Weet julle, s Elke, dit sou kon beteken dat die Mono-motapa trommels vol van hierdie muntstukke gehad het, wat hulle kon gesmelt het om die septer en die renostertjie te maak. Jy s mos, Tinus, niemand het nog daarin geslaag om die myn te vind van waar die goud gekom het nie.
Ek glo jou storie nogal! s Chris. Vir my lyk dit baie meer aanvaarbaar, as om te beweer dat hulle die hele pad na Ohrig-stad of Pelgrimsrus gepiekel het om goud te vind.
Fabulous gedagte, s Deirdr opgewonde, hierdie idees is net reg vir my opstel!
Nee, wag n bietjie. Jys te haastig, gooi Tinus koue water op Deirdr se vuur. Dit verklaar miskien waar die goue septer en die renostertjie vandaan kom, maar nog nie hoekom die Mo-nomotapa-koninkryk deur die geskiedenis heen bekend gestaan het as n uitvoerder van goud nie. Selfs Van Riebeeck het na hulle gaan soek. En wat van Salomo? Waar het hy aan sy goud gekom?
Des te beter, lag Deirdr wat nie so maklik van stryk ge-
bring word nie. Enige argument moet twee kante h, en hierdie gedagtes van julle gee die hele bespreking meer diepte. Ek moet s, ek het nooit kon droom dat ek soveel stof vir die wedstryd hier sou vind nie. As Chris nou nie wen nie, dan is dit beslis nie julle skuld nie.
Onthou dit asseblief, Boeta, skimp Tinus laggend, en voeg by: Elke, vertel bietjie vir ons wat toe aan die einde gebeur het.
Aan die einde is ou Allan-hulle toe skatryk en Ignosi die nuwe koning van die Kukuanas. Die drie Engelsmanne is terug na Engeland, and they lived happily ever after.
Baie dankie, Elke, s Tinus, jy is n goeie storieverteller. Het jy al ooit daaraan gedink om drama te gaan swot?
Elke lag spontaan. No ways! Dankie vir die komplimente, ou broer. Maar toneelspeel, hoe lekker dit ook al is, is net deel van skooljare. Maar ons het nou ou Allan-hulle se dors geles, s sy prakties, so wie het lus vir Milo voor slaaptyd?
Haar voorstel vind groot byval en sy en Deirdr spring weg kombuis toe om die drankies te maak. Annemie gee lang gape en besluit dat die groot meisies die Milo sonder haar hulp kan maak. Sy bly net daar om verder oor Allan en Ignosi te droom.
Weet julle, s Tinus terwyl hy nog n stomp op die kamp-vuur gooi, as daardie ou Monomotapa-koning so deftig was om goue septers en renosters te h, moes hy tog sekerlik ook n pragtige troon gehad het, nie waar nie? Maar so iets is nooit gevind nie  en onthou, net sowat n tiende van die opper-vlakte bo-op Mapungubwe is opgegrawe. Tuks se geld het op-geraak. Dalk l daar nog iewers n wonderlike troon onder die grond begrawe 
En trommels vol van Salomo se goue muntstukke, las Chris by. Ek s julle wat, kom ons doen aansoek by Tuks om verdere opgrawingswerk te doen.
Uitstekende voorstel, lag Tinus, maar onthou net, Boeta, jy sal self pikke en grawe moet swaai, nes Tuks destyds moes doen. Gn plaaslike ou sal dit waag om op die Heilige Berg te gaan spit nie.
Mre, mre! Hoe lyk dit, is ek te vroeg vir ontbyt? Rudi klim uit sy Jeep en stap nader na waar meeste van die groepie lekker om die tafel sit en koffie drink.
Mre, Rudi! groet Elke. Kom kry n koppie koffie. Hier is lekker beskuit ook. Rudi neem sitplek langs Elke in. Hy het skaars gaan sit toe Baku en Gigi ook hul verskyning maak.
Ons word meer en meer, lag Deirdr. Elke, het ons ooit genoeg kos om al hierdie monde te voed?
Meer as genoeg. Ma Lulu het goed vir ons gesorg.
Ek het vir jou goeie nuus, Elke, s Rudi. Folliot wou ook saamkom, maar ek het hom vertel dat dit hier wemel van krokodille. Die plaas se naam is mos nie verniet Makwena nie. Dit was afskrikmiddel genoeg. Maar ek dink die nuus is nog beter vir ons vriendin Gigi.
Sjoe! s Elke ietwat ontsteld. Het selfs jy dan opgelet dat sy
n gly gevang het in die Fransman, voltooi Rudi die sin. Wel, ek ht raakgesien dat jy nie alte in jou skik was met sy attensies nie, Gigi, maar toe hy die woord krokodil hoor, sou ek hom nie kon saamsleep nie.
Gigi glimlag verle.
Toemaar, troos Elke, ek moet s dat hy ook nie juis my gunsteling besoeker is nie; ek verkies selfs vir Rudi bo hom. Wat!? ontplof Rudi en Elke skaterlag. Ek mag mos maar jou been trek, n? Haar woorde is speels, maar eintlik voel sy
verle. Rudi moenie begin belangstel nie.
Voordat Rudi n poging kan aanwend om sy waardigheid te herwin, merk Tinus op: Nee wat, ou maat, kom kyk liewer wat maak Chris by die rekenaar. Dis veiliger daar. Meisies word net toegelaat wanneer hulle vir ons tee bring. En buitendien, jy gaan ons mos nog help met die wildtelling, nie waar nie? Dan moet jy mos presies weet wat ons aanvang. Het jy die sagteware
gebring?
Skoon vergeet! bieg Rudi terwyl hulle wegstap. Jys reg! Ek het die oom beloof om te help. Ons sal beslis mre daarmee moet begin. En wat die renosters betref, hulle was toe hier. My spoorsnyers het hulle opgespoor en huis toe gebring.
Eks bly. Ek en renosters is nie juis maats nie. Maar intussen het ons die rekenaar reggekry, en wil jy glo, gister onderskep Chris toe mos n vreemde boodskap. Hy probeer nou seker om dit te ontsyfer. Hallo Chris! Het daar weer n boodskap deur-gekom?
Ja! Julle is net betyds! juig Chris. Ons vang weer iets op! Tinus en Rudi leun oor Chris om op die skerm te kan sien.
Ook nie n oomblik te vroeg nie, want alles flikker en flits. Skielik verskyn n klomp onsamehangende letters op die skerm:
n h a s i m a n h e r u m w e d z i u c h a b u d a m u m a k o m o m a n o n w e m v u u k a d z i
Wat op aarde kan dit beteken? Eks behoorlik clueless. Chris en Tinus kyk mekaar oorbluf aan. Rudi skud ook sy kop. Almal staar na die lettertjies voor hulle. Intussen is Chris tevrede dat niks meer aan die kom is nie en stoor die boodskap.
Kan jy iets uitmaak, Rudi? vra Tinus terwyl hy fronsend na die letters kyk, vir my klink dit nog vreemder as Grieks.
Ook Chris skud sy kop. Ek dink dit is n boodskap in n geheime kode. En dat dit aansluit by die een wat ons nou die dag onderskep het. Dis net  kyk hier, hierdie boodskap kom vanuit n ander rigting as die vorige boodskap. Hierdie een kom van Zimbabwe. Maar dit lyk of die bestemming min of meer dieselfde bly  iewers tussen niks en nrens.
Hm.
Ja, en as jy na die laaste letters kyk, u u k a d z i, dan is dit dieselfde as in die vorige boodskap wat ons onderskep het.
Vinnig kyk Tinus na wat hulle voorheen neergeskryf het. Jy is reg! Maar wat maak ons nou? Kom ons probeer hierdie tweede boodskap ontsyfer. Chris, weet jy dalk hoe om n ge-heime kode te breek?
Chris lyk onseker. Heel eerste, dink ek, moet ons n leidraad probeer vind. Hulle s die letter e kom die meeste voor in sinne. Kom ons begin deur vir herhalings te soek.
Hulle bestudeer die uitdruk voor hulle. Die letters wip en dans naderhand voor hul o. Wag, s Tinus, dit lyk vir my asof die u die meeste voorkom. Kom ons maak al die us, es. Hulle doen dit. Niks gebeur nie. Hoe hulle ook al kyk, hulle kan glad geen patroon vind nie. Flippit! Ons vorder niks nie!
Wat nou? Tiens? Rudi?
Rudi is besig om sy eie gedagtegang te volg en s net: Hm. Daar word aan die tentdeur geklop en Elke loer by die flap in. Vir wat sit julle so en broei? Kan ek inkom, of is alles hier rond streng vertroulik? Hier is tee as julle belangstel. Gigi, kom, bring die melktert, dit lyk my ons word darem in die heiligdom
geduld.
Rudi hou die tentflap vir hulle oop. Dankie julle twee. Dis net wat ons nodig het.
Elke sit die skinkbord met drie bekers tee eenkant neer. Gigi bied papierbordjies met melktert aan.
Wat maak julle? Kan ek loer? vra Elke.
Tinus neem sy tee. Natuurlik kan jy. Op die oomblik is ons net besig om droog te maak.
Ons het hierdie boodskap opgevang, voeg Chris by, en nou probeer ons dit ontsyfer. Ek is seker dit kom van die smok-kelbende, maar dis in n geheime kode geskryf, en dit floor ons. Ons kan nie kop of stert uitmaak nie.
Elke neem die uitdruk en kyk daarna. Sy frons en wys dit vir Gigi wat n oomblik aandagtig daarna kyk. Skielik vorm n skalkse glimlag om haar lippe.
Julle is verkeerd, s sy stilweg, dit is nie n geheime kode nie.
Almal kyk haar oorbluf aan. Nou wat dan?
Dis Shona, s sy en begin hardop lees: Nhasi manheru, mwedzi uchabuda, mumakomo manonwe, mvuukadzi. Dit beteken Vanaand, die maan kom op, sewe berge, seekoei.
Ek dag so  mompel Rudi, maar niemand hoor hom nie. Fabulous! roep Tinus uit. Gigi, jy is n wonderwerk. Kom
ons kyk of daar verdere boodskappe gekom het, want nou kan ons hulle ontsyfer! Bluetooth aan! Infrarooi 
Die skerm verhelder en toe is dit asof alles plotseling mal word. Ligte flits, rooi kolle verskyn en die rekenaar brul. Toe verskyn n boodskap in dik, vet letters op die skerm:
Authorizing communication via BLUETOOTH

Communication has been authorized.
RoyalTsunami will now be installed

Chris, bewend van opwinding, staar stip na die skerm. N n minuut of twee gebeur daar iets. Wat nou? vra Tinus.
Die program is nou gelaai; ek moet n password kies. Hou duim vas dis nie n virus nie. Hy tik die wagwoord twee maal in en die rekenaar antwoord:
The tsunami phenomenon has been activated.
Code symbol
Voordat iemand nog iets kan s, maak die GPS-program vanself oop. n Kaart word gelaai en n kolletjie wat lyk of dit aandui waar iemand is, verskyn op die kaart. Die kolletjie flikker en daarmee saam maak die rekenaar n harde piepgeluid. Chris spring behoorlik in die lug. Sien julle drdie simbool? Dit beteken ons kan iemand van adellike afkoms se whereabouts bepaal.
Kyk die kolletjie staan stil presies waar ons nou is, s Elke. Chris zoom in, man, dat ons kan kyk waar die koning of
koningin is, beveel Tinus.
Chris fluit saggies. Elke is reg! Dit moet een van ons wees! Kyk hier, die kolletjie is in die tent! Chris kyk weer. Dit moet n
