Met die Merc sal ons hulle kan volg, want ons kan mos Gigi
se vibes opvang. Deirdr, sodra Baku klaar is, neem die PDA en kontak Chris. Kry die kode by hom en sleutel dit in by die GPS-program. S vir hom ek kom hom oplaai 
Tinus, skree Elke en keer hom voordat hy weghardloop, kyk net eers gou hier. Ek het di ding opgetel waar Folliot dit laat val het, dalk weet jy wat dit is?
Tinus neem die instrument. n Verbaasde fluit ontsnap sy lippe. Dis n toestel wat edelgesteentes kan opspoor en klas-sifiseer. Dan ws hulle besig om diamante te steel.
Rudi loer oor Tinus se skouer en bekyk die vreemde instru-ment. Ja, jy is reg. Ek het di ding al gesien. In ons eie kamma-Modjadji se hut.
Dis n instrument wat diamante en ander edelgesteentes kan opspoor. Die opvanger is n plat affre met drie groter en vier kleiner knoppies 
Sowaar! onthou Deirdr. Annemie het my vertel dat daar-die ander Modjadji, die een wat haar leer ren maak het, so n dingetjie gehad het waaroor sy baie heilig was.
Wat! roep Tinus opgewonde uit. Dan pas dit presies. Vanaf Mapungubwe is al die omliggende plase sigbaar, en so kan daar n oog gehou word op die aktiwiteite. Maar dan moet Annemie se Modjadji kop in een mus met die diamantdiewe wees. En Folliot is die een wat diamante op Makwena steel. Dan verstaan n mens hoekom hulle so opgetree het. Toe hy Gigi sien, raak hy paniekbevange, gryp haar en jaag weg.
Maar, s Deirdr, dalk is Baku reg en weet hulle wie Gigi werklik is. n Prinses vir wie se bevryding n yslike losprys geis kan word! As dit so is, is Gigi in doodsgevaar!
Gigi sit regop tussen Flip en Folliot wat bestuur. Flip hou sy rewolwer strak op hulle gerig. Folliot babbel onophoudelik in Frans. Gigi gee voor dat sy niks verstaan nie.
Ma belle. Liefling. Ek sal jou beskerm, kerm hy. Hulle sal jou nie doodmaak nie. Moenie bang wees nie. Hulle sal my doodmaak. O, my arme liefling. Hoe kon dit met jou gebeur het? Maar ek sal jou beskerm! Kyk, hier is n present vir jou.
Folliot los die stuurwiel en haal iets uit sy broeksak. Die
bakkie kantel gevaarlik en Flip skree woedend: Folliot, vandag skiet ek jou! Idioot!
Die Fransman gryp die stuurwiel egter net betyds en gee die ding wat hy uit sy sak gehaal het vir haar. Gigi kyk na die koel steen in haar hand. n Ongeslypte diamant, dink Gigi.
Flip hou sy twee gevangenes steeds onder skoot met sy rewolwer terwyl die bakkie teen n geweldige spoed op die pad Musina toe jaag. Gigi herken die pad, want sy en Baku het Musina toe gery om geskenkies te koop net voordat hulle op Makwena by sy ouers aangekom het. Sy verstaan nie mooi wat aangaan nie, maar van Folliot se woorde lei sy af dat sy in lewensgevaar verkeer. As sy net kon ontsnap of haar kragte kon gebruik, maar sy is te bang om helder te kan dink 
Voor hulle l Dongolakop.
Uitasem kom Tinus by Danil se huis aan. Die Mercedes staan nog steeds onder die kremetartboom, maar die deure is oop. Annemie, wat al uitgekuier is met die skilpad, sit voor die stuurwiel, met Herrie langs haar, al twee salig onder die indruk dat hulle reeds in kammaland aangekom het.
Skuif op, Annemie, move! brul Tinus, terwyl hy inklim en Herrie sonder seremonie deur die venster in die glaspaneel ag-tertoe boender. Ons gaan nou eers vir Chris haal.
Vir n verandering is Annemie tjoepstil en kyk net met groot o by die venster uit. Binne n kwartier hou hulle by Koedoe-koppie stil. Tinus skuif op sodat Baku verder kan bestuur. Deir-dr gee oom Martin se selfoon aan Chris en klim langs hom in.
Chris, s Tinus, kontak Elke! Chris doen dit en berig dat Rudi die bakkie, wat op pad Musina toe is, luglangs volg.
Ek dag so! sis Tinus. Die spul is kop in een mus met die stropers en hul hoofkwartier is op Dongola. Baku, dis nou net waarheen ons gaan!
Die Mercedes jaag. Trace die program haar nog? vra Tinus vir Chris wat Gigi se armbandseine duidelik op die PDA volg. Jy weet daar is n uitdraaipad hier voor. Ons sal moet toets watter pad hulle geneem het.
Nee, ry aan. Ek sal s as die sein flouer word. Sover is dit duidelik; ons is op die regte pad.
Voor hulle, in die verte, neem Dongolakop vorm aan.
Paniekbevange staar Gigi na Dongolakop. Net toe hulle presies langs die kop is, begin Folliot spoed verminder. Hy swenk na regs en volg n sleepselpad. n Stofwolk vorm agter hulle. Voor hulle is n grensdraad en n lendelam draadhek.
Vinniger! bulder Flip. Die bakkie tel spoed op en hulle bars deur die draadhek wat oopskeur en aan flarde langs die opening bly hang. Die pad is sleg, die bakkie stamp en ruk. Al
langs die voet van Dongolakop ry hulle. Skielik is daar n oopte in die mopanieveld. Dit kan n landingstrook wees, dink Gigi. Hulle ry verder, tot agter, waar die berg baie steil is. Met n ruk bring Folliot die bakkie in n stofwolk tot stilstand.
Klim uit! skree Flip en Folliot vat Gigi se hand. Hulle klim uit. Flip rig sy rewolwer op hulle. Stap! skree hy. Jy ken die pad. Chi Wong wag vir julle. S vir hom, dis die toormeisie di. Hulle klim met n kronkelende voetpaadjie die koppie uit. Driekwart na bo, swenk die voetpaadjie weg, al met n soliede krans langs. Skielik stop die paadjie en Gigi kan sien dat hulle voor n skeur in die krans staan, die ingang na n grot. Sy wil omdraai, maar Flip druk die rewolwer in haar ribbes. Gaan in! Die opening in die krans is net wyd genoeg dat een persoon op n keer kan deurloop. Gigi loop voor, Folliot kort op haar hakke. Die skeur word wyer en in die dowwe lig sien Gigi twee
kleipotte voor hulle, een links en een regs.
Dis Venda-potte, dink sy, toorpotte. Die lig begin sterker word. Flip druk haar nou so hard vorentoe, dat sy struikel. Folliot gryp haar voordat sy val. Oor haar skouer sien sy hoedat Flip terugspring asof hy bang is om te naby aan die potte te kom. Hy verdwyn deur die skeur na buite.
Morbleu! bulder n stem. Wat gaan hier aan? n Kort, swaargeboude man met n dik bril op, klaarblyklik n Chinees, kom agter n lessenaar uit, waar hy onder n lamp by n rekenaar sit en werk het.
Folliot hardloop na hom. Chi Wong, ek smeek jou! roep hy uit in Frans.
Vuilgoed! snou die Chinees hom toe terwyl hy Folliot wegstoot sodat hy amper val. Hoekom bring jy die meisie hierheen? Jy weet mos, sy moet na die onderste grot gaan, vas-geketting word en wag totdat die vliegtuig kom. Jou idioot! Neem haar weg!
Folliot spring vorentoe. Nou is sy kans: Hy gaan Gigi red. Hy gaan Chi Wong aan die keel gryp en hom vermoor. Hy takel die Chinees, maar n skoot knal en Folliot krul van die pyn. Ma chrie  ek sal  prewel hy, maar voordat hy verder kan praat, tref n tweede skoot hom. n Doodskoot.
Chi Wong skop Folliot minagtend uit die pad en kom nader, rewolwer in die hand. Jy sien, ek is nie een vir speletjies nie. Maar aan die ander kant, speletjies is dalk nie so n slegte idee nie, ma belle. Of hoe dink jy?
Hy praat Frans en Gigi verstaan elke woord. Sy wil omdraai, probeer vlug, maar hy spring voor haar in met sy rug voor die opening. Hy druk haar weg. Sy val amper.
So ja, nou staan jy daar teen die muur in die lamplig, sodat ek jou goed kan sien. Jy is regtig mooi, ma belle. Ou Folliot het uiteindelik vir my iets goeds gebring, die ou dwelmslaaf! Hy begin haar aandagtig deur sy dik bril bekyk. Of is dit dalk Flip wat jou gebring het, jy lyk mos nie na die gewone 
Gigi se hart klop nou so onbeteueld dat haar keel begin pyn. Voor haar staan die man Chi Wong, en kyk haar onbeskaamd aan. Soos mens na n skoudier of n slaaf sal kyk, dink Gigi. Hy spin sy rewolwer in die rondte om een van sy kort, dik vingers. Met amper bomenslike inspanning bedwing sy haar angs. Dit help niks om nou so bang te wees nie. Sy moet dink. Baku sal haar kom soek. Al wat sy moet doen, is om te probeer kalm bly en om tyd te wen. Algaande raak haar o gewoond aan die skemerte. Sy sien hom nou duidelik. Skrefieso loer agter die bril uit en n brutale mond grynslag triomfantlik. Op sy bolip is daar n moesie, n onnatuurlik groot moesie. Hy kom nader. Sy moet praat  praat  hom besig hou 
Monsieur, hoe is dit dat u so perfek Frans kan praat? vra sy in di taal wat sy vlot ken. U is mos n Oosterling, nie waar nie? Of is ek verkeerd? Waar kom u vandaan?
Die Chinees bekyk haar aandagtig: Is sy, of is sy nie die prinses nie? Hoe sal die prinses wat in Limpopo woon dan nou Frans praat? Hy kyk weer. Nie sleg nie, beslis nie sleg nie.
Ek kom van Ho Tsji Minh-stad, s hy, die ou Indo-China. My huistaal is Frans.
O, nou verstaan ek  Sy word kalmer, maar instinkmatig weet sy dat sy nog heeltemal te bang is om haar kragte te ge-bruik. Tyd  ek moet vir tyd speel 
En jy? Jy praat ook Frans? Chi Wong lyk genteresseerd. Hoe dan anders? lag sy. Ek kom mos van Parys!
Chi Wong knik. Nou verstaan hy. Sy is nie die prinses nie, sy is natuurlik Folliot se minnares. Nie dat sy baie hartseer oor hom lyk nie. Sy soek seker nou n nuwe krel.
Was u al ooit in Parys, monsieur? Gigi gesels een strook deur. Haar mooi stem sus Chi Wong. Volgende week hou ons n reuse fees, n karnaval. Parys gaan tintel! Prinses Caroline van Monaco is die eregas, en baie ander ho mense gaan ook daar wees. Ken u Parys, monsieur?
Hm-m, s Chi Wong, wat kan beteken dat hy Parys ken of miskien ook nie.
Parys is n wonderlike stad! s Gigi. Tyd  ek moet net vir tyd speel.
Hiers Dongola, s Tinus en Baku verminder spoed. Kyk of hulle ingedraai het.
Daar, skree Deirdr en wys na n stofpaadjie wat regs uit-draai, daar is vars spore. Kyk hoe hang die stof. Hier is nou net n kar deur.
Die hek is flenters, gee vet, Baku! s Tinus. Bo hul koppe sak die helikopter laag oor die mopanies. Die Merc skiet voren-toe tot by die landingstrook, waar die helikopter nou net grond-vat. Almal spring uit.
Waarheen nou? Waar is die vibes die duidelikste?
Tinus gryp die PDA en dink n rukkie. Hierheen! gil hy en begin die koppie uitklim. Baku hardloop reeds vooruit. Deirdr en Chris volg. n Kronkelpaadjie word sigbaar.
Parys is n wonderlike stad, herhaal Gigi terwyl sy die Chinees fyn dophou. Twyfel hy? Ek gaan volgende week terug. Het u lus om saam met my te kom vir n heerlike vakansie? Ek het n woonstel in Montmartre, lieg sy roekeloos. Tyd  tyd ten alle koste  en ons kan daar tuisgaan.
Die Chinees begin al meer belangstel. Parys, hy wou nog altyd soontoe gaan, en met hierdie meisie kan dit net n fees wees 
Skielik ruk Chi Wong en slaan vooroor op die klipvloer neer sodat sy kop klap. Sy bril spat flenters. Iemand het hom van
agter laaggevat.
Baku! gil Gigi. Sy sien dat Tinus, Chris en Rudi daar is. Annemie, Elke en Deirdr ook. Die Chinees steier omhoog, sy rewolwer steeds in sy hand. Op sy voorkop is n gapende wond, bloed stroom oor sy o en verblind hom. Hy mik na Baku en skiet, maar die koel mis hom rakelings. Net toe hy n tweede keer aanl, knal n pistoolskoot. Die rewolwer spat uit Chi Wong se hand en val kletterend op die grond. Bloed spuit uit sy pols.
Chi Wong vee die bloed uit sy o. Hy kyk rond. Die grot is nou vol mense, jongmense in kampklere, gewapende polisie-manne in uniforms  Hy is totaal omring, daar is geen uit-komkans nie. Stadig steek hy sy tong uit en krul dit om sy bolip. Die moesie verdwyn in sy mond. Sy o verstar. Hy begin bewe, hy ruk. n Enkele kreun, en n paar sekondes later sak hy leweloos op die grond neer.
Gigi, roep Baku, dankie tog! Hy hardloop en druk haar styf teen hom vas. Trane begin nou oor haar wange rol.
Baku! Baku! en in Shona voeg sy by: Jy was net betyds! My liefste, fluister hy in dieselfde taal, dis alles verby. Jy
is veilig.
Ek neem maar oor, Sersant? s kaptein Le Roux terwyl hy met n glimlag na Baku kyk. Ek sien jy is besig  krels, dis duidelik die hoofkwartier van die Zimbabwiese smokkelaars. Ons het hulle uiteindelik vasgetrek. Dis sweerlik hulle leier, daardie Chinees. Maak seker hy is dood. Deursoek die grot, wees op die uitkyk vir senders, ivoor, vervalste paspoorte, enige iets verdag. Snaaks dat hier geen wagte aan diens is nie 
Hier is nog een! roep n konstabel van die skeur se kant af en kom die grot binne met Flip in boeie. Flip skel en skree, maar die konstabel se greep verslap nie.
Ek dink  s Gigi wat haar verle uit Baku se omhelsing loswikkel, maar dan bly sy stil toe die konstabels oorneem en alles sistematies begin deursoek.
Le Roux het haar gehoor. Wat dink jy, Juffrou? Jy wou iets s?
Dis net  e  ek raai maar net. Sien u die twee kleipotte? Dit is Venda-potte. Baie mense sal bang wees omdat hulle dink
dit het towerkragte 
Le Roux kyk na die potte. Dis waar, hy ken daardie bygeloof. Krels, daardie potte. Twee konstabels gryp die eerste pot en keer dit om. Mieliepitte en dro boontjies rol uit, en toe vier renosterhorings. Die kaptein straal. Krels, nou die tweede pot! Weer mieliepitte en bone, en toe rol iets oor die grond. In die lamplig l n twintigtal ongeslypte diamante op die vloer. Gigi vroetel in haar sak, haal haar klippie uit en gooi dit by die diamante op die vloer.
