En ek en Tiens was groen van jaloesie, val Elke hom in die rede.
  en julle ander het eers later gekom, voltooi Chris sy sin. Ek onthou, s Tinus. Pappa het toe nog gelewe  Tinus huiwer n oomblik. Hartseer herinneringe skiet deur die jong man se gemoed; hy, wat soveel verantwoordelikhede moet dra vandat die man wat sy vader en sy rolmodel was, nie meer daar
is nie.
Wel, tannie Vera vertel mos altyd die lekkerste stories, gaan Chris intussen verder, en eendag het sy vir my vertel van Sneeu-witjie en die sewe dwergies wat anderkant die Sewe Berge woon.
Jy het ons gewaarsku om nie te lag nie,  terg Elke.
Chris steur hom nie aan sy ousus nie en gaan verder: Toe ons later die dag Musina toe is om inkopies te gaan doen, het sy my gewys waar Sneeuwitjie se Sewe Berge is.
Wat?! Selfs Baku sit nou regop. Kan jy onthou waar dit was, Chris?
O ja, dit is net anderkant Dongola.
Wag so n bietjie, beduie Tinus. Ek het julle nog nie vertel nie, maar ek het die kordinate van die boodskap se bestem-ming wat die GPS-program verskaf het op die kaart geplot. Dit
is iewers baie naby aan Dongolakop. Die klomp se monde hang oop.
Wat is Dongola? vra Deirdr. Tinus verduidelik: Dongola is n bergspits, n groot kop wat lyk asof dit eeue gelede n vuurspuwende berg was. Dit is sowat sestig kilometer hier-vandaan, op pad na Musina. Jammer, Chris, jy was besig om te s ?
Ek was besig om te verduidelik waar tannie Vera se Sewe Berge is. As mens hiervandaan Musina toe ry, is daar naby Dongolakop n klompie koppies aan die linkerkant, met spits punte. Sewe van hulle. Ek weet nie of tannie Vera dit uit haar duim gesuig het dat daardie koppies die Sewe Berge genoem word nie.
Jys reg, Chris! val Baku hom opgewonde in die rede. Ek ken daardie plaas! Die plaas se naam is Wildplaas en dit behoort aan oubaas Louw. Ek ken hom. As julle wil kan ons later vir hom gaan kuier.
n Koor van juigende jongmense laat hom nie toe om klaar te praat nie. Baku lag, want n yslike plan het hom skielik te binne geskiet. Daardie nederlaag op die tennisbaan moet nog gewreek word  Wel, as julle lus is vir sports, kan ons gaan. So sewe-uur se kant. Verskoon my nou, ek het nog n paar din-getjies om te doen.
Skielik dink Tinus aan iets. Met  e  wat? As Gigi dalk vir ons haar Merc leen?
Baku knipoog in Tinus se rigting: Tot netnou dan!
Dit is donker. Duisende sterre vonkel soos net die Bosveldhemel voor maansopkoms kan vonkel. Die Mercedes, volgelaai met vyf stuks jongmense en Herrie daarby, ry op die teerpad Musina se kant toe. Annemie het natuurlik luidkeels geprotesteer toe daar voorgestel word dat sy by Jessina bly, totdat Tinus maar toegegee het. Baku bestuur. Gigi het nie saamgekom nie  Te moeg, het sy ges.
Nadat hulle sowat n halfuur op die teerpad gery het, ver-minder Baku spoed. Die hek na oom Louw se huis is op lin-kerhand. Ons is amper daar.
Binne n minuut doem klipmure rondom n stewige ysterhek op. Die naam Wildplaas staan op n netjies geverfde naam-bord. Baku hou stil en Tinus spring uit om die hek oop te maak, die Merc se ligte vol op hom. Maar tespoed l voor. Tinus kyk na die hek  dit is stewig toegesluit. Hy druk teen die hek, ruk en pluk, maar sonder sukses.
Elke steek haar kop by die venster uit. Is daar nie n klokkie wat mens kan lui om die plaaseienaar te kontak nie?
Tinus kyk rond. Daar is niks nie. Hy stap terug. Het iemand n selfoon saamgebring?
Baku skud sy kop. O vrek! Skoon vergeet! Chris frons. Dis nie hoe hy Baku ken nie. Baku se relings is gewoonlik foutloos.
Ek is net so skuldig, s Tinus. Ek kon mos die PDA saam-gebring het. Wat maak ons nou? Net so weer huis toe gaan? Ek het n plan, s Baku met o wat stout vonkel, n ge-
vaarlike plan, maar as julle game is ? Wat stel jy voor?
In plaas daarvan om te antwoord, klim Baku by die motor uit en stap na die geslote hek. Hy vroetel so n bietjie, en  die hek swaai oop. Ry deur, Tinus! roep hy, en draai links weg. Sien jy die sleepselpad wat uitdraai? Volg dit.
Tinus maak so.
Ons is nou besig om te oortree, s Baku baie ernstig toe hy weer inklim, dis di dat ons die kleiner pad moet volg. Maar ek ken die oubaas! Hy sal net lag oor ons so snaaks kom kuier. Tinus, hou die ligte so flou as moontlik.
Deirdr begin nou bekommerd raak. Hoekom het ons nie liewer die polisie se hulp ingeroep nie, eerder as om hier te oortree? vra sy.
No ways! s Baku, hulle sou ons net uitgelag het. Wie glo nou so n storie? Snaakse boodskappe, seekoeie, maansopkoms, en buitendien, voeg hy met n stout laggie by, dis mos lekker om so n bietjie privaat speurwerk te doen, sonder hulp van die polisie, of hoe?
Deirdr voel hoedat die opwinding haar keel laat toetrek. Elke lyk ook benoud. Annemie is al een van die meisies wat vrolik gesels totdat Chris haar stilmaak. Jou gebabbel sal ons
netnou nog in die moeilikheid dompel, s hy, Sharrap, Anne-mie, netnou hoor hulle ons.
Wie is hulle? wil Annemie weet. Almal ignoreer haar en Tinus gee sy aandag aan die motor en aan die dowwe sleep-selpad waarop hulle nou deur die mopanies beweeg.
Kyk daar, fluister Elke dringend. Dis n koedoe, nee som-mer n hele klomp. Vyf, as ek reg tel.
Tinus skakel die ligte af sodat die koedoes eers sierlik oor die pad kan wegspring. Nou kan ons verder ry, s hy, maar is ons nog op die regte pad, Baku? Waarheen lei jy ons nou? Jong, hierdie affre lyk vir my nie heeltemal so onskuldig nie.
Toemaar, s Baku oordrewe gerusstellend, ek ken oubaas Louw. En ja, jy is nog reg. Volg net die sleepsel. Ons kry netnou n groter pad, dan sal jy n vurk sien. Die linkerkantste pad gaan na die huis. Draai regs, dan sal ons by die Sewe Berge uitkom.
N sowat vyf minute, bereik hulle die groter pad, en toe sien Tinus die vurk.
Jy s regs, n? Tinus steek die neus van die Mercedes in die uitdraaipad in. Skielik skeur twee verblindende ligte die donker. n Voertuig kom dreigend nader en verplig Tinus om agteruit te ry. Hy ry hom amper vas in n tweede voertuig, wat nou ook sy hoofligte op hom gooi. Hulle dwing hom om die pad na die opstal te neem.
Ek is bang, s Annemie.
Tinus begin homself bitterlik verwyt. Hy moes sy gesonde verstand gebruik het en nie toegelaat het dat Baku hulle so onverantwoordelik laat optree nie. Wat sou in Baku gevaar het? Maar nou is dit te laat. Hulle is oortreders en wie weet, dalk in lewensgevaar. Boonop loop hulle die risiko dat Gigi se Merc gekonfiskeer kan word. Tinus het nie n keuse nie. Hy volg die pad na die opstal. Twee voertuie ry langs hom. Hulle gun hom nie n greintjie uitdraaikans nie. Skielik versper n heining die pad, maar n hek skuif oop en die Merc ry deur. Die hek skuif agter hulle toe. Hulle bevind hulself in iets wat soos n ten-nisbaan met ho draadheinings lyk.
Skielik word dit so helder soos daglig om hulle soos sprei-
ligte aangeskakel word, en nou kan Tinus sien dat hulle vas is, heeltemal vas. Die tennisbaan waarin die Merc tot stilstand gebring is, is effektief n tronk. Uitkomkans is daar nie. Annemie begin snik. Herrie lek haar arm vertroostend.
Klim uit, bulder n luidspreker, klim uit, julle stropers! Almal van julle. Hande op julle koppe en staan rug teen die motor. Ons gaan julle gewere van julle afneem. Moenie moei-likheid probeer maak nie, julle is omring, en ons sal nie skroom om te skiet nie.
Hulle klim uit. Tinus en Chris eerste, met die twee ouer meisies, bleek geskrik en bibberend van angs kort op hul hakke. Annemie klim uit, hardloop na Tinus en klou aan hom vas. Ek is bang, s sy terwyl Herrie teen haar opspring.
Tinus kyk rond. Waar sou Baku wees? Toe besef hy die ou het nooit uit die kar geklim nie.
Staan stil! Hande in die lug! herhaal die luidspreker. n Fors, ouerige man in n swaar jas kom nader. In sy een hand hou hy die luidspreker vas, in die ander hand, n geweer. Hy bekyk hulle op en af, asof hy nie kan kleinkry wat hy sien nie. Hulle lyk anders as wat hy verwag het. Nadat hy die oproep van die polisie gekry het, het hy mans in kamoefleerpakke, met jag-gewere verwag. Nie hierdie spul kinders nie. Hy huiwer, maar dan bulder hy bars: Wat de duiwel soek julle hier op my plaas soos n klomp wilddiewe in die middel van die nag?
Statig klim Baku uit die kar en stap nader. Dis juis wat ons soek, meneer Louw. Wilddiewe! Mag ek myself voorstel? s hy terwyl hy n identiteitskaart aan meneer Louw oorhandig. Ek is sersant Baku Maponani van die Suid-Afrikaanse Polisie, tot u diens.
Agter die spits punte van die Sewe Berge kom die maan in volle glorie op. Die tyd het aangebreek 
Almal kyk verslae na Baku. n Polisiesersant  Baku? On-moontlik! Maar meneer Louw is baie bendruk met Baku en om sy vorige optrede te verbloem is dit Naand, Sersant! en Welkom, Sersant! en dis Sersant voor en Sersant agter. U is meer as welkom! U s u is op soek na die wilddiewe! Die polisie op Musina het my vroer gebel en vertel van hul vermoede dat wilddiewe my plaas vanaand gaan teister. En ook dat u op pad is, maar, hy huiwer, hoekom dan met hierdie slegte pad? Maar ek moet seker nie die polisie se metodes bevraagteken nie  Kom nader, almal van julle. Kom kombuis toe, ek is seker tannie Magriet sal koffie vir ons almal h  Hy draai na sy werkers: Dankie, manne. Julle kan maar loop. Lyk my daar was n mis-verstand.
Terwyl hulle na die woonhuis stap, n swierige groot plaas-huis met witgekalkte mure, gewels en n grasdak, is Tinus ingedagte. As dit dan so is dat Baku n polisiesersant is en amp-telik na die wilddiewe op soek is, dan het ons mos nie oortree nie. Dan was ons nooit wederregtelik hier en nooit in lewens-gevaar nie. So n Baku! Hy het ons lelik om die bos gelei.
Toe meneer Louw sy voordeur oopmaak, stap almal agter hom aan kombuis toe, maar Tinus steek vas. n Deur links in die gang staan op n skrefie oop en hy hoor klavierspel. Sy liefde vir musiek kry die oorhand  Hy druk die deur effens oop. Dit is half donker. In die helder maanlig wat deur die venster straal, sien hy waar die pragtige musiek vandaan kom. Voor die kla-wers van n vleuelklavier sit n meisie met lang blonde hare, haar rug na die deur gedraai. Asof betower luister Tinus. Sy speel Beethoven se Maanligsonate. Tinus se keel trek toe. Geluidloos gaan hy nader. Die laaste note smelt weg in die silwer strale van die maan wat haar omvou. Sy laat haar hande sak en sit roerloos voor die klavier.
Wonderlik, fluister Tinus, jy speel ongelooflik mooi.
Verskrik draai sy om. Hoe kom jy hier? Wie  wie is jy? Ek is Tinus Vermeulen. Ons hou hier naby vakansie op ons
oom se plaas Makwena. Wat is jou naam? Carla Louw.
Net toe weerklink oom Louw se stem. Carla! Carla! Waar is jy? Ons het gaste!
Ek kom! roep Carla. Kom saam, Tinus.
Almal sit reeds in die gesellige kombuis. Tannie Magriet, oom Louw se vrou, wat n snoesige blou kamerjas aan het, maak koffie asof dit uit die mode gaan. Elke en Deirdr dra reeds koppies aan.
Carla, kom ontmoet ons kuiergaste, roep oom Louw, gloei-end van vaderlike trots oor sy pragtige dogter. Dis sersant Maponani  dit was mos die van, n?  en  e  julle ander ken ek nie. Stel maar self bekend.
Hei! en name word oor en weer uitgeruil. Elke staan nader. Naand, Carla! Ek is Elke Vermeulen en dis Deirdr de Villiers 
Carla glimlag en Tinus kry opnuut koue rillings. Dis nou vir jou n stunning chick!
Intussen is oom Louw en Baku besig om oor wilddiewe te praat. Ons het n wenk gekry dat hier vanaand wilddiewe sou wees, s Baku. Ek het my bevelvoerder, kaptein Le Roux van Musina gekontak en gevra hulle moet u laat weet ek kom va-naand. Ek verstaan hulle het ondersoek ingestel en geen onraad hier bemerk nie 
Dit was dan hoekom helikopters heel middag hier rond-gevlieg het.
Ja, en daarom het die kaptein ges ek moet hierheen kom om u gerus te stel. Die hek was toe, en daarom moes ek my loper gebruik. Ek hoop nie u gee om nie, meneer Louw?
Natuurlik nie. Dis mos waarom die polisie lopers van al die plaashekke het. En ja, ons het vreeslik las van stropers. Maar jy s jy het n wenk gekry. Is Wildplaas se naam genoem?
Nee, dis  ag, verskoon my  my sel lui. Dis dalk die kaptein.
Baku haal n selfoon van onder sy jas te voorskyn. Chris,
wat die gesprek oopmond aangehoor het, sluk-sluk. Baku het die hele tyd n selfoon by hom gehad. Hoekom het hy dit netnou ontken? Wat voer Baku in die mou? Dis nou meer as weird.
Naand, Kaptein. Dankie, Kaptein. Dis wonderlik. Geluk, hoor. Totsiens, Kaptein! Baku sit die selfoon in sy sak. U vra of ons gehoor het die diewe is op Wildplaas, meneer Louw? Nee, hulle het ges op die Sewe Berge en daar is mos sewe koppies op u plaas? Mumakomo manonwe, het die boodskap ges, as dit vertaal word is dit Op die Sewe Berge. Maar dis glo die naam van n plaas anderkant Musina. Die polisie is soontoe en net duskant Tshipise kry hulle toe n donkiekar met twee renosterhorings op.
Allawreld! Dis vir jou vinnige optrede. Geluk, Sersant. Intussen is Elke en Deirdr aan die gesels en koffiedrink
saam met tannie Magriet, met wie se ses katte Annemie speel. Herrie gluur die katte aan. Tinus en Carla gesels eenkant.
