Rudolph spring vorentoe. De Beers se gesteelde diamante! roep hy uit. Kaptein, julle het die diamante gevind!
Danksy die sersant, lag Le Roux, en die jongmense wat so kranig opgetree het!
Dan kom die beloning die sersant en die jongmense met hul speurvernuf toe.
Beloning?
Ja, De Beers het n groot beloning van etlike duisende rande uitgeloof vir die persoon wat die gesteelde diamante vind.
Jippie! Annemie spring op en af. Dans ons stinkryk! Gigi, hoor jy? Ons almal is ryk. Jy en Baku ook. Chris knip sy o en probeer glo wat hy gehoor het. Elke besef skielik dat sy en Tinus dit vir studiegeld kan gebruik. Tinus vryf sy ken.
Nee, s Gigi, dis julle geld. Baku en ek het nie geld nodig nie.
Rudi staan nader: Ons sal sorg dat die geld regverdig onder julle verdeel word, Annemie.
En Deirdr moet ook iets kry, n, oom Rudi? Natuurlik!
Wel, s Tinus, dis genoeg opwinding vir een dag. Kom ons gaan drink koffie op Wildplaas. Oom Louw-hulle sal ook wil hoor wat vandag hier gebeur het. Sy o blink.
Hm, grinnik Chris, en ek weet daars n sekere chick wat n sekere ou soos n magneet aantrek.
Almal klouter die berg af tot waar die voertuie staan. Rudi wink Elke nader. Ry saam met my in die helikopter? Dan kry ons die ander op Wildplaas.
Elke skud haar kop. Dankie Rudi, maar ek was nou lank
genoeg in die helikopter. Neem Annemie saam. Rudi kyk na haar, sonder om te verstaan. Hoe moet hy raai wat in Elke se gemoed omgaan? Dat Rudi haar aantreklik vind, dit weet sy, en vir haar is hy ook aantreklik  baie! Maar sy weet ook dat sy beslis nie nou in n posisie is om so n vriendskap aan te knoop nie, dit verg tyd en aandag. Later miskien, maar nou  nee, haar ma het haar te nodig.
Teleurgesteld vra hy: Wil jy saamkom, Annemie? Annemie straal. O ja, graag  flippen graag! en skielik
blink haar o. Sy besef wat sy ges het. Sy het flippen ges. Sy glimlag in haar skik. Uiteindelik. Uiteindelik kan sy helikopter ry! Uiteindelik is sy oud genoeg om cool woorde te s, woorde soos  flippen!
In die Louw-woonhuis staan die teetafel gedek. Carla en Deirdr dra koffie aan.
Kom sit! nooi Magriet Louw, en toe almal se koppies koud is, s Elke: Julle weet, ons kan nie te lank hier bly nie. Oom Martin het vanoggend gebel en ges hulle is op pad. Ek verwag dat hulle nou enige tyd by Makwena gaan aankom. Dit sal alte sleg lyk as ons nie eens daar is nie.
Nee, wag eers, keer tannie Magriet, ek wys gou vir julle die stukkie goud wat my pa by Mapungubwe opgetel het. Julle wou dit mos sien, nie waar nie?
Natuurlik!
Op die sytafel staan n juwelekissie, wat tannie Louw nou nader bring. Almal drom saam rondom die kissie. Sy maak die deksel oop en n sonstraal vang skitterblink goud.
Wat, skree Chris, sien ek reg? Kyk hier, Deirdr.
Tinus staan nader en skud sy kop in ongeloof, want voor hul o l die muntstuk presies soos hulle dit in Haggard se boek gesien het.
Magriet Louw straal. Mooi, n? Ek noem dit my koning Salomo-penning.
Elke was reg. Hulle was skaars terug op Makwena toe n stof-wolk in die plaaspad aandui dat oom Martin en tannie Vera aangekom het.
Hallo! Hallo! word weerskante uitgeroep.
Nadat tannie Vera die kinders verseker het dat sy, behalwe vir n paar bloukolle, perdfris is n die ongeluk, s oom Martin met n glimlag: Vertel my nou eers wat alles hier gebeur het  was julle baie verveeld?
Die kinders kyk betekenisvol na mekaar en toe s Tinus: Hier het dinge gebeur waarvan Oom moet weet.
Oom Martin frons toe hy die erns in Tinus se stem hoor. Nou laat ons hoor.
Rudi neem oor: Hierdie klomp is helde, Oom. Hulle het reuse werk gedoen. Die polisie op Musina is lankal bekommerd oor smokkelary hierlangs, en boonop het gerugte oor ontvoe-ring ook begin kop uitsteek. Maar danksy die Vermeulens en kie. is die sindikaat nou oopgevlek.
Wat? Oom Martin kan sy ore nie glo nie. Ek verstaan nou nie mooi nie. Wat hoor ek van sindikate en smokkelaars?
Oom Martin lyk so oorbluf dat al die kinders lekker begin lag. Tinus begin by die begin en vertel van die vuurpyl, die renosters en die satellietskottel by die hut op Mapungubwe. Hy vertel van die Fransman en Flip en diamante in Venda-potte. Hy vertel ook van n jong Venda-meisie wat verdwyn het en dan vertel hy van Gigi, Baku se vriendin, wat prinses Modjadji blyk te wees, hoe sy ontvoer is en hoe hulle haar kon opspoor deur middel van RoyalTsunami en GPS. En nou sit Flip en kamma-Modjadji in die tronk! Hulle gaan lank daar bly, eindig hy.
Oom Martin en tannie Vera se monde hang oop.
Chris verduidelik verder: Hierdie Chinees, Chi Wong, was met lelike dinge besig. Hy is n uitgeslape skelm en is omtrent oral in die wreld wanted. Sy sindikaat se hoofkwartiere was
waar niemand dit sou soek nie  n versteekte grot in Dongola-kop. Die wannabe Modjadji se hut op Mapungubwe was die ander basis van waar hulle via satelliet kon kommunikeer. Sy kon ook die hele landskap rondom haar dophou en Chi Wong-hulle laat weet as die polisie die gebied nader of as Rudi in sy helikopter hier oor vlieg.
Ja, s Deirdr, en Chi Wong het nie by een soort oortreding gehou nie. Later het die renosterhorings nie meer genoeg geld ingebring nie. Die volgende stap was om jong Venda-meisies te ontvoer en as slawe te verkoop.
Tannie Vera snak na haar asem: Gebeur sulke dinge nog in die tyd waarin ons lewe?
Mamma, s Annemie wat op haar pa se skoot sit en almal kan sien sy bars van opwinding. Mamma, ons is skatryk. Ons kry honderde, nee duisende rande omdat ons die diamante ge-kry het en Herrie het 
Elke, s tannie Vera, is dit waar of 
Dis waar, Tannie, daar is n beloning en gelukkig is ons almal veilig. Maar wil julle nie nou eers n koppie tee drink nie.
Voordat iemand egter kan antwoord, kom Baku en Gigi daar aan. Goeiedag, meneer Vermeulen, groet Baku. Mag ek u voorstel aan prinses Modjadji XI, toekomstige renkoningin en binnekort my bruid.
Aangename kennis, U Majesteit, s oom Martin, dis n voorreg om u te kan ontmoet.
Noem my sommer net Gigi, Meneer, Mevrou, Gigi steek haar slanke hand na oom Martin en tannie Vera uit. Haar arm-band blink in die son.
Ons is eintlik hier om u uit te nooi na n tradisionele feesete wat ter ere van Gigi gehou word by Ga-Modjadji. Haar onder-dane hou haar akademiese vordering met belangstelling dop en is trots op hul prinses se sukses, s Baku vernaam. Dit sal die eerste keer wees wat iemand van buite die prinses se woning betree.
Sjoe! Wonderlik!
Kan ons maar, Mamma? Almal praat gelyk.
Dit sal n eer wees om dit by te woon, prinses Gigi, ant-woord tannie Vera namens hulle almal.
Drink saam met ons tee, julle, s Elke. Oom Martin-hulle het n yslike sjokoladekoek saamgebring.
Dis n blink gedagte, s Rudi en wil net vir Elke nadertrek, maar sy spring rats weg kombuis toe om die water te gaan kook.
Dit is twee maande later, en almal is weer kliphard besig met skoolwerk. Een oggend laat die skoolhoof Chris roep. In die hoek van sy kantoor staan n splinternuwe rekenaar.
Dis joune, maar bly tjoepstil daaroor, maan sy oom. n Tril-ling gaan deur die skoolhoof. Ai, hoe bly sou sy ouboet Frans gewees het. Dat sy Chris, sy jongste, die prys verower het. En Lulu. Lulu wat nog so bekommerd oor Chris was.
Onskynlik kalm gaan die skoolhoof verder: Die prys-uitdeling vind eers Vrydag plaas, maar intussen moet jy vir my n lysie bring van al die mense wat jy graag wil nooi. Moet niks vir hulle s nie, ek sal sorg dat hulle almal Vrydag hier is.
Chris is in die wolke, hy kan sy ore nie glo nie. Hy en Deirdr het gewen! Hy wil sommer sy oom omhels, maar  skoolhoof bly skoolhoof.
Dis wonderlik, oom Martin  e  Meneer, baie dankie, maar  Chris huiwer.
Ja, maar wat?
Ek het  n vennoot gehad, Oom  e  Meneer, en     en nou moet jou vennoot die prysgeld deel? Geen
probleem nie. Wie is hy?
E  e  Chris bloos bloedrooi, maar hy ruk hom reg en s: Dis n meisie.
Nou ja, dis alles in orde. Wat is haar naam? Deirdr de Villiers.
O! Natuurlik! Ek onthou. Sy was mos saam met julle op Makwena! Goed, sorg net dat sy Vrydagaand hier is.
Chris kan nie vinnig genoeg die kantoor uitvlug nie 
Uiteindelik breek Vrydagaand aan. n Sagte renbui sak uit en onwillekeurig dink Chris aan Gigi. Die skoolsaal is pragtig versier en stampvol. Al die finaliste kon n paar gaste nooi. Ma Lulu en Chris se ander gaste sit heel voor. Hulle hou almal vir
Chris en Deirdr duim vas. Die verhoog se gordyne is toegetrek; die spanning loop hoog.
Chris en Deirdr kom laat en kry net-net plek heel agter in die saal.
Klokslag om halfagt verskyn die hoof. Hy staan voor die toegetrekte gordyne en word dawerend toegejuig. Sy toespraak is kort en bondig. Nadat hy almal welkom geheet het, s hy: Dames en here, leerders, ek het n verrassing. Dit is vir Hor-skool Pretoria-Suid n groot voorreg om aan te kondig dat die wedstrydwenners bekendgemaak sal word deur 
Die gordyn skuif oop en die skoolhoof verwelkom Haar Majesteit prinses Modjadji, stralend en kleurryk tussen haar gevolg, almal in tradisionele feesgewaad. En aan haar sy, skit-terend in sy uniform as pas bevorderde luitenant van die SA Polisiemag met n luiperdvel oor sy linkerskouer, kroonprins Baku Maponani, die prinses se verloofde.
Oorverdowende applous styg op. Prinses Gigi stap na vore, selfversekerd, stralend. Haar stem styg bo die applous uit en almal word stil: Dit is n voorreg om aan te kondig wie die wenners is van die rekenaar en vyfduisend rand. Chris Ver-meulen en Deirdr de Villiers.
Sy kan nie haar sin voltooi soos die leerders skree en juig nie, maar toe Chris vorentoe stap met Deirdr langs hom wil die saal se dak afvlieg soos wolffluite en gille opstyg! En met-eens weet Chris dat s meisie die wonderlikste meisie in die hele wreld is.
Welkom hier by ons, Gigi! s Elke toe sy later langs die prinses op die verhoog staan waarheen sy op Gigi se versoek deur n bode gebring is. Jy lyk stunning! Selfs n uitrusting uit Parys kon nie meer glamorous gewees het nie!
Dankie! lag Gigi. Wag totdat jy my trourok sien! Jy sal mos my bruidsmeisie wees, Elke? En Annemie blommemeisie? Baku en ek trou Desember 
As jy matriek slaag, lag Elke.
