterbul-poeding staan in die middel van die tafel en stoom in sy sous van witblits, kaneel, suiker en lemoenskil  so kragtig dat die mans se asem daarvan wegslaan.
In die lig van die swaar hanglampe met die glaskegels aan die bre geelhoutplafon het hulle di feesmaal geet. Hulle was die mense wat self die wilde spruite aan die Valsrivier mak ge-maak het, hulle kerk en dorp aangel het, dit bestuur het en jaarliks die rapporte van hulle raadsvergaderings met koets en perde afgeneem het Bloemfontein toe. Hulle is by die fyn gebei-telde pilare van die ou Raadsaal deur Cornelis Wessels inge-wag en begroet, en hulle het aangesit by die deftige eetmale in die ou Residensie, om koerantnuus met die gladde advokaat Abraham Fischer te bespreek.
Maar tye was aan die verander, dit sou selfs die mees onna-denkende moes toegee. n Mens hoef maar net te kyk na die
soel Italianer wat in n swart kelnerspak met wit koksmus uit-gevat, hom as Emilio Castignani met dramatiese gebaar en in krom Afrikaans aan die gaste voorgestel het. Hy is die heel beste vriend van die bruidegom, s hy. Hy bedien, hy moedig aan, hy prys die geur van die disse, die kleredrag van die dames, die tabak van die mans. Hy vertel grappe, hy beaam die gewig-tige stellings van die heildronksprekers, hy neurie Italiaanse straatliedjies, hy mymer en slaan sy hand oor sy hart wanneer hulle vertel hoe luisterryk die bruid se afkoms is en hy sien hoe mooi en sierlik sy lyk.
Voordat die Kaapse wyn begin trek het, was daar sekerlik gaste wat aanstoot geneem het aan die vrypostige Italianer op so n deftige Boerebruilof en onder mekaar gefluister het dat die volksvreemde elemente van Kimberley en Johannesburg oral indring.
Kimberley het in 1871 die vloed van uitlanders en leeglers na die Wes-Vrystaat gebring en saam met hulle die koors om oral na iets te prospekteer. Toe die Sandvelders hulle kom kry, het Frans de Raedt steenkool by Vierfontein op die drumpel van die Sandveld gekry, en teer sy steenkoolwaens hulle skoon driwwe pikswart wanneer dit aankruie Kimberley toe. Skaars het hulle dit verteer, of daar word goud by Johannesburg ont-dek. Toe is die duiwel eers los, en stroom die skorriemorrie van die noorde af in. Oral om Klerksdorp skop daar myntjies oop waar mynwerkers rinkink en Gods naam en eer by die kroe en dobbeltafels verlon.
Op n dag sit daar n prospekteerder langs die pad by Ron-debossie, die plaas van Jan Steyn, en sien hoe die miere korrel-tjies uitwerk wat op n haar net soos kimberliet lyk. Voor Jan Steyn kon s mes, was daar n diamantmyn op sy plaas. De Beers sak op hom toe, koop sy grond onder hom uit, en nou is hy ryk Jan Steyn wat met die spoggerigste span blou perde voor sy landauer ry en  so fluister die mense  elkers spesiaal vir hom n koets en perde huur om Kaap toe te gaan vir besig-heid. Daar steek hy voor die kroegmeisies sy pyp met vyfpond-note op.
Naby Jan Steyn se myn, Lacemyn, het die Italianers Renaldo en Cicero Castignani n winkeltjie gehad. Die Italianer wat dit toe so breed op die deftige Boerebruilof uittrap, was Emilio, hulle derde broer wat pas uit Itali gemmigreer het.
Emilio Castignani was een van die verstommendste fortuin-soekers wat die goudkoors in die Sandveld afgelaai het. Toe Jannie en Lizzie Geldenhuys getroud is, was hy nog maar n paar maande in die land, maar voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog was daar reeds stories dat hy met diamante smok-kel. Gedurende die oorlog is alle bedrywighede by die Lacemyn gestaak, maar kort daarna het speurders hom op n dag met ge-steelde diamante in sy winkel betrap. S word hy die eerste wit man wat in die tronkselle van Kroonstad se nuwe tronk aangehou word. Die geskokte Sandvelders het hulle gesigte be-dek oor die skande en besluit dat die laaste der dagen gebreek het.
Toe Emilio die dag gevang is, het hy sy twee winkelassis-tente snikkend om die hals geval en in gebroke, onverstaan-bare Afrikaans-Italiaans-Sesotho van hulle afskeid geneem.
Toe hy die dag voorkom, het hy die rol van hoogs ontstoke veronregte gespeel en die getuienis op elke punt hartstogtelik bestry. Eindelik is n ondersoek ter plaatse gelas, en hy is onder geleide teruggeneem na sy winkel. Daar vind die hof toe dat n deur wat in die getuienis genoem is, glad nie bestaan nie; dat die kaste waarin die speurders die diamante sou gesien het, glad geen laaie het nie; dat vensters wat links sou gewees het, nou regs is. Die saak is as heeltemal onwaarskynlik verwerp. Agterna is daar beweer dat Emilio se afskeidsprewelings aan sy werkers in werklikheid haastige, skerpsinnige opdragte was om n middeldeur toe te messel, n venster in n symuur te breek, die mure af te wit en sekere meubels te verwyder.
Emilio is nooit weer vervolg nie. Hy het van sy plaaswinkel-tjie na Bothaville verskuif en hom later op Kroonstad aange-sluit by die gemeenskap Tommies wat n die oorlog daar ag-tergebly en van die dorpie n sakesentrum gemaak het. Sy le-gendariese viriliteit, die onkonvensionele botviering daarvan
en sy koelbloedige saketransaksies, onder meer met sy eie bloedverwante, sou selfs in n moderne samelewing opspraak verwek het; tog was hy jare lank burgemeester van Bothaville en van Kroonstad. Hy is trouens al man wat gelyktydig burge-meester van die twee dorpe was. Toe hy eindelik op ho ouder-dom oorlede is, het hy sy derde vrou en al sy kinders, sowel binne- as buite-egtelik, skatryk, godvresend en heeltemal ver-afrikaans nagelaat. Geboue, hotelle en strate op die twee dorpe is na hom vernoem.
Op n keer, so word daar dikwels vertel, het die burgemees-ters van die omliggende dorpe op Bothaville saamgekom. As plaaslike burgemeester moes hy die welkomswoord spreek. In die middel van sy toespraak het hy skielik vasgesteek, geril, n sluk water geneem en formeel ges: I am sorry, gentlemen, but I cannot continue this speech. My young wife is waiting for me at home. Enjoy yourselves in any way you please. Hy het sy stoel opsy geskuif en rietregop en met lang hale die vergader-saal verlaat.
Ja, Lizzie en Jannie Geldenhuys het bepaald n aanskoulike bruilof gehad, maar ek glo nie dat die Geldenhuyse danig onder die indruk was nie. Dit sou nou Oubaas en Bessie Geldenhuys, Jannie se ouers, Aap en Meraai Geldenhuys, Hendrik en Nelie Geldenhuys, sy ooms en sy neefs Jurie, Lang Jan, Jan Staar, Dik Willem en Tol, en so meer, gewees het. Hoewel die Gelden-huyse in daardie jare een-een wat besittings betref nie teen die Bothas kon opweeg nie, en hoewel hulle nie wetsgeleerd soos die Prellers was nie, het hulle hulself as n trappie hor in die samelewing beskou. Hulle plase was tussen die vrugbare Re-noster- en Valsriviere na Kroonstad se kant gele, en hoewel hulle almal ook Sandveldplase gehad het, sou hulle nooit ge-droom het om daarmee te spog nie.
Die Sandveld, soos Bothaville en omstreke destyds bekend was, het eers in die moderne tyd met die gebruik van kunsmis tot die hart van die mielievierhoek ontwikkel; destyds was dit n woestynagtige streek met n harde, onsmaaklike polveld. Die gras het in die voorjaar daar vroer as in Kroonstad uitgeloop.
Dan het die ou mense gewoonlik die ooie met een van hulle op-geskote seuns en n betroubare swarte soontoe gestuur om daar te gaan lam. N n maand of drie het die gifplante begin opkom, die gras het sy voedingswaarde verloor en dan moes die skape terugkom.
Mielies wou nie daar aard nie, want die grond was te arm aan fosfate. Baie van die mense wat daar gewoon het, het in groepies ongedoop, ongetroud en in ellende en armoede saam-gehok, ondertrou en agterlik geword. Daar was byvoorbeeld n groep wat rondom n groot pan vir hulle huise in die walle uit-gegrawe het en die naam van Appeldammers gekry het  jare lank n sinoniem vir alles wat erbarmlik en eenvoudig was. Die bruikbare dele was die Valsrivier met sy spruite en verder wes die Vaalrivier met sy spruite. Dit was die woonplek van die Prellers se bruilofsgaste, maar vir die Kroonstadters was dit op verre na nog nie iets besonders nie. Hulle het waarskynlik rus-tig en selfversekerd aan die feestelikhede deelgeneem.
Ek kan my voorstel dat die gesprekke onder die mans knaend oor die pas afgelope runderpes met sy skrikwekkende veeverliese en die duistere politieke toestande gegaan het: In Pretoria s hulle dt, in Bloemfontein dt. Maar die burgers wat die skyfskiet van 99 bygewoon het waar die Vrystaatse rege-ring aan elkeen honderd mauserpatrone present gegee het met die uitdruklike opdrag om dit onder geen omstandighede te gebruik nie, en waar hulle na ure lange lesings oor lyf- en kop-skote deur ervare Majuba-skuts moes luister, kon hulle eie ge-volgtrekking maak.
Die Geldenhuyse sou beleefd maar sonder belangstelling geluister het. Volgens die dagboek wat Jannie later in die oor-log gehou het, was sy mense nie oormatig op die politieke si-tuasie van hulle tyd ingestel nie. Hulle sou dit waarskynlik nie as goeie fatsoen beskou het om n feestelike geleentheid met gesprekke oor sulke onoplosbare probleme te belas nie.
Dofweg vanuit n voorkamer sou hulle reeds die ligte steier-galoppie van n konsertina gehoor en hulle kans afgewag het om een vir een uit te glip soontoe. Hulle het almal die Engelse
en Boerekonsertina, die kitaar en die nuwerwetse banjo ge-speel en graag gedans. Nie sommer riele nie. Hulle was mees-ters van die masurka en die lansiers en het geweet dat n mens in die ruim voorvertrekke van De Bank se huis so n dans met smaak en presiesheid sou kon opstel.
Abraham Preller kon die konsertina ook hoor, maar het sy gesprekke oor die landsake hardnekkig volgehou. Sy huis, sy eerbare huis word vir die eerste keer in sy bestaan met wreld-se musiek onteer. Wat kan hy anders doen as maak of hy dit nie hoor nie? Hy sit sy hand gebiedend oor die knie van sy jong vrou sodat sy nie miskien in jeugdige onverskilligheid daarmee kan tyd hou nie. Dit was verstandig van hom, so het hy seker gedink, om vir Jannie en Lizzie n huis net onderkant die groot opstal, anderkant die leegtetjie te laat bou, want hy sou n vas-te hand aan die roer moes hou. Hy sien hoe die bruidegom sy bruid ongemerk by die deur uitstuur, ook in die rigting van die skreemusiek.
In die voorkamer word die bruidspaar luidrugtig verwel-kom, en almal staan terug sodat hulle die dansbaan kan vereer. Jannie buig galant voor sy vrou. Sy vryersmaniere is na die beste van sy tyd: gemaklik, sjarmant. Hy swaai haar oor die vloer. Hy is n uithalerdanser, maar hy pas sy tre aan by di van sy onhandige bruid. Sy ken die passies maar net effentjies van hoors. Haar kennis van musiek het sy op kollege opge-doen  die orrel en die klavier  en die dinge wat sy leer speel het, was die kerkmusiek (sy was tot met haar troue orreliste van haar dorp) en hier en daar n Victoriaanse treffer soos Over the waves, Silent confession en Whispering hope. Gesing het hulle uit die Sankey en die ou Globe-sangbundels.
N n paar danse breek die tyd aan; almal weet dit. Die jongeres sien met gretigheid daarna uit, die oueres herinner hulle dit met weemoed. Die bruidspaar moet na die bruidsbed vertrek. Lizzie word op die ronde tafel gehelp. Jannie hou haar hand vas. Hulle blinddoek haar, draai haar in die rondte. Al die ongetroudes drom om die tafel saam: Nou moet sy haar ruiker gooi vir iemand om te vang. Vir n meisie is dit byna onmoont-
lik met die jong krels wat die hande opsteek. Jong mans gryp nooientjies om die lyf en hou hulle omhoog. Al vang sy nie die ruiker nie, is die omhooghou darem ook al iets. Min van hulle het op daardie oomblik besef wat n voorreg dit was om die rui-ker te vang, want dit sou beteken dat hulle die oorlog gaan oor-leef om daarna nog te kan trou.
Lizzie verdwyn ongemerk, gaan trek haar bruidstabberd uit en ontmoet Jannie voor die agterdeur. Die lig uit die kombuis glim oor die speke en spatbord van n splinternuwe halftent-karretjie met springbokleerkussings en n splinternuwe paar tuie. Ook die paar bruin karperde ken sy nie. Alles het mooi en opwindend en welvarend gelyk. n Jaar later sou sy swanger en bevrees voor die Engelse kolonnes daarmee in Vaalrivier se spruite rondvlug.
Hulle sit styf teenmekaar toe die perde die wit maanhaar-strepie van die plaaspaadjie vat. n Myl of wat van die groot huis af, anderkant n leegtetjie tussen n plaat katbosse, staan die viervertrekhuisie wat hulle al klaar Katbos View gedoop het.
Hulle sluit die voordeur oop, hy dra haar soos dit sedert on-heuglike tye hoort, oor die drumpel en steek die kers op. Dan gaan hy die perde versorg. Sy trek haar voersisnaghemp met die swaar borduursels aan, kam haar lang wit hare en vleg dit. Hy gaan stemmig in die voorkamer in n leunstoel sit en wag tot sy klaar is. Hy sorg dat die geknoopte deken goed om haar ingeslaan word toe sy in die verebed klim, want hy het haar lief en sou voortaan altyd sorg dat sy beskut is.
En of daar in die groot huis oorkant in elke venster n soek-lig skyn, of die reent aanhoudend deur n gaatjie op die mis-vloer tap, of daar in Pretoria dt en in Bloemfontein dt ges word, die liefde in die huisie op Katbos View was jonk en soet en genoeg vir n leeftyd saam.
