Elke, s tant Magriet, as Deirdr julle kuiergas is, moet julle Mapungubwe vir haar gaan wys. Dis mos ons kontrei se pronkstuk. Of was julle al daar?
Ja, Tannie. Dit was omtrent die eerste ding wat ons vir Deir-dr gewys het, behalwe natuurlik hoe n olifantbul van naby lyk, terg Chris.
Almal lag en Deirdr lyk verle. Julle is gewoond aan sulke dierasies, maar vir n stads-chick soos ek is hulle onbehoorlik groot en lank nie so interessant soos Mapungubwe nie.
Jys reg, laat Carla van haar hoor. Mapungubwe is indruk-wekkend. Ons gesin, weet jy, het nogal n aandeel in die ge-skiedenis van die berg. My oupa, Jan Brits, was die eerste mens wat vermoed het dat daar goud op die koppie kan wees.
Jan Brits! roep Tinus uit. Dit is mos die boer wat die goud op Mapungubwe ontdek het. Was hy jou oupa, Carla? Was hy Tannie se pa?
Magriet Louw knik. Ja, s sy, hy was my pa. Hy het al toeka se dae stukkies goud opgetel en aan die universiteit gegee. Dit is hoe die opgrawings begin het.
Kan jy nou meer! s Tinus verbaas.
My pa het die stukkies goud Pretoria toe geneem, maar die
mooiste een het hy gehou en dit vir my op my een-en-twintigste verjaarsdag gegee. Eendag kry Carla dit.
Kan ons dit sien? vra Deirdr opgewonde.
O ja, maar dit is in n kis op die solder gebre. As julle my laat weet wanneer julle weer kom, sal ek dit soek en vir julle wys.
Hulle koppies is leeg. Ou vrou  s oom Louw wat half eenkant met Baku sit en gesels, maar Baku spring op. Haai, ouens, weet julle dis al elfuur?
Sjoe, s Tinus, dan moet ons nou dadelik spore maak. Makwena is nog n hele entjie weg.
Reg so, s meneer Louw, maar volgende keer as julle wil kom kuier, laat weet ons net, sodat ons julle behoorlik kan ver-welkom. Verskoon my, Mams, ek vat net die bakkie en ry saam met hulle sodat ek die hek vir hulle kan oopsluit. Ry jy saam, Carla?
Sy kan sommer saam met ons ry, Oom, stel Tinus voor. Baku en Chris kan saam met Oom ry. Dan laai Oom hulle by die hek af.
Die klomp groet. Annemie gee vir oulaas vir elkeen van die katte n drukkie tot Herrie se ontsteltenis. Almal stap motors toe.
Later, toe die Mercedes veilig op pad is terug Makwena toe, ontplof die jongklomp. Baku, jy het ons gesmeer soos in to-tally, raas Chris, en Deirdr voeg by: En as jy n polisiesersant is, wat op aarde maak jy dan by St Pauls in matriek?
Dis seker n geldige vraag. Ek is lankal klaar met matriek, maar die saak staan so: Haar Majesteit koningin Modjadji en haar Hoofraad van Indoenas het my buitengewoon geer deur my uit te kies as kroonprinses Gigi se toekomstige man. Maar Gigi, wat jare lank in Parys op skool was, moet ook n Suid-Afrikaanse matriek h. Nou moet ek intussen n oog oor Gigi hou. Tussen hakies, met hierdie seine wat ons nou kan opvang, gaan dit n breeze wees! Wel, die skoolhoof van Saints het toe ges dis oukei, ek kan maar kastig skool toe kom by hulle om naby haar te wees. n Jaar vakansie is nogal great, of hoe?
En jy, wat soveel ouer as ons is, gaps toe al daardie sport-items op die interhor voor ons weg. As jy jou nou weer so sleg gedra soos vanaand en ons in doodsangs laat sweet, dan gaan verkla ek jou by die interhorkomitee.
Baku frons ongemaklik en Tinus skaterlag. Toemaar, ek terg jou net! Ons sal jou tog nooit s in die steek laat nie! Daarvoor is ons te groot plle! Maar vertel ons nou eers hoekom jy ons vanaand so gemartel het!
Wel, Tinus, lag Baku met daardie stout laggie van hom, toe ek vanmiddag deur die Musina-polisie gevra is om oubaas Louw te kom gerusstel, het ek aan sy tennisbaan gedink wat ek destyds help bou het. Ek het jou mos belowe dat as ons mekaar weer op n tennisbaan kry, jy sleg tweede sal kom.
Dit is al laat die volgende oggend toe die laaste een uit die vere kruip. Almal sit luilekker in die lapa. Deirdr help vir Elke om n rangskikking veldblomme op die etenstafel reg te kry en Chris is verdiep in n tydskrif oor rekenaars, Annemie kleur prentjies in en Tinus hou twee neushoringvols met toegewyde aandag dop terwyl hy eintlik aan Carla dink.
Tinus, s Elke skielik, ons kan mos nie so l en niks doen nie. Kom ons gaan wys vir Deirdr die koppies anderkant die vlei van waar mens Mapungubwe kan sien.
Wat praat julle daar van Mapungubwe en die Koedoe-koppie? en met di kom Baku en Gigi die kamp ingestap. Dis juis wat Gigi wil sien. Kan ons saamgaan?
Nou maar bakgat, s Tinus en vergeet daar en dan van die neushoringvols. Dit sal vir jou interessant wees, Gigi 
Nee, Tinus, jy mag haar nie sommer Gigi noem nie. Jy weet mos sy is prinses Modjadji, vermaan Elke haar broer.
Gigi steek haar arms uit. Nee, julle is my vriende. Noem my gerus Gigi.
Elke lag en gee die prinses n drukkie. Dankie Gigi, goed, dan is ons plle.
Soos ek besig was om te s, gaan Tinus rustig voort, dit sal vir jou interessant wees, Gigi, want van daar af het die oer-bewoners seine na Mapungubwe gestuur wanneer gevaar dreig, sodat hulle kon weet wanneer hulle vir n moontlike aanval gereed moes wees.
Ek gaan saam, s Annemie, maar Tinus waarsku haar dat dit maklik vier kilometer se vinnige stap is. Annemie steek haar lip lank uit en gee sommer pad. Kom Herrie, dis tog niks lekker daar by die Koedoekoppie nie. Ons gaan loop die bosse in. Dalk vreet die leeus ons op, dan sal hulle jammer wees  maar voordat sy verder kan praat, hoor hulle n helikopter. Die gedruis word harder en nie te lank nie, of die helikopter stryk in die oop
ruimte langs die kampplek neer.
Rudi klim uit. Hallo julle, hoes dinge? Is julle gereed vir die wildtelling?
Blink gedagte! en binne enkele minute is alle relings ge-tref: Chris en Rudi met oom Martin se PDA moet in die heli-kopter die wild wat vandag getel moet word, opspoor, tel en die inligting na Tinus by die rekenaar in die werkstasie stuur waar dit verwerk en gestoor word. Tinus sal ook die twee-rigtingradio beman, net om veilig te speel.
O so, n? Julle kry al die thrills en ons moet kyk wat julle grootmenere alles doen, n? No ways! Annemie is glad nie van plan om tweede viool te speel nie. Ons loop sommer die bosse in en kom nooit weer terug nie.
Net toe kom die donkiekarretjie aan. Jessina groet vrolik en s dat sy Annemie kom haal het, want sy gaan koekies bak en sy het n helper nodig. En boonop het Sipho n skilpad gevang waarna Annemie moet kom kyk.
Jippie! gil Annemie. Nou kan julle maar julle ou simpel Koedoekoppie vir julself hou. Kom Herrie, ons gaan tog  en daarmee is hulle weg.
Sien jy, Deirdr, lag Chris, die bostelegraaf doen soms wonderwerke. Maar julle moet stap voordat die son julle gaar braai.
Ek  hm  Chris, het julle my nie dalk hier by die rekenaar nodig nie? Deirdr probeer haar bes om die vier kilometer se stap vry te spring, maar die ander wil van niks hoor nie.
Toemaar, lag Chris, as julle vanaand terugkom, is die kampvuur aan die brand en die braaivleis gaar.
Gaaf, dan is alles in orde, s Tinus, en Rudi voeg by: Elke, ons hou julle uit die helikopter dop om seker te maak dat julle nie verdwaal nie.
Verdwaal se voet, lag sy.
Die helikopter styg op, en al geselsend verlaat die stappers die kamp. Hulle volg die pad langs die vlei, verby blaarryke leeubossies, wat s genoem word omdat die blare soos n leeu ruik. Hulle loop verby kremetarte en mopanies en hulle sien kort-kort n patrys of fisant voor hulle wegskarrel. N n uur is
hulle aan die voet van die Koedoekoppie teen die suidelike grens van Makwena. Net anderkant die grensdraad is daar n stofpad wat maar selde gebruik word.
Terwyl hulle die koppie uitklim, staan Elke skielik stil. Kyk hier, Gigi. Sien jy hierdie gaatjies? Deirdr gaan sit plat op die grond. In die rotsplaat voor hulle is daar n aantal holtetjies in groepe gerangskik: drie langs mekaar, dan weer vier, almal ewe diep, onegalig versprei.
Ja, dis eienaardig, s Deirdr. Hoe het hulle hier gekom, Elke?
Die brandwagte het glo hier gesit en klip-klip speel om die verveling hok te slaan, want die gaatjies kom voor op elke kop-pie van waar Mapungubwe gesien kan word.
Waar is Mapungubwe? Kan mens dit van hier af sien? vra Gigi.
Ja, maar ons moet n bietjie hor op klim. Sien jy kans, Gigi? vra Elke besorg.
O ja! knik sy gretig. Dis net Deirdr wat kapot is en won-der of sy ooit weer van die lamheid in haar bene ontslae sal wees. Hulle klim die koppie uit tot amper bo waar daar n lekker grasbegroeide holtetjie is wat nogal lyk asof vroere bewoners dit gebruik het. In die verte, vanuit mopanievlaktes wat in die mreson l en skitter, staan die kenmerkende rotsformasie van Mapungubwe uit.
Ja ek sien, s Gigi opgewonde, daar is Mapungubwe! en Baku voeg by: Julle s, die brandwagte het hiervandaan rook-seine opgestuur. Interessant, n Deirdr?
Ja, maar kan ons net so n rukkie sit? kreun sy. Ek is pootuit. Ek is nie so fiks soos julle nie. Vier kilos? Vir my voel dit soos veertig. Hoe Gigi dit uithou, is n raaisel.
Jys nie al een wat pootuit is nie, erken Elke en gaan sit langs Deirdr op die gras.
N n rukkie staan Baku op en s: Nee wat, eks nou klaar gerus. Ek gaan weer na daardie gaatjies kyk.
Hy hardloop die kliprantjie af, oor die rotse gaan dit te vinnig  hy struikel en kom sonder seremonie plat op sy sitvlak te lande. Gelukkig vir hom kon die meisies sy vernedering nie
vanaf die holtetjie sien nie. Uitasem bly hy n rukkie sit om sy waardigheid te probeer herwin.
Op die grassies is die meisies nog besig om te rus toe n snaakse zoemgeluid tussen die koppies weerklink. Wat op aarde sou dit wees? vra Elke.
Skielik hou die gezoem op en n skril piepgeluid versteur die Bosveldstilte. Dit hou op, die gezoem van netnou weerklink weer. En toe skeur n persgroen blits deur die lug, hang n oom-blik trillend bo hul koppe, verbleek stadig en verdwyn.
Wat  ? Gigi staar na die plek waar die persgroen straal verdwyn het. Maar ! Ek moet daarheen gaan! Sy hardloop die koppie uit, sy kan haarself net nie keer nie. Toe sy bo is, sien sy hulle. Die geel bakkie, die Fransman en sy assistent, Flip. Willoos, asof sy gedryf word, hardloop sy die skuinste af. Toe sy nader kom, kyk Flip op. Sy sien hom. Sy weet. Dit is die tweede wilddief, die Kongolees. En hy is gevaarlik.
Ook hy herken haar en triomf skiet oor sy gesig: Jy maak dit vir my maklik, n? s hy in Frans. Vandag is dit ek wat kan toor en nie meer jy nie, ou meisietjie. Hy ruk n rewolwer uit en swaai dit voor haar neus. Ou Folliot mors sy tyd met dia-mante steel, pleks van op die internet surf soos ek. Nou is dit k wat die lekker vet losprys gaan inpalm. Oor sy skouer wys hy na die bakkie.
Klim in. Folliot, gooi weg daardie nikswerd klip van jou en bestuur die bakkie. Jy weet waarheen  Klim in, jy ook, en hy spoeg die woorde sarkasties uit, prinses Modjadji!
Op die gras staan Deirdr styf-styf op. Wag! Wag vir my! roep sy terwyl sy Elke oor die rotse sien verdwyn in die rigting van waar die vreemde geluide gekom het. Maar Elke is reeds bo-oor die koppie. Sy sien hulle. Die bakkie, die Kongolees. Folliot ook. Sy sien hoedat Gigi in die bakkie gedwing word. Sy hoor hoedat die voertuig in rat gegooi word en met n stof-streep tussen die mopanies deur reguit in die rigting van die grensdraad verdwyn.
Elke hardloop die koppie af na waar die indringers was. Wanhopig wring sy haar hande inmekaar. Wat op aarde kan sy
doen? Sy kyk rond. Op die grond sien sy iets l. Sy tel dit op. Dis een of ander instrument; een wat vir haar totaal vreemd is. Wag, hier staan iets. Gemtest X009, lees sy.
By die kampplek het Tinus, Chris en Rudi net die wildtelling se data klaar ingevoer toe Chris skielik uitroep: Kyk daar!
Waar? Daar!
Tinus gryp die selfoon, oom Martin sn wat Rudi nou net op die tafel neergesit het. Daar was weer n vuurpyl, skree hy. Folliot se flare gun. Rudi, kom! Ek is seker dit het van agter die Koedoekoppie gekom. Die meisies is daar  hulle kan in groot gevaar wees. Chris bly hier en check die rekenaar, dalk kom daar nog n boodskap deur; ek hou jou op hoogte 
In n kits is Tinus en Rudi in die helikopter en die wreld word klein onder hulle. Dit duur minder as vyf minute, toe stryk hulle langs die verskrikte meisies neer.
Tinus, dank die Vader. Julle is net betyds!
Wat het gebeur? Elke is nog besig om te vertel van die geel bakkie en Gigi se ontvoering toe Baku aangehardloop kom. Wat het gebeur? Die flitse? Hy kyk rond. Waars Gigi?
Vinnig herhaal Elke wat sy gesien het. Maar waar was jy ? Baku dink nie eens daaraan om te vertel van waar hy op sy sitvlak sit en droom het nie, al wat hy kan doen, is om homself te verwyt. Nee! skree hy. Die verdomde Fransman weet wie sy is. As Deirdr dit kon uitvind, kon hy mos ook. Baku is amper mal van woede, vrees en selfverwyt. Wat maak ons
nou, Tinus?
Rudi, s Tinus wat die krisis nou kalm oorneem, jy moet hulle met die helikopter volg. Baku, hier is die sel, kontak die Musina-polisiekantoor en rapporteer die ontvoering. Elke, gaan saam met Rudi sodat jy kan help rondkyk. Ek hardloop intussen terug na Danil se huis om die Mercedes te gaan haal. Waar is die sleutels, Baku?
In die paneelkassie, s hy terwyl hy die polisie se nood-nommer insleutel.
