Saigon? Waars dit? vra Chris. Ek het die naam al tevore gehoor.
Sy broer knik. Saigon word tans Ho Tsji Minh-stad genoem. Dit is in Vitnam, die vroere Frans Indo-China.
Vrek, ou broer, s Chris met bewondering, jys waarlik n wandelende flippen ensiklopedie!
Dis nie die punt nie. Wat ek wil weet is hoe op aarde kry n gewone wilddief so iets in die hande?
Ek is clueless, s Chris. As ek twee en twee bymekaar sit, kry ek ses.
Dis net wat ek ook gedink het, beaam Tinus, maar kom ons s voorlopig niks. Die meisies het reeds groot genoeg ge-skrik.
Chris knik. Veral Deirdr, dink hy. Vir n stads-chick moet dit scary wees. Hulle staan op en loop terug na die kamp. Net toe hulle deur die draadheining se hek is, laat die geluid van vinnige voetstappe en n gehyg die broers opkyk.
Haai, kyk wie kom hier aan! Annemie, draf julle? En Deirdr ook! roep Chris. Lyk my julle wil fiks word.
Uitasem kom die twee meisies langs hulle te staan. Na-tuur-lik w-wil ons f-f-iks word. Sekerlik die eerste keer in haar lewe is Annemie te uitasem om n lang betoog te lewer. Deirdr is nie minder uitasem nie. Dis  reg  ja, hyg sy.
Tinus knik. Mooi so, maar julle moet onder geen omstan-dighede by die draadhek uitgaan nie! Hy draai na Chris. Kom jong, ons gaan nou kamp toe. Ek wil jou nog die tent wys wat ek vir die rekenaar ingerig het. Jy is mos die rekenaarboffin. Ek gaan jou lekker inspan.
Great! s Chris in sy skik. Die gedagtes aan Deirdr word op die agtergrond geskuif.
Ek kom  saam, s Annemie wat haar asem ten minste gedeeltelik herwin het. Deirdr, jy  moet my asseblief  verskoon. Ek het nog n hele paar  dingetjies om by die kamp
te doen, want as ek nie nou 
Deirdr knik. Oukei, maar ek is te onfiks! Ek steek lelik by julle klomp af. Mag ek net nog n klein entjie verder hardloop, Tinus?
Gerus! Maar net tot by die dammetjie binne die draad-heining, nie verder nie, hoor? Sy knik, baie bewus daarvan dat sy gans te bang is om alleen verder te gaan.
Ingedagte draf Deirdr al langs die paadjie af. Al gee Chris glad nie voor om so atleties soos die tweeling te wees nie, is daar geen einde aan sy energie nie. As ek wil bybly, laat staan nog n indruk op Chris maak, sal ek 
Skielik gaan sy botstil staan. Wat is daar  daar voor? n Reuse boom? Dit kan tog nie wees nie. In die middel van die voetpad  Die skadus is so dig dat sy nie mooi kan sien nie. Versigtig draf sy nader. Toe verstyf sy in haar spore. In die middel van die paadjie is n monster, n olifantbul, sy ore al wapperend. Deirdr word yskoud. Wat moet sy doen? wonder sy. Omdraai? Weghardloop? Sy bewe 
Deirdr kan nie beweeg nie. Sy staan versteen en staar na die reuse dier wat vinnig in haar rigting gestap kom.
Skielik s n mooi altstem agter haar: Staan net stil. Hy sal niks aan jou doen nie. Die persoon wat gepraat het, klap haar hande twee keer. Die olifant huiwer, draai om en geluidloos verdwyn hy tussen die bosse.
Gigi, dit moet Gigi wees, dink Deirdr. Sy draai om. Daar is niemand nie.
Het  het ek my verbeel ek hoor iemand? Deirdr ril. Sy is yskoud  Skielik skeur n oorverdowende getrompetter deur die lug. Nou wonder Deirdr nie meer nie! So vinnig as wat haar bewende bene haar kan dra, hol sy terug kampplek toe

Chris en Tinus stap net by die kamp in, toe n olifant se uit-dagende trompetter hulle in hul spore laat omdraai.
Dis vir jou n omgelliede olifant! s Chris. Wat sou hom die hoenders in gemaak het? Hy bly n oomblik stil en kyk na Tinus. Sou Deirdr dalk ?
Sy woorde hang nog in die lug, toe Deirdr die kamp bin-negestorm kom.
Wat makeer? Jys so bleek soos n laken!
n Olifant, hyg sy uitasem, ek het amper in hom vas-gehardloop! Hyt getrompetter!
Wel, s Tinus, die feit dat jy heelhuids hier aangekom het, bewys dat hy nog groter as jy geskrik het.
Dink  jy  so?
Tinus lag. Ja, gelukkig is die olifante hierlangs redelik vreed-saam, anders sou ons nie so lekker kon gekamp het nie. Maar mens moet nogtans versigtig wees. Geen mens, adrenalien ten spyt, kan wegkom voor n aanstormende olifant nie. Hy kan move, hoor. Maar as jy omgekyk het, sou jy gesien het dat die ou
bul sy rug op jou gedraai het en die bosse in is. Hyt jou maar net gewaarsku.
Sjoe! Deirdr slaak n sug van verligting, maar haar hart wil nog glad nie normaal klop nie.
Annemie, vars gestort en geklee in n skoon sweetpak, kom aangedraf. Het jy die olifant gehoor, Deirdr?
Meer as gehoor, beantwoord Tinus sy niggie se vraag. Ons Deirdr het so ampertjies die reus onderstebo gehardloop. So iets is genoeg om n gebore Bosvelder se knie lam te maak, laat staan nog n stadsjuffie soos sy. Ek dink, voeg hy laggend by, Deirdr het nou n bier nodig en sy kan tog nie alleen drink nie.
Kom maak vir jou lekker soet tee, Deirdr! roep Elke vanuit die veldkombuis. En as julle ander iets wil drink, kom kry vir julle. Die water kook.
N Deirdr se groot skrik is dit vanselfsprekend dat olifante die besprekingspunt rondom die tafel is. Tussendeur smul almal aan die heerlike skons en aarbeikonfyt wat ma Lulu vir hulle ingepak het. Toe die laaste een sy bordjie eenkant toe skuif, s Tinus: Hoe lyk dit? Dit is vandag Sondag en ons gaan nie ernstige dinge aanpak nie. Sal ons na die uitkykpunt toe gaan? As ons gou maak, kan ons nog sien hoe die son oor die Shashe ondergaan.
Almal is geesdriftig, veral Chris. Deirdr, jy sal onthou dat Allan Quartermain in King Solomons Mines die verlore stad gaan soek het. Daardie stad, wat hy toe ook gevind het, was by die samevloeiing van twee riviere. Wel, ons gaan nou daarna kyk. Stunning. Is dit wat Tinus die uitkykpunt noem? Is dit
ver?
Ja, s Tinus, jy sal jou stap moet ken! Die uitkykpunt is op die plaas langsaan, naby die Mapungubwe-koppie. Van daar kyk jy oor die Shasherivier, een van die grootste riviere in hierdie dele van die wreld. Net jammer dit is droog
  so droog soos in kurk-flippen-droog! onderbreek Chris sy broer se vertelling.
Dit is daar waar mens ook kan sien waar die drie lande bymekaarkom, Zimbabwe, Botswana en Suid-Afrika. Moenie
jou verkyker en jou kamera vergeet nie. En sodra almal gereed is, kan ons maar gaan.
Deirdr, s Tinus terwyl hulle aanstap, om te waardeer wat jy gaan sien, moet ek jou vertel dat tannie Vera se oupa, wat hierdie plaas gekoop het, n ywerige geskiedkundige was. Reeds voordat hy die plaas gekoop het, het hy die ou Portugese kaarte uit die sewentiende eeu bestudeer en geken. Volgens daardie kaarte het dit gelyk asof die rivier wat ons vandag as die Limpopo ken se loop eintlik van die Noorde af kom. Presies op die plek waar die rivier buig om te vloei soos ons dit ken, wys die kaarte die koninkryk van die Monomotapa aan. En nou gaan jy sien waarom die mense vandag beweer dat hulle destyds kastig n fout op hul kaarte gemaak het.
Hoekom s jy dat hulle kastig verkeerd was? Was hulle dan reg?
Jy sal sien.
Greefswald, die plaas van die Departement Natuurbe-waring, grens aan Makwena. Albei plase l op die wal van die Limpopo en strek suid tot teenaan die skilderagtige rotse en koppies wat die platorand vorm. Die groepie loop weg van die ho bome wat rondom die rivier groei en volg n paadjie wat deur die dror mopanieveld vleg.
Kyk daar, roep Deirdr uit, n dadelpalm!
Jy het dit mis, lag Tinus, dis n lalapalm. Maar die arme lalapalms kry nie dikwels kans om palmbome te word nie. Die mense hier tap die stam om brandewyn te stook  onwettig, natuurlik. Dit vernietig die stam en net die grondbos bly oor waarvan matte, mandjies en hoede gevleg word. Ongelooflike sterk toue word ook daaruit gemaak.
Die groepie stap aan. Nog n paar draaie, n steilte of twee, en hulle is naby die rand van n afgrond waar steil kranse afval rivier toe. Deirdr trek haar asem in van verrukking. So ver as wat die oog kan sien, l mopanievlaktes voor hulle. Noord-, suid- en ooswaarts tot aan die gesigseinder, versmelt mopanie-veld in n purperrooi wasigheid. En deur alles heen, vleg die magtige bedding van die Shasherivier, ruim vyfhonderd meter wyd. Met n sierlike boog sny die kurkdro rivierbedding n
barre sandstreep deur die mopanievelde, totdat dit ook op die horison wegsmelt in die wonder wat Afrika is. Onder hulle voete l die Limpopo, onbenullig teenoor die Shashe, bos-begroeid en kronkelend tot waar dit met n wye draai m n eilandjie by die Shashe aansluit.
So iets het ek nog nooit gesien nie, s Deirdr. Kyk net na die kleure. Wat n backdrop vir n fliek! Ek sien al vir Stefan Nie-mand 
Wies Stefan Niemand? vra Elke.
Die hunk in ons skool. Hoe hy vir  e  jou of Annemie uit die kloue van n krokodil red.
Shucks man, n krokodil het nie kloue nie! Chris lag lekker. Hy vang alles met sy bek. En buitendien, wats verkeerd met m as die held? Kyk net hoe sexy is ek! en Chris dans op die rotse rond om sy spiere te wys.
Pas op man! skreeu Tinus. Netnou foeter jy nog by die kranse af, sexygeit en al. Maar sien jy, Deirdr, s hy terwyl hy omdraai, die ou Portugese wat die Shashe se bedding as die hoofstroom geteken het, was heeltemal korrek!
Ja, ek sien dit, maar dan moet die Verlore Stad mos hir wees, presies net hier!
Chill man, s Chris, ons sal dit ook nog vir jou wys. Maar, s Deirdr, nou effens kalmer, was daar dan ooit n
tyd dat die Shashe vol water was?
Vir seker, vertel Tinus. Wat anders sou so n reuse rivier-bedding kon maak? Wetenskaplikes glo dis moontlik dat die water van die Zambezi vroer met die Shashe-Limpopo tot by die see gevloei het en glad nie oor die Victoriawaterval soos vandag nie. In daardie dae het die Monomotapa en sy onderdane hier gewoon en met die ou Portugese wat in die rivier opgeseil het, handel gedryf in goud, ivoor en slawe. Toe die rivier skielik opdroog, het hulle die Mapungubwe-bergvesting halsoorkop verlaat. Die handel met die Portugese was afgesny.
Maar is so iets moontlik? Ek bedoel, bevaarbaar? Jy s die Portugese het met skepe van die see af opgekom? Ons is mos baie ver van die see af, nie waar nie?
Nie so ver nie, en as jy dink dat ons hier nie meer as drie-
honderd meter bo seevlak is nie, dan word dit mos n sterk moontlikheid, nie waar nie?
Deirdr voel asof sy haar o wil knip, dalk is die werklikheid tog nog interessanter as flieks. Goud, ivoor, slawe  daardie dinge is vandag nog hier te vinde, behalwe natuurlik slawe  Moenie so seker wees nie, s Tinus, slawehandel is beslis
nie uitgesluit nie. Wat!?
Rudi het my vertel dat gerugte oor ontvoerings gedurig opduik. Net verlede somer het n Venda-vrou kom kla dat haar dogter ontvoer is. Sy het beweer dat die dogter vlerke gekry het en weg is na waar die son opkom. Die dogter se reputasie het egter teen haar getel  ietwat van n losdolla. Gevolglik het die polisie die saak nie ernstig opgeneem nie. Rudi het my egter verseker dat dit geensins die enigste voorval was nie.
Deirdr skud haar kop. Ongelooflik! Ek voel asof my on-dervinding vanoggend die deur oopgemaak het na n fan-tasiewreld. Goud, ivoor en slawe  peins sy. S my, het die mense van Monomotapa werklik goud gevind? Genuine goud? Salomo se goudmyn? Dis mos eintlik waarna ek en Chris kom soek het.
O ja, s Tinus, die navorsers van Tuks het n koninklike septer, n renosterbeeldjie, skottels en n hele paar ander voor-werpe uit suiwer goud hier gevind. Net mre gaan wys ons jou die opgrawings.
Is van die goue voorwerpe nou nog hier te sien? vra sy opgewonde.
Tinus skud sy kop. Nee, hulle word by die Universiteit van Pretoria bewaar. Jy en Chris kan gerus daarna gaan kyk as ons weer in Pretoria is.
