Waar was jy tog, Enemix? s Chris toe hulle onder is en
rondom die voertuie bymekaarkom. Ons het ons dood ge-worrie!
Ek het tog by Modjadji geleer hoe maak mens ren! s Annemie vermakerig en begin wild ronddans terwyl sy luid-keels sing: Ek is die renkoningin. Winde kom! Bring die wol-ke! Blitse kom! Weerlig slaan op die aarde!
Elke lag toe Annemie uitasem tot stilstand kom. Ons Mod-jadji is nogal bloeddorstig, n? Moet ons net nie almal dood-maak nie.
Folliot klap sy hande in verrukking. Ma petite! Jy is formida-ble! roep hy uit.
Annemie gluur hom aan.
Kom, kom, s Chris, ons weet al lankal jy is flippen for-midabel. Veral in die wegraakkuns. Ons moet nou dadelik ry. Tinus is egter nie heeltemal so haastig nie. Hy wink vir Rudi eenkant toe. Ek het n vermoede drie van jou renosters het
Sondagnag vir ons kom kuier. Weet jy daarvan?
Dan is dt waar hulle is. Die bestuurder het my dringend gebel en ek moes gisteraand laat met die helikopter na hulle soek om volledig verslag te kan lewer.
Kon jy iets sien? Ons het jou helikopter gehoor, maar ek het gedink dalk is jy op soek na Matsapu die kwaai olifantbul. Nee, s Rudi,  ek het geen spore gesien nie. Ook nie vir
Matsapu nie. Het julle hom dalk raakgeloop?
Tinus lag. Ja, Deirdr het amper in die ou grote vasge-hardloop. Vir n stadspoppie was dit nogal n vreesaanjaende ondervinding. Hoekom het jy hom gesoek?
Hy het n draadman doodgetrap. Ons moet hom doodskiet. Dit maak my altyd so kwaad. Mense tree onverantwoordelik op en dan moet die onskuldige diere dit ontgeld. Maar wat van die renosters? Het jlle iets gekry?
Ja, s Tinus, ek vermoed wilddiewe was agter hulle aan. As jy mre kom, sal ek vir jou die spore gaan wys.
Dankie, Tinus, ek sal dit opvolg. Dalk kom ek later self oor.
Kom gerus! Tussen hakies, Ma het vir ons heerlike melktert ingepak.
Rudi lyk effens verle. O, gaaf! Jy weet mos ek soek enige ekskuus om te kom kuier. Daardie sussie van jou 
Tinus glimlag. Ek weet, ja. Tot mre!
Terug by die kamp (Baku en Gigi het reeds koers gekry terug huis toe) word Chris haastig om aan die werk te spring. Hy skakel die rekenaar wat in die tent staan aan en kyk n bietjie rond. Dan wonder hy of die tweerigtingradio werk. Hy skakel dit ook aan. Dan spits hy sy ore.
Tiens, kom kyk hier. Ek is seker ek het iets. Die skerm kry lewe. Diagonale strepe beweeg oor die rekenaarskerm. Iets veroorsaak definitief n steurnis. Dan begin die liggies van die tweerigtingradio flits en flikker en n gedruis kom uit die oor-fone.
Chris skud sy kop. Dis beslis radioseine. Dis al wat ek kan uitmaak, maar wat dit beteken weet ek nie. Maar wag  dalk  Voor Chris klaar kan praat, hoor hulle n stem oor die radio:
BASE 1 BASE 1. COME IN. ZIM HERE.
Dadelik kom daar n krakerige antwoord:
ZIM, BASE 1 READY FOR TRANSMISSION.
PROTOCOL 765.23.12.
Die eerste stem laat weet:
ROGER. OVER AND OUT.
Protokol 765.23.12! Chris begin dadelik opdragte op die rekenaar invoer. n Rukkie lank is daar stilte. Dis net die rekenaar wat saggies spin asof dit n kat is wat lekkerkry. En dan gebeur daar weer iets op die skerm. Die GPS-program word outomaties geaktiveer, s Tinus verbaas.
Ja, Chris is opgewonde, ons sal nou kan sien waar kom die seine vandaan. Hier is die kordinate. Die uitsending word vanuit Botswana gemaak. Wag! Kyk hier!
Chris en Tinus hou die skerm angstig dop. Al wat op die skerm verskyn is:
Check: u u k a d z i
Ag nee, ons het net die laaste deel van die boodskap gesien, s Chris teleurgesteld.
Vreemd! peins Tinus. Botswana, s jy, Chris? Hoekom het ek hierdie snaakse gevoel dat dit iets met die wildstropers te doen het?
Kan wees, stem hy saam, maar al was daardie stropers h professioneel, twyfel ek of wilddiewe oor so n smart stelsel beskik wat boodskappe soos di wireless heen en weer kan stuur. Ek bedoel  dis van een land na n ander.
Dalk is jy reg, erken Tinus, maar stropery kan deesdae nogal lonend wees. Veral, dink hy, as smokkel met renos-terhorings deel van die pakket uitmaak. Maar sy suspisies is egter nog te vaag om dit selfs met Chris te deel. Hy sal eers meer bewyse moet kry.
Chris dink n rukkie. As geld nie n probleem is nie, is die moontlikhede oneindig. Die boodskap kon dalk selfs via n satelliet gekom het.
Tinus se o rek.
Dis aand. Hulle het klaar gesmul aan Tinus en Chris se bobaas koedoepotjie en sit nou almal in die lapa. Annemie sit eenkant, dikbek omdat haar ouers so lank wegbly. Dis alles goed en wel om mej. Belangrik, die eienaar van die plaas en gasvrou te wees, maar hulle bly nou darem t lank weg. Die kampvuur deel egter nie haar kommer nie en brand vrolik.
Elke, s Tinus wat besig is om die stoele in die lapa reg te skuif, wil jy nie verder vir ons voorlees uit King Solomons mines nie, terwyl Mapungubwe nog vars in ons geheue is?
Jippie! jubel Annemie, haar kommer gou vergete. Ek het lankal gewonder wat met ou Allan-hulle daar bo-op Dassie-koppie gebeur het. Ek brand om te weet wat volgende gebeur. Hoekom lees jy nie self die frieken boek nie? wil Chris
effens gerriteerd weet.
No ways! Dis Engels, kla Annemie, en  Elkie lees s mooi!
Dit is waar, stem Deirdr saam, Elke lees pragtig!
As Chris nou n hond was, het hy al wat stert is geswaai, so trots is hy. Deirdr dink mos sy ousus is wonderlik. Hy wonder net wat sy van hom dink 
Elke het intussen die boek gaan haal en sy begin vertel: Ou Allan-hulle het van die Dassiekoppie af verder noordwaarts getrek, en toe by n bergreeks gekom 
Seker die Soutpansberge, gooi Chris in.
 wat blou op die gesigseinder vir hulle staan en wag. Hulle is die bergreeks oor en sien die lieflikste vlakte wat we-mel van olifante. Hulle skiet toe vier olifante, die ivoor sal ge-noeg inbring om vir die hele trek te betaal. Die karkasse los hulle vir die aasvols.
Sulke verrinneweerders! grom Tinus, ook deur die storie meegesleur. En toe?
Luister, ek sal lees wat Allan oor die vlakte te s het:
Al wat kortkom in hierdie beskrywing, merk Tinus op, is die muur bo-op die distant mountains, dan het jy presies wat ons vandag gesien het.
Elke, vra Annemie wat nie juis meeleef met Tinus se opwinding nie, het Allan-hulle toe ook die renkoningin daar gekry?
Nee, ongelukkig nie. Die storie maak nou n ander draai. Vertel!
Hulle kom toe by n stad aan, wat hulle Loo noem. vertel sy. Ek dink Loo is sommer kort vir Limpopo. Maar in elk geval, hierdie stad Loo is langs die koppie waarop die wrede koning Twala sy vesting het, nes Mapungubwe. By hom is ene Gagool. Hierdie jaloerse ou heks is so oud soos die berge, n gedrog wat feitlik op die grond langs kruip en met n piepstem moord en doodslag aanblaas. Kort-kort soek sy meisies uit om te offer.
Annemie ril van plesier.
Die seremonie, vertel Elke, word ten aanskoue van die hele volk uitgevoer. Die mooiste meisie word uitgesoek. Dan moet Scragga, die koning se wrede seun, haar voor almal ver-moor.
Nee, wag jong! keer Tinus. Jy sal Annemie heelnag laat wakker bly! maar hy kan ook nie help om te vra nie: En wat gebeur toe?
Onthou julle nog vir Umbopa wat saam met Allan-hulle getrek het? Hy het mos tussen die Zoeloes grootgeword. Hy s toe dat hy Ignosi, die regte koning van die stam is waaroor Twala regeer. Hy oortuig Infadoos, sy oom, van sy koninklike afkoms deur aan hom n tatoermerk te wys wat slegs regte Kukuana-konings kan h. Twala kom egter hiervan te hore en daar breek n volskaalse oorlog uit.
Wiet die oorlog gewen? wil Annemie weet. Natuurlik Infadoos, Ignosi en ou Allan-hulle.
Jippie! skree Annemie tevrede gestel dat reg en gereg-tigheid gesevier het.
En as beloning vir Allan se hulp, dwing Infadoos vir Gagool om aan Allan die skatte van Salomo te gaan wys. Hoor hier:
Maar dis mos Mapungubwe uitgeknip, roep Deirdr uit. n Ongelooflike ooreenkoms  ek s vir julle ek sal n artikel kan skryf wat die beoordelaars se asems sal wegslaan. Dis fabulous! Jy weet, Chris, toe jy my vertel van die ooreenkomste tussen die Bosveld en King Solomons Mines, het ek gedink jy oordryf; dat dit mos nie kan wees nie. Maar nou is ek bereid om enige iets te glo. Nee, werklik, ek begin al hoe meer opgewonde raak oor die kompetisie!
Chris sukkel om nie te wys hoe bly hy is nie.
Elke vertel verder: Gagool neem hulle toe met n onder-grondse gang na n groot ondergrondse kamer. Daar kry hulle toe kiste vol diamante!
Jy sien, Deirdr, weer n ooreenkoms, s Tinus, in hierdie kontrei is daar geen goud nie, net diamante. Deirdr knik opgewonde.
Nee, wag n bietjie, val Elke haar broer in die rede, daar was goud ook. Hulle het n trommel vol goue muntstukke gevind waarmee Salomo seker sy werkers betaal het. Kyk hier, s Elke en sy hou die boek sodat die lig van die lamp daarop skyn, hierdie tekeninge wys hoe die muntstukke gelyk het. Jis, s Chris, kyk na die snaakse vorm van hierdie munt-stuk. Jys cool, ou Elksie. Hierdie tekening het ek nooit raak-
gesien nie. Het jy Deirdr?
Ek het, ja, maar niks daarvan gedink nie. En daardie skrif? Noudat ek daarna kyk, lyk dit asof dit Hebreeuse skrif sou kon wees! Wat dink jy daarvan, Tinus?
Hy bekyk die tekening aandagtig. Dalk is jy reg.
