Deirdr bloos en Chris kyk skielik anderpad.
Lank staan die groepie en bewonder die asemrowende kleure van die sonsondergang, toe Chris skielik uitroep: Olifante! Kyk, daar onder in die bos! en waarlikwaar, een n die ander kom n hele trop olifante te voorskyn, peusel hier en daar, en verdwyn weer tussen die bome waar hulle vandaan gekom het.
Ongelooflik, s Deirdr. Wat n ondervinding! Olifante, n sonsondergang met kleure om van te droom en n uitsig wat alle beskrywings te bowe gaan.
Ek kry koud, val Annemie haar in die rede, los nou die ou sonsondergang uit. Kom ons gaan kamp toe.
n Halfuur later is hulle tuis, en die seuns, met blikkies koel-drank byderhand, begin die kampvuur aanpak. Die meisies be-rei aandete voor.
Hoor ek n helikopter? vra Chris. Frieken laat om hier rond te vlieg. Anyway dis seker sy saak, wie hy ook al is.
Hei, Mutali, kom help bietjie hier, ou broer, roep Elke vir Chris.
En watse snaakse naam is dit? vra Deirdr.
Dit is sy Venda-naam, verduidelik Elke, en Chris voeg by: Dit beteken die ou wat nonsies praat.
Deirdr skaterlag. Nou glo ek jou glad nie! Chris trek net sy skouers op.
O so tussen hakies, gaan Deirdr verder, ek sal graag my ouers wil laat weet dat ons veilig aangekom het. Mag ek so af en toe die rekenaar en PDA gebruik?
Jys meer as welkom! s Tinus en Chris voeg by: Gaan jou gang 
Tinus druk sy koeldrankblik behendig inmekaar en gooi dit in die swart plastieksak langs die kombuistafel. Noudat die ete eers oor n halfuur klaar sal wees, gee dit my kans om gou na iets hier anderkant te gaan kyk. Verskoon ons! Chris, kom jy saam? en toe sy broer opstaan, voeg hy by: Bring jou spore-boek saam.
Hulle stap met die paadjie al langs die grensdraad af totdat Tinus gaan staan.
Onthou jy, Chris, toe ons gisteraand hier aangekom het, het ons die bosse hoor kraak en almal het begin raai wat dit was wat vir die bussie geskrik het?
Ja, dit moes omtrent net hier gewees het.
Hm, en nou gaan ek en jy vasstel watter soort diere dit was. Dit is waarom ek ges het jy moet jou sporeboek saam-bring.
Hulle druk die kreupelhout opsy en stap n entjie die bosse in. Skielik gaan Tinus botstil staan en wys na gebreekte takke en graspolle wat vertrap is. Hy bekyk die omgewing soek-soek en toe sien hy waarvoor hy op die uitkyk was.
Kyk hier, Chris.
Ek sien, ja. Dis n duidelik spoor, wag laat ons kyk  Tinus loer oor sy broer se skouer. Daars hy. Hy wys na n
spoor in die boek.
Jy bedoel  ? Ongelowig kyk Chris sy broer aan. Dis skemer en rondom hulle is die Bosveld besig om uiltjies wakker te maak en dagvols aan die slaap te sus, en voor hulle, duidelik in die sand, l die bewyse van iets wat eintlik nie kan waar wees nie.
Jy bedoel Annemie was reg toe sy ges het dis renosters! Tinus knik ingedagte. Ja, die gevaarlikste diere in die woor-deboek, s hy, en in sy kop maal vreemde gedagtes rond  n dolk uit Saigon  renosterhorings wat in die Ooste hul gewig in goud werd is  n Venda-meisie wat vlerke kry en Ooste toe vlieg? As al hierdie dinge iets met mekaar te doen het, is daar n perd opgesaal wat nie sommer na twee seuns se ha-nou! sal luister nie. Goud, ivoor en slawe  mompel Tinus ingedagte.
Krummelpap, eiers, spek, sampioene en tamaties alles met roosterbrood en heuning! Baku lek sy lippe af. Dit was heerlik! n Ontbyt reg vir die konings van Monomotapa.
Dit is Maandagoggend. Soos afgespreek het Baku en Gigi saam kom ontbyt eet. Wat praat jy nog van konings, Baku! s Elke. Jy kan van mre af elke oggend so eet. Gigi het alles by ons geleer.
Gigi wat, anders as die vorige dag, Elke se uitnodiging aan-geneem het om in die veldkombuis te help met die voorbe-reidings, glimlag selfbewus. Elke trek jou been, Baku. Ek het nog glad nie voldoende kennis om kos te maak nie.
Nou ja, dan kom jy mre weer, lag Elke, maar ek moet jou waarsku, dit is mre Tiens en Chris se beurt om te kook, dus kan jy enige iets verwag! Dit is vir haar lekker om nader kennis te maak met hierdie vreemde meisie, wat ten spyte van haar vriendelikheid vir almal in die kamp n raaisel bly.
Maar, s Gigi, Baku is n koning, die volgende Venda-koning. Dis hoekom hy 
Nee, wag nou, Gigi, s Baku en kyk op sy horlosie. Daars nie nou tyd nie 
Chris word nou ook haastig. Thanks, Elke, Deirdr, dit was super, konings of te not. Kry julle solank julle kameras en ver-kykers en ander dinge bymekaar. Ons moet stap en dis ver.
Nee, kla Annemie, ek wil nie Mapungubwe gaan uitklim nie. Dis te ver!
Dan gaan ons sonder jou, verseker Chris sy niggie. Jy kan maar hier soos n baba sit en sulk. Moet net nie dink jy maak indruk nie. Buitendien ons stuur al die leeus wat op Makwena is om jou te kom opvreet.
Annemie gil oorverdowend. Tinus gryp haar en tel haar hoog in die lug op.
Kom Annemie, opskud jong, lag hy. Ek wil nie vir Rudi
laat wag nie. Ons ontmoet hom tienuur by die rivierpad se hek.
Presies vyf minute oor tien kom die stapgeselskap by die hek aan. Die hek is reeds oop en Rudi Steyn wag hulle in. Mre, Rudi, groet Tinus, ontmoet vir Deirdr de Villiers. Baku ken jy, en die meisie langs hom is sy vriendin Gigi. Die res ken jy mos.
Hallo, julle, groet hy, dis lekker dat julle weer kom kuier het. Ons sien nie altyd sulke mooi dames hier rond nie.
Dames? s Annemie. En ek? Wat van my?
Jys nie sommer net n dame nie, lag Rudi. Jys my enigste Annemie, my blouoog Bosveldnooi!
Annemie straal, in haar skik dat iemand dink sy is belangrik. Dankie vir jou aanbod om ons te help; jys n regte pl, Rudi! s Chris. Ons was erg bekommerd dat ons nie op Ma-
pungubwe sou kon kom nie.
Dis n plesier, Chris, s Rudi. Eintlik pas dit my uitstekend. Ek moet juis iemand anders ook die plek gaan wys. n Fransman, Jacques Folliot. Glo n geoloog en so mal soos n haas. As hy omdraai om terug te stap loop hy in homself vas. Maar hy is meer lastig as net dit! Hy ry oral met sy bakkie rond, kamtig op soek na n nuwe diamantpyp wat hy dan aan De Beers wil verkoop. Asof De Beers nie reeds al die mineraalregte hier rond besit nie. En om alles te kroon, skiet hy kort-kort flare guns af om, soos hy s, sy helper Flip nader te roep. En Flip is net so snaaks soos sy baas. Kom glo van Midde-Afrika en praat net Frans. Al wat hulle twee eintlik regkry, is om die grondeienaars die josie in te maak.
Tinus frons terwyl hy aan Annemie se vuurpyl dink wat nou, veral n gisteraand se ontdekkings, n totaal nuwe bete-kenis kan aanneem. Di ding sal hy verder moet ondersoek. Waars jou Franse vriend nou, Rudi? Ek wil hom graag ont-moet. Klink lekker weird!
Hy wag vir ons by Mapungubwe. Jy kan hom daar ont-moet.
Rudi Steyn, of Mulisa  die wildsbokke se oppasser  soos die Vendas hom noem, is n aantreklike jong man in sy vroe
twintigs, n jare lange vriend van die jong Vermeulens. Sy bruin krulkop, sonbruin gesig en sterk liggaamsbou verraai dat hy n natuurmens is. Sy netjiese veldwagtersuniform met die oli-fantkop as embleem, bevestig dit.
Is julle reg, kan ons ry? en hy wys na sy Jeep. Almal klouter in die Jeepie in. Elke klim behoorlik oor Deirdr sodat Rudi nie langs haar kan sit nie. Rudi frons, maar Elke roep uit: Weg is ons!
Rudi bestuur sy Jeep al met die kronkelpad langs waar dit deur die platorand se skilderagtige rotse en skurwe koppies loop, deur lalapalms en mopanies. N sowat vier kilometer se ry, roep Chris uit: Daar is Mapungubwe!
Deirdr kyk rond. Hulle is op n vlakte omring met kliprante. In die middel van die vlakte verrys n alleenstaande kop. Die steil kranse, wat sekerlik honderd meter bo die vlakte uittoring, maak die koppie n onaantasbare vesting.
Kyk daar, s Chris. Hy wys na die kliprante wat die vlakte omsoom. Sien jy die bouwerk, Deirdr?
Dit lyk kompleet asof daar n muur bo-op die rante is, net soos die groot muur van China!
Jys reg, s Rudi, die mense wat eeue gelede op die koppie gebly het, die Monomotapa, het daardie mure gebou sodat hulle en hul vee so veilig was soos in n reuse kraal, kompleet met weiding.
Die Jeep volg die paadjie deur die vlakte. Toe hulle nader aan die loodregte kranse kom s Chris: Sien jy die verspoelings daar teen die hange, Deirdr?
Ek sien, s sy, terwyl sy aandagtig kyk na waar Chris wys. Wat het daar gebeur? Weet jy, Chris?
Nie presies nie, Rudi sal ons meer kan vertel.
Ja, vertel die wildbewaarder, so om en by 1930 het dit geweldig geren, en daardie deel waar jy die rooi sandstrepe sien, is waar van die grond bo van die koppie afgespoel het. n Boer, wat destyds hier naby gewoon het, ene Jan Brits, het na die verspoelings kom kyk. Hy sien toe iets blink en tel dit op. Vir hom het dit soos goud gelyk, maar hy was nie seker nie. Met sy vonds en al is hy toe Pretoria toe, na die Universiteit. Daar
het die professore omtrent uitge-freak. Dit was goud, bewerkte goud boonop. Jan Brits moes toe breedvoerig vertel waar hy die goudplaatjie gevind het. Die gevolg was dat n span argeo-lo hierheen gekom het en gesorg het dat Tuks die navor-singsregte bekom. Die opgrawings het die vroe beskawing van Mapungubwe blootgel.
Gigi, wat agter in die Jeep langs Baku sit, s niks nie, maar dit is duidelik dat sy elke woord wat ges word, inneem. Deir-dr, aan die ander kant, gesels vrolik saam. Dis interessant, s sy, maar s my, Rudi, hoe kom n mens bo? Ons het nou reg rondom die koppie gery, maar nrens kon ek iets anders as ontoeganklike kranse sien nie.
Chill, man, s Chris met n misterieuse glimlag. Ons sal jou netnou wys.
Die Jeep hou aan die voet van Mapungubwe stil, en almal klim uit. Eenkant staan n heldergeel bakkie. Dit moet die Fransman sn wees. Annemie hardloop vooruit die berg op met die voetpaadjie wat die span van Tuks gebou het.
Watse gebou is daardie, Rudi? vra Tinus en wys na n rooi baksteengeboutjie. Dit was nie hier toe ek laas hier was nie. Die Parkeraad het in Januarie n opsigter aangestel om van-dalisme te keer, verduidelik Rudi. n Vrou hier van die omge-wing. Maar nou, verbeel jou, noem sy haarself Modjadji die Renkoningin. Dit is haar kantoor, kompleet met telefoon en al. Maar mejuffrou Kastig-Modjadji woon nie hier nie, sy bly bo-op die berg in haar eie hut. Wat die owerhede daarvan sal s as hulle dit agterkom, weet ek nie so mooi nie. Maar kyk, hier kom die Fransman van wie ek julle vertel het. Ontmoet nou eers vir Jacques Folliot. Al is hy n Fransman kan hy tog al n
bietjie Afrikaans praat.
Mais oui! Ek praat Afrikaans trs bien! stel Folliot homself bekend. Hy is klein van postuur met lang, swart hare. Plegtig skud hy die Vermeulens en Deirdr se hande een vir een.
Maar waar is jou vriend Flip? Ek het gedink hy wil ook saam boontoe kom?
Nee, Flip kom nie. Meisies. Hy s, hy bang meisies. Meisies toor hom. Folliot kyk om. Skielik gooi hy sy arms omhoog.
Voil! roep hy uit en maak n oordrewe hofbuiging voor Gigi. La plus belle! Mademoiselle, vous me rappellez Paris! en hy maak aanstaltes om haar hand te soen. Gigi trek haar hand vin-nig terug, haar o vernou. Praat Afrikaans, ek verstaan jou nie. Elke sien dit en haak by haar in. Tot haar verbasing merk sy dat Gigi yskoud is en bewe soos n riet. Wat het hy vir jou
ges? fluister Elke.
Hy s ek herinner hom aan Parys.
Kom Gigi, s sy vertroostend, en jy ook, Deirdr. Hier is die paadjie wat boontoe lei. Annemie is reeds bo by die rotsvy wat die toegang bewaak.
Deirdr kyk boontoe, en teen die steil rotsmuur sien sy n boom wat lyk asof dit in die kranse afgets is, soos sy lang wit worteltakke aan die rotse vasklou. Almal klim die steil kron-kelpaadjie uit, al hor en hor klim hulle, totdat hulle halt roep aan die voet van die kranse wat die koppie ontoeganklik maak.
