fout wees, maar nee  Dis nie ek of jy nie, Tinus. Ook nie Elke nie. Rudi? Kan tog nie wees nie. Gigi ? Is jy ?
Op hierdie oomblik gaan die tentflap oop. Deirdr loer in. Dan is dt waar julle almal is. Maar julle sal mos versmoor. So baie mense in een klein tentjie.
Sy kom die tent binne. Dit ruik soos ren hierbinne, Deirdr klink verbaas. Dit het so geruik toe die wilddiewe by die draad gevlug het en by die olifant 
Gigi, s Chris, vertel eers! Is jy dalk ? Kroonprinses Modjadji, s Deirdr kalm. Gigi knik. Ja, ek is Modjadji.
Chris kyk na Deirdr; verbaas  met nuwe o. Hierdie meisie is flippen cool. Slim, gaaf en reg vir avontuur. So n meisie sou hy graag 
Deirdr kyk na hom en sy glimlag. Sy knik. Hulle verstaan mekaar.
Almal borrel by die tent se opening uit. Chris en Deirdr hou skelmpies hande vas. Nou is dit lapa toe en stoele word reg getrek. Die Groot Gesels het begin. Elke kan dit nie langer hou nie. Chris, vertel nou eers alles! Ons sterf van nuuskierigheid! Wat het jy en Deirdr ontdek oor Gigi?
Chris glimlag. Van die onseker graad 9-seun is daar nou niks meer oor nie. Hys mos nou n ou met n meisie. Wat verstaan julle nie? Dis dan so duidelik soos daglig, vra hy kamma on-gerg terwyl hy van innerlike vreugde gloei.
Ten minste verstaan ek nou waarom sy so fancy praat! Maar die res is duister, brom Tinus, en Gigi wil opgewonde weet: Waar kom die tsoenami-idee vandaan, Chris?
Nou ja, as julle dan nie verstaan nie, sal ek by die begin begin. Julle sal onthou dat wilddiewe n paar dae gelede twee koedoes in strikke gevang en verwurg het. Gigi, wat aangevoel het dat sy daar nodig is, daag op. Hoe sy sulke dinge aanvoel, slaan my dronk. Anyway, toe sy op die diewe afkom, steek sy haar hand uit, haar vingerpunte om presies te wees. Iets soos n skokgolf tref hulle en hulle vlug  angsbevange.
Ja, dis wat gebeur het, bevestig Deirdr. Rudi, jy was nie daar nie, maar alles het presies gebeur soos Chris dit vertel het.
Ons kon dit glad nie verstaan nie. En dit was nie die enigste keer nie. Toe ek byna in die olifant vasgehardloop het, was Gigi ook skielik daar om te help.
Ja, voeg Annemie by, en Modjadji van bo-op die berg het vreeslik begin bewe toe Gigi daar kom.
Rudi knik. En kan julle nou hierdie vreemde gebeure ver-klaar?
Ek gaan probeer, ja, s Chris. Deirdr sal my kan aanvul as ek vashaak. Die gebeure daar by die stropers het my laat voel dat ons met iets of iemand uit n ander wreld te doen het. Jy het mos ook daardie gevoel gekry, n, Deirdr?
Ek het, ja! Maar toe gaan surf ek so n bietjie op die internet. Mettertyd het ek besef dat die naam Gigi n afkorting vir Mo-djadji kan wees. Is ek reg, Gigi?
Ja, jy is heeltemal korrek. Maar ek wil graag weet wat die rol van die tsoenami is!
Elke en Rudi staar Deirdr met ongeloof en bewondering aan. Annemie ook, hoewel sy beslis nie wil erken dat daar dinge is wat sy nie van die begin af geweet het nie.
Wel, gaan Deirdr voort, as Gigi dan prinses Modjadji is, is sy die afstammeling van een van die merkwaardigste ko-ningshuise wat Afrika nog ooit geken het. Dit alles het ek op die internet gekry, want ek kon net nie glo dat hierdie dinge sommer toeval is nie.
En toe?
As sy die kroonprinses is, moes sy sekere kragte van haar voorouers gerf het.
Ja, s Baku wat nou vir die eerste keer iets te s het, sy het kragte, bonatuurlike kragte, in haar vingerpunte.
Die kring in die lapa kan hul ore nie glo nie.
Netnou, toe ons in die klein tentjie was, gaan Chris self-versekerd verder, raak die rekenaar berserk toe Gigi naby kom. Dis haar vibes, sou tannie Vera s. Ek glo natuurlik eerder dat sy een of ander sender wegsteek  dit vir die oomblik daar gelaat. Wat se ding is dit wat Gigi wegsteek, Chris? Annemie kry skielik lewe en voel dat sy beslis nou ook haar deel tot die besprekings moet bydra. Gigi, steek jy sulke goeters vir ons
weg? Wys ons  ek wil ook sulke goeters 
Nee, wag nou, Annemix, s Elke, laat Chris nou ver-duidelik. Wat vir n ding is n sender en wat het dit met Gigi te doen? Weet jy waarvan hy praat, Gigi?
Nee, ek weet nie! Maar ek wil weet!
n Sender is n instrument wat seine uitstuur en op seine reageer 
Rudi val hom in die rede: Wag, Chris, ek dink ek kan beter verduidelik. Ons gebruik hulle dikwels. Ek is seker julle het al op TV gesien hoe wildbewaarders vir leeus en ander diere hals-bande aansit wat dan seine uitstuur. Sodoende kan ons die diere se bewegings volg en 
O ja, nou verstaan ek, s Annemie stralend. Dit was nou die aand op TV. Hulle het die leeus gevang en  maar Gigi? Jy het mos nie so n ding om jou nek nie?
Impulsief vat Gigi aan haar nek met haar regterhand. In n kits wip Annemie op en gryp Gigi se arm. Kyk, jubel sy, hier is Gigi se sein-affre! Haar armband.
Oopmond staar al wat jongmens is vir Annemie aan  Enemix, jou dierasie. Jys n wonderwerk! Chris spring op asof hy Annemie wil omhels, bedink homself en gee haar toe maar net n klappie op die rug voor hy praat. Gigi! Dan is dit waarmee jy my rekenaar befonkfaai het! Waar kry jy hierdie flippen arm-band?
By my ma, s sy, koningin Modjadji X, maar dit is nie waarin my krag gele is nie. Dit is my beskerming. Chris, ek het s gehoop jy sal my kan help om my krag te verstaan. Die pro-gram se naam was RoyalTsunami en ek het n vermoede dat tsoenami vir my iets moet beteken, maar wat?
Gigi lyk so bekommerd dat almal van hulle enige iets sal gee om haar te help.
Wat verstaan jy nie? vra Chris.
My krag  Ek weet dis Modjadji-krag. Dit verstaan ek, maar partykeer het ek nie krag nie. Tsoenamis is altyd sterk. Is daar iets verkeerd met my?
Ek  ek weet nie, erken Chris, Tiens, Deirdr ?
Ek weet ook nie of ek iets van hierdie spul verstaan nie, antwoord Tinus, maar kom ons begin by tsoenamis; wat s julle, wat is dit?
Dis moewiese golwe in die see, kom dit van Chris. Wel, waag Deirdr dit, soos ek dit verstaan word n
tsoenami veroorsaak deur rotsplate diep onder in die see wat teen mekaar bots. Dit veroorsaak reusagtige golwe wat alles voor hulle wegvee.
Hm  Tinus dink n oomblik na, ek dink jy het dit. Die kragte binne in prinses Gigi is mos ook so. Kom ons kyk na die kere wat haar kragte uitgeborrel het. Die episode met die wreedaardige wilddiewe: Dit bots teen haar wese en haar bona-tuurlike kragte kom in werking. Daarmee verjaag sy die vyande  hoe klink dit vir jou, Gigi?
Asof gehipnotiseerd sit Gigi na hulle en luister en toe kom sy skielik terug aarde toe. Sy straal. Sy tintel. n Onbeskryflike vreugde gloei oor haar gesig. Tinus, s sy, ek verstaan. Vir die eerste keer verstaan ek wat in my is. Dankie! Dankie! Nou weet ek hoekom ek so is  maar partykeer werk die kragte nie. Ek voel pap  asof ek niks kan doen nie. Hoekom?
Vertel ons wanneer het jy niks krag nie, stel Chris voor. Gigi sluit haar o en dink diep.
Gigi, s Elke skielik, jy het gebewe en was bang toe meneer Folliot met jou gepraat het, was dit  ?
Jy is reg! Dit gebeur as ek bang word. Soos wanneer daardie monsieur Folliot in die omtrek is. Ek is bang. Baie bang. Dan ek kan niks doen nie, ek is swak, pap, kragteloos. Hoekom is dit so, Chris, weet jy?
Chris skud sy kop. Ek weet nie, Gigi! Ons weet te min hier-van. Deirdr?
Ek kan maar net raai, s sy. Ek dink dit is omdat jy nog jonk is. Jou selfvertroue is nog nie sterk genoeg nie. Maar ek is seker dit sal regkom, Gigi.
En eendag, wanneer jy koningin is, las Tinus laggend by, sal jy net so sterk of sterker wees as al die Modjadis voor jou. Gigi straal. Ja! Dit moet die antwoord wees waarna ek al
jare soek!
Ek is honger, s Annemie. Eet ons dan nie vandag nie? Nou kom almal eers agter hoe hulle mae grom. Elke staan op. Haai jong, jys reg, Annemie. As almal gou kom help, kan
ons oor tien minute eet.
Hulle wil net kombuis toe gaan toe Baku hulle voorkeer. Julle sal ons moet verskoon asseblief. As ek en Gigi nie nou dadelik huis toe gaan nie, maak mama Jessina oorlog met ons wat erger as enige tsoenami is. Onder spontane gelag kry hy sy vriendin aan die arm beet en hulle laat spaander huis toe.
Almal help gou vir Elke. Elke skil, sny en braai die uie en sampioene. Deirdr sny die pynappel, blaarslaai en tamatie. Selfs Annemie doen haar deel deur die ronde broodjies te smeer. Die vleiskoekies sis heerlik op die rooster. Sommer gou smul almal heerlik aan n hamburger.
Nadat die borde leeg is, groet Rudi wat verklaar dat hy darem n werkende jongman is wat sy dag se brood moet verdien. Chris wink vir Deirdr nader. Jy weet, mens kan Gigi se vibes opvang. So sien n mens waar sy is, jy weet, soos hulle gesteelde karre kan opspoor. Kom ons gaan kyk.
Die twee sluip weg rekenaartent toe. Chris aktiveer weer die Modjadji-program en waarlikwaar: Klop-klop, soos n hart-klop, kom Gigi se seine deur, en op die kaart van Makwena verskyn kolletjies wat presies aantoon hoedat Gigi in die kom-buis van die plaasbestuurder se huis rondloop.
Awesome, die ding werk soos n bom! Die twee omhels me-kaar sommer. Vir n oomblik voel Chris verle hieroor, maar toe glimlag Deirdr so mooi vir hom dat sy hart byna by sy keel uitspring van geluk.
Nie lank nadat hulle huis toe is nie, maak Baku weer sy ver-skyning. Hy wink Tinus nader: Gigi het my vertel van n snaakse boodskap in Shona wat julle vanoggend ontvang het. Mag ek dit sien? Terloops, Gigi vra om verskoning, sy rus nou by mama Jessina. Vanoggend se dinge het haar uitgeput 
Dit verstaan ek en ja, natuurlik kan jy die boodskap sien. Chris ? Minute later sit almal in die lapa met die vreemde boodskap voor hulle.
Ons weet nou wat die boodskap s: Vanaand, die maan kom op, sewe berge, seekoei. Maar wat dit beteken kan gn mens raai nie, s Tinus. Dalk kan jy ons help, Baku? As ons koppe bymekaarsit, sal ons dalk die raaisel kan oplos.
Maar koppe bymekaarsit help nie veel nie. Almal is opge-wonde en praat een strook deur, maar n aanvaarbare oplossing bly uit. Deirdr luister glimlaggend na die gebabbel. Hoor hier, s sy toe sy n kans kry om te praat, kan ek iets voorstel? en toe almal haar geesdriftig aanmoedig, gaan sy verder: Kom ons benader die saak nou logies. As ons reg is dat hierdie boodskap iets met smokkelary te doen het, dan beteken dit dat iemand aan iemand anders wil laat weet waar en wanneer die gesmokkelde goed afgehaal kan word.
Ek dink jys reg, stem Tinus saam, maar hoe help dit ons?
S nou dit is so, brei Deirdr uit, dan het iemand met die naam of kodenaam Seekoei, iemand anders laat weet dat die smokkelgoedere vanaand met maansopkoms by Sewe Berge afgehaal kan word.
Haai! Dis moontlik. Ek moet s, dit kan dalk sin maak, erken Tinus.
Ja, maar waar op aarde is Sewe Berge? vra Elke skepties. Het een van julle al ooit van so n plek gehoor?
Chris, wat tot dusver nog niks ges het nie en net sit en strepies op die grond trek, kyk op. Moenie vir my lag nie, maar ek het n idee.
Vertel! s Tinus. Wat dink jy?
Onthou jy, Tinus, dat ek jare gelede n slag alleen saam met oom Martin en tannie Vera hier kom kuier het? Dit was voordat ek skool toe gegaan het en 
