Baku staan nader. Slaag, s jy? As sy nie slaag nie, sal sy met die selfvertroue wat sy nou het, al wat n eksaminator is
die see injaag.
Onder gelag stap Gigi en Baku saam met Elke van die ver-hoog af om tannie Lulu en tannie Vera te ontmoet en die ander vriende te groet. Hulle gesels lekker en toe s Gigi: Dit is n heerlike aand, n Chris?
Ja, s hy, Modjadji is mos hier!
In n heilige palmbos naby die Molototsirivier in Limpopo staan tien kleipotte waarin die renmaakgeheim bewaar word.
Die renkoningin Modjadji se geskiedenis begin meer as twee eeue gelede. Omstreeks 1800 het koning Magado vermoed sy seuns wil hom vermoor, daarom het hy die renmaakgeheim aan sy dogter Maselegwane oorgedra. Met die ou koning se dood het Maselegwane se broer homself as koning uitgeroep. Maar di broer het nie rekening gehou met sy onderdane nie. Hulle het hom nie aanvaar nie omdat hy nie die renmaakgeheim geken het nie en hulle het sy suster Maselegwane hulle koningin gemaak. Van toe af was haar naam Modjadji. Later sou sy bekendstaan as Modjadji I want deur die eeue heen sou elke dogter wat n haar ma se dood aangewys word om oor die Balobedu te heers, ook Modjadji genoem word.
Masalanabo Modjadji II het vanaf 1850 geheers, Khesetwane Mod-jadji III vanaf 1895, Makoma Modjadji IV vanaf 1959, Mokope Mod-jadji V vanaf 1981 en Makoba Modjadji VI vanaf 2003.
Modjadji se legendariese vermo om ren te maak, het haar soveel roem besorg dat selfs koning Shaka geskenke gestuur het aan die Modjadji wat sy tydgenoot was om deur haar gawes bevoordeel te word.
En die Balobedu se koning? Daar is nie een nie. n Nuwe koningin se pa stam uit die koninklike familie, maar wie hierdie man is, bly ook n geheim, selfs vir die onderdane. Modjadji is die enigste heerser en het nie n amptelike man nie, net simboliese vroue.
Tradisioneel was sy so n misterieuse figuur dat nie eens haar onderdane haar mag gesien het nie. Wanneer sy koningin word, verlaat sy nooit weer die koninklike woonarea nie, behalwe om ren-maakseremonies te lei. Dit is ook tradisie dat sy vrywillig die gifbeker drink wanneer die einde van haar lewe nader kom. Dan word sy begrawe in die heilige palmbos, waar net die koninklike familie toegelaat word.
Teen die einde van die negentiende eeu was Modjadji steeds in geheimsinnigheid gehul. In hierdie tyd was daar vyandskap tussen die Balobedu en die ZAR en toe die oorwinnaars geis het om per-soonlik met Modjadji II te praat, is hulle voorgestel aan n baie ou vrou met blou o en kortgeskeerde hare  waarskynlik was dit n vrou wat vir die regte koningin ingestaan het. Hierdie geheim-sinnigheid het oor jare heen buitestanders se verbeelding so aan-gegryp dat die renkoningin n rol speel in romans van Henry Rider Haggard en S.J. du Toit.
In die twintigste eeu het Modjadji IV nog die tradisie van ge-heimenis voortgesit. n Boer op n plaas net oorkant die Molotot-sirivier het elke jaar vir Modjadji IV n bok geskiet, wat haar indoenas kom haal het. Di gebaar het Modjadji beantwoord met n geskenk wat haar indoenas altyd by die boer afgelewer het. Toe die boer vra om Modjadji te ontmoet, het haar indoenas heel vriendelik maar ferm ges dit is ongelukkig nie moontlik nie.
Maar tye verander en tradisie daarmee saam. Voor Modjadji VI in 2003 koningin geword het, was sy net n gewone jong meisie: n kollegestudent met n moderne motor. En die man in haar lewe was nie n koninklike nie maar n amptenaar in n naburige dorp. Op die koerantfotos wat tydens haar kroningsplegtigheid geneem is, lyk sy bedees en afgetrokke  dit was seker nie vir haar maklik om haar moderne lewe te verruil vir n eeue oue koninklike tradisie wat sy in stand moes hou nie. Om die waarheid te s, sy was nooit regtig daarop voorberei nie want die eintlike troonopvolger is onverwags dood, net twee dae voor Modjadji V se dood. Sou dit wees hoekom die moderne jong Modjadji VI se lewe so tragies verloop het? Mens weet nie. Sy het net twee jaar geheers voor sy in Junie 2005 in die Polokwane MediClinic oorlede is, vermoedelik aan breinvlies-ontsteking, hoewel die oorsaak van haar dood nooit amptelik bekend gemaak is nie. Haar enigste kinders was n agtjarige seuntjie en n drie maande oue dogtertjie.
Modjadji VI se broer Mpapatla is in 2005 aangewys as tydelike hoof  die hlogo in die Balobedu se taal. Die Balobedu se segsman het dit egter duidelik gestel dat prins Mpapatla nie die koningin se plek inneem nie maar net as leier van die raad optree  wat nog altyd n hlogo se funksie was  en bygevoeg dat slegs die koningin die Balobedu se spirituele leier en opperheerser kan wees. Wanneer die gebruiklike twaalf maande lange routyd n die koningin se dood verby is, sou haar opvolger aangewys word, hoewel dit volgens die
segsman nie noodwendig een van Modjadji VI se kinders sou wees nie.
Kort daarna het prins Mpapatla verdwyn terwyl hy op n sake-besoek in Zambi was. Later is berig dat hy ernstig beseer is in n motorongeluk. In sy plek is n ander broer, prins Masopha, aangestel, wat in Augustus 2005 aan tuberkulose gesterf het.
Terwyl Irma Vermeulen Modjadji@Makwena geskryf het, het party koerante berig niemand weet nog wie Modjadji VI se opvolger sal wees nie. Ander koerante het berig dat haar dogtertjie  almal weet wie haar pa is en almal weet hy is nie n koninklike nie  haar ma sal opvolg wanneer sy agtien jaar oud word.
Maar hoe sal koerante weet as daar in die stilte van daardie ge-heime palmbos reeds n meisie is wat ou geheime leer ken. En hoe sal koerante weet of die raadsmanne van n eeue oue dinastie  n die onlangse jare se droefheid en tespoed  dalk wonder of n gelukkige koningin nie ook n goeie koningin kan wees nie. Dit sal net die nuwe Modjadji kan s. Sy is immers die een wie se naam beteken heerser van die dag.
Jeanette Ferreira
Bronne
De Vaal, J.B. 1977. Modjadje II in Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek III
(red.: Beyers, D.J.). Kaapstad: Tafelberg.
Jansen, Herman. Die einde van n tragiese koninklike lewe. Perspektief, bylaag in Rapport, 19 Junie 2005.
Krige, E. Jensen, en Krige, J.D. 1980. The realm of a Rain-Queen. Kaapstad: Juta. Khne, Inge. Renkoningin se rondrits oor in Rapport, 13 April 2003. Marais, Eugne. 1984. Modjadje in Eugene N. Marais. Versamelde werke. Deel I.
Kaapstad en Pretoria:1984.
Motshekga, Mathole. Sonder datum. Modjadji the Rain-Queen. Pretoria: Kara. Musetha, Ndivhuwo. More shock for beleagured Modjadji royalty. Sunday
Sun, 10 Junie 2006.
Persoonlike gesprek tussen Jeanette Ferreira en Tom Ferreira op die plaas Deerpark. 20 April 1968.
Persoonlike gesprek tussen Jeanette Ferreira en Sidney Miller, argeoloog verantwoordelik vir opgrawings op die oorspronklike koninklike Modjadji-terrein, op 20 September 2005.
Van Bart, Martiens. Renkoningin Modjadji II het talle mans betower in Die Burger, 16 Julie 2005.
Van Niekerk, Dolf. 2003. Die aarde waarop ek loop. Pretoria: Lapa.
