Check hier, Deirdr, s Chris, dit is die rotsvy wat die poort bewaak. Gigi, kalmer noudat Elke by haar ingehaak is, staan ook nader. Agter die rotsvy, eers onmerkbaar, word n spleet sigbaar soos dit die rotsmuur splyt. Die spleet self is sowat n halfmeter wyd, en strek loodreg op vanaf die rotsvy tot bo-op die koppie.
Chris wys na holtetjies in die spleetwand. Die inwoners van Mapungubwe het hierdie holtetjies gemaak. Een stel aan hierdie kant en een stel aan daardie kant, sien jy? Hulle het toe stewige stokke in die holtetjies gesteek, dwarsoor die spleet, en so n trapleer gevorm. Elke sport is aan die ander vasgebind met lalatou, sodat die leer boontoe getrek kon word, sodra ge-vaar dreig. Flippen cute, h?
Jy is heeltemal korrek, s Gigi.
Deirdr skud net haar kop in verwondering.
Kom, moedig Tinus hulle aan terwyl hy die spleet begin uitklim. Die argeolo het ons darem gehelp. Hulle het n tou bo vasgemaak en in die spleet laat afhang, net daar waar dit die moeilikste word.
Een vir een klouter die groepie die spleet uit. Die Fransman, wat Gigi beleefd wil help, moet op sy neus kyk. Sy is baie ratser
as hy, en is al bo, terwyl hy, swetsend en kreunend, sukkel om te vorder. Toe hulle bo is, wys Tinus na n stapel groot, ronde klippe wat langs die spleet opgestapel l. Hiermee het die in-woners van Mapungubwe hul vyande begroet as hulle dit sou waag om die spleet te bestorm.
Vriendelik, n, lag Deirdr.
Nee, s Gigi, die klippe was nie daar nie.
Hoe weet jy, Gigi? vra Chris, maar Gigi maak of sy hom nie hoor nie.
Toe hulle bo is fluister Elke: Gigi, hoekom wil jy niks van mnr. Folliot weet nie?
Ek begryp nie ! en met hierdie raaiselagtige antwoord moet Elke vir eers tevrede wees.
Die kruin is plat, met slegs hier en daar n heuweltjie en n enkele naboom. Dit is sowat een hektaar groot, heeltemal groot genoeg vir n klein dorpie. Oral is tekens van opgrawings wat die argeolo van Tuks gemaak het.
Is dit hier waar hulle die goud gevind het? wil Deirdr opgewonde weet.
Ja, s Tinus, oom Martin het ons alles hieromtrent vertel. Ek het julle mos netnou vertel van die goed wat hier opgegrawe is. Maar dit is vandag nog n geheim waar hulle die goud gemyn het. Die argeolo het egter genoeg gevind om die wreld aan die brand te steek.
Fabulous! s Deirdr terwyl sy betowerd rondkyk. Wat n uitsig! Sien jy, Gigi? Mens kan kilometers ver sien. Chris, mens kan seker jou oom se plaas hiervandaan sien, of hoe?
O ja! Die inwoners van Mapungubwe het die uitsig goed gebruik. Op talle koppies in die omgewing is daar tekens dat brandwagte daar gewoon het. Sodra hulle onraad bemerk het, kon hulle rooktekens en seine uitstuur. Op oom Martin se plaas is daar ook so n koppie. Ons noem dit Koedoekoppie. Ons sal jou later soontoe neem.
Tinus, wat nou effens verder weg staan, roep: Kom kyk hier, Deirdr, Gigi! Hier het die argeolo grafte gevind. Hon-derde kindergraffies.
Dis vreemd, s Deirdr, en grillerig!
Kindertjies, s Gigi sag en daar is n snik in haar stem. My kindertjies moes sterf!
Kom hiernatoe, roep Chris, hiers nog iets!
Wat op aarde is dit? s Deirdr toe sy drie yslike holtes in die soliede rotsplaat n entjie verder sien. Die gate is elkeen sowat n meter diep en vyf meter in omtrek. Die studente het tog sekerlik nie hier probeer uitgrawings doen nie? Dis mos stupid!
Nee, dis nie Tuks se werk nie, verduidelik Chris nou heel-temal op sy gemak om voor almal met Deirdr te praat. Hulle vermoed dat die inwoners vir hulself reservoirs uitgebeitel het om renwater in op te gaar!
Dit is so! s Gigi. Hulle het drinkwater benodig.
Die Vendas het van die gate geweet, s Chris. Modjadji het later glo die gate gebruik om daaruit bliksems en wind te toor.
Gigi frons en skud haar kop. Chris sien haar nie en gaan verder: Die wind het dan die wolke gebring wat ren maak. Hoe hulle, wat dit nooit waag om naby die berg te kom nie, daarvan geweet het, bly n misterie.
Maar was daar nie vier gate nie, of verbeel ek my? peins Tinus.
Die vierde gat, die diepste een, is mos agter daardie heu-weltjie, herinner Elke hom. Sy kyk besorgd rond en vra ont-huts: Waar is Annemie? Het een van julle haar gesien?
Niemand het nie. Waar is Annemie? Hulle begin dadelik in verskillende rigtings te beweeg om haar te soek.
Meisiekinders! grom Chris. Ek trek nog elke haar uit haar kop 
Net toe weerklink n gil. Un reptile! Un reptile! Folliot gryp na n klip.
Moenie! Moenie! skree Rudolph. Nie gevaarlik nie, net n ou molslangetjie! Non poison! probeer hy keer, maar die Fransman, spierwit van skrik, gooi die klip en mis die diertjie met n halwe meter. Die res van die geselskap moet hul inhou, maar Baku bars uit van die lag. Intussen seil die slangetjie ongerg na veiligheid onder n bossie.
Ons sal moet terug stap, stel Tinus voor, anders kry ons Franse vriend netnou n hartaanval.
Maar, o vrek! Waar is Annemie?
Toe Annemie bo-op die koppie kom en sien dat die ander nog sukkel om die spleet uit te klim, besluit sy om n bietjie op haar eie rond te loop. Sy ken die wreld hier, want sy en haar pa was al dikwels bo-op die koppie. Miskien ontdek sy iets waarvan niemand nog weet nie. Eenkant, weg van die uitgrawings, is daar n hoogtetjie. Sy hardloop soontoe. Agter die heuweltjie, waar toeriste nie eintlik kom nie, staan n hut wat van takke en vleigras gemaak is. Sy stap nader. Die rietgordyn voor die hut se deur skuif opsy.
n Vrou kom uit en gaan staan regop voor die opening. Sy lyk vir Annemie baie vreemd. Op haar kop het sy n kroon van veelkleurige vere, kunstig vasgesteek in n styfgedraaide le-moensakkie. Haar rok is net so vreemd. Dit het lang punte wat om haar lyf swaai, en is versier met meerkatsterte en vlak-varktande. Slegs hier en daar is die verbleikte handelsmerk van mieliemeelsakke sigbaar. Om haar skouers hang n lang swart mantel van plastieksakke, waarop die sigsag renteken van die Vendas helder afgebeeld is in rooi en wit, deurkruis met blou weerligstrale.
Annemie weet dadelik wie dit is. Ndi masiari, groet sy, jy is Modjadji die Renkoningin, n?
Ek is. En wie is jy?
Ek is Annemie, maar as jy die renkoningin is, dan moet ek voor jou buig. Annemie maak n sierlike kniebuiging en voeg n hele paar passies by, wat sy in die balletklas geleer het.
Dis mooi, klein Annemie, baie mooi!
Whatever, s Annemie. Sy kyk om haar rond. Toe s sy op-geruimd: Jy kan mos ren maak, n, koningin Modjadji? Gaan jy my wys hoe jy ren maak?
Modjadji knik. n Tevrede glimlag speel om haar mond. Ek het jou blitse gesien toe ons nou die aand hier aangekom
het. Sulke persgroen blitse.
So ? s Modjadji. Haar o trek op skrefies en sy frons, maar Annemie merk dit nie.
Vertel my, Modjadji, het jy altyd hier op die berg gebly? Ja! Baie, baie jare lank. Toe die wreld gebore is, was ek
reeds hier.
Sjoe! Dan moet jy baie oud wees. Jy is mos n Venda, n? vra Annemie impulsief.
Modjadji knik. Ek is Venda, ja, van die Maponanis, die koningstam van die Vendas.
Nou, maar hoekom kan jy dan Afrikaans praat as jy altyd hier bo gebly het?
Natuurlik kan ek Afrikaans praat. Modjadji, sy weet alles. O! Annemie kyk haar vol bewondering aan. Jy kan mos ren maak, Modjadji. Wys my hoe jy ren maak, toe seblief? Modjadji kyk haar teer aan. Jy het vir my so mooi gedans, my meisiekind. Sit. Nou sal k vir j dans! Ek sal vir jou wys hoe dans ek as ek ren maak. Maar ek sal nie die blitse roep nie, want anders slaan hulle jou dood. Ek hulle moenie jou dood-
slaan nie, n?
Modjadji begin neurie. Sy buig laag tot amper op die grond. Sy swaai en draai. Soos n kolk draai sy om en om. Haar roks-pante waai wild rond. Sy rig haarself op, al hor en hor. Al vinniger en vinniger gaan dit. Sy spring in die lug, lag en dans en draai, sy gooi haar arms omhoog  Sy sak af, en val uitgeput in n bondeltjie op die grond neer. Iets val uit haar rok uit, rol oor die rots en gaan l dan stil, net so stil soos Modjadji.
Annemie staan op en stap na die ding wat uit Modadji se rok geval het. Sy tel dit op. Dit is n klein ronde toestelletjie met n deksel wat halfpad oop geval het. Annemie kan drie groter en vier kleiner knoppies sien blink. Dit is nog heel. Snaaks, dink sy, en bekyk dit van alle kante.
Hiers jou masjientjie, Modjadji, s Annemie, jy het dit laat val. Maar gelukkig is dit nog heel, kyk.
Verskrik spring Modjadji op. Gee hier! skree sy, en gryp dit.
Toemaar, toemaar, s Annemie gekrenk, ek sal dit mos nie vat nie. Eks mos gn n dief nie. Hoe dink jy dan nou?
Modjadji kyk na die toestel, draai dit om en kyk op n skrefie na binne. Haar gespanne houding verslap. Sy kyk na die dog-tertjie wat verle voor haar staan. Askies my kindjie! s sy. Ek het net geskrik. Moenie vir my kwaad wees nie.
Skielik verstyf sy. Annemie hoor voetstappe agter haar en draai om. Dit is Gigi.
Gigi, roep sy, kyk, hier is Modjadji!
Gigi kom nader. Jy! Jy! Indringer! roep sy uit. Gigi strek haar arm lank uit met vingerpunte wat effens bewe. Modjadji ril en bewe, krimp inmekaar en vlug haar hut binne.
Ek kry koud, s Annemie, en dit lyk of dit gaan ren. Annemie! Annemie! Tinus en Baku kom saam oor die heu-
weltjie aangehardloop. O hallo, Gigi! Het jy haar gevind? Anne-mie, waar op aarde was jy? Jy het al weer alleen gaan rondloop. Ek was hier by Modjadji, s sy. Ek het geleer hoe om ren
te maak en sy het vir my gedans.
O, s Tinus verlig, sal jy asseblief net vir ons s as jy weer vir renmaaklesse gaan. Maar kom, ons moet nou loop. Kom jy ook saam, Gigi?
Intussen het Baku by Gigi ingehaak en vir Tinus lyk dit asof hy effens kwaad is vir haar omdat sy, soos Annemie, spoorloos verdwyn het. Verle verduidelik Gigi: Ek moes hier wees!
Tinus kyk net eers gou-gou rond. Ja, Elke was reg, s hy, die vierde gat was net hier. Daar waar daardie hut staan. Die hut staan op die gat. Dis vreemd. Verbeel jou, n hut met n kelderverdieping. Tinus se nuuskierigheid is geprikkel. Terwyl die ander aanstap na die spleet, kyk hy aandagtig na die hut. Net agter die kaia staan n naboom. Maar daar is iets vreemds aan die boom. Dit is asof iets tussen sy boonste takke blink. Hy stap nader. En toe sien hy dit: Daar is n satellietskottel aan die boom vasgemaak!
Kan jy nou meer! Die vrou wat hier woon het glad n tele-visiestel! Of dalk baie netjiese kommunikasie-apparaat.
Annemie het reeds vooruit gehardloop en by die spleet aan-gekom. Sy is besig om af te klouter. Tinus, Baku, Gigi en al die ander moet roer om by te bly.
